Jong pasgetroude sterf in mynongeluk

Juan en Joane Little. Foto: Palm Photography/Facebook

ʼn 26-jarige man wat vroeër vandeesmaand getroud is, is in ʼn mynongeluk in die Vrystaat dood.

Juan Little is volgens Harmony Gold Woensdagaand laat dood in ʼn voorval in die Nyala-skag van die Phakisa-myn buite Odendaalsrus. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie bekend gemaak nie en volgens Harmony Gold word ʼn ondersoek gedoen.

“Ons is ongelooflik hartseer oor die voorval. Harmony se bestuur wil sy medelye met die oorledene se familie, vriende en kollegas betuig,” het Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, gesê.

Little, wat aan die begin van die maand met sy vrou, Joane, getroud is, het as myningenieur by Brentley, Lucas & Associates, ʼn mynkonsultantemaatskappy, gewerk.

Die maatskappy het ook sy hartseer oor die voorval uitgespreek. “Aan sy vrou, Joane, sy ouers en suster sowel as hul gesinne; mag julle vertroosting vind in dié moeilike tyd. Juan sal deur ons almal gemis word.”

Francois Slabbert, die fotograaf van Palm Photography wat die egpaar se troufoto’s geneem het, het op Facebook sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Minder as vier weke terug het ek die troue afgeneem en vanoggend [Donderdagoggend] terwyl ek nog besig was om die foto’s te redigeer het ek die nuus ontvang dat hy oorlede is.

“Juan jy was ʼn legende en dit was ʼn voorreg om jou en jou vrou af te neem en jou vir die kort rukkie te ken,” het Slabbert geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Treurgrond ·

Joane, ek is onbedaaarlik hartseer – dit is so so hartseer. Jou man jou lewe weggevat in ‘n knip van ‘n oog. Daar is niks wat mens kan se op die oomblik nie niks nie. God help asseblief almal rondom Joane, Juan se familie net almal my God.

LD ·

So tragies! Skaars ñ maand getroud…..???? Here gaan asb saam almal wat hom geken en lief gehad het! Aan sy pragtige vrou – mag Jesus jou styf vashou en hierdeur dra. Bid vir julle!

Maggie ·

Ai,my hart is nou so seer vir jou Joane.Baie sterkte in hierdie hartseer tyd.

Speedguard ·

My absolute simpatie…. dit is traaaagies, somtyds het die lewe meer vrae as antwoorde, sterkte en mag onse Heer julle almal onderhou met Sy liefdie en ondersteuning

Jozi ·

Ai wat ‘n tragedie.
Here, omvou asseblief hierdie pragtige jong man se bruid, familie en vriende met U liefde, vertroosting en teenwoordigheid.
My innige simpatie aan sy geliefdes.

Carien ·

Ai dit is so onbeskryflik tragies.
Sterkte aan Joane en familie ook aan Juan se familie.
Mag die Here julle dra en vertroos in hierdie tyd van beproewing……????

willem Botha ·

Hy was ondergrond per ongeluk doodgeskok met hoe spanning elektrisiteit

Antoinette ·

Ek lees paartjie wat onlangs getroud is dood in mynongeluk. Is die dametjie ook oorlele? Baie sterkte aan al die familie en vriende. Ma God hulle vertroos.

Mariaan ·

Ek verstaan nie hoekom moet sulke goed gebeur nie?? Wat kan tog die doel wees hiervan? Net hartseer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.