ʼn 21-jarige bestuurder van ʼn plaas naby Paul Roux in die Vrystaat se liggaam is Vrydagoggend in ʼn veld op die plaas aangetref.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is met ʼn tou om sy nek aan ʼn paal op die plaas vasgemaak. Hy het beserings aan sy kop en gesig gehad en is op die toneel dood verklaar.
“Sy Toyota Hilux is later met bloedvlekke naby die Duikfontein-plaas by Paul Roux gevind,” het Makhele gesê.
Volgens hom het ander boere in die gebied die polisie na die plaas ontbied nadat die man se liggaam aangetref is. Die polisie was omstreeks 06:30 op die toneel.
Meer inligting oor die voorval was nie dadelik beskikbaar nie. Na verneem word, het die plaasbestuurder gisteraand van elders teruggekeer toe hy oorval is.
Makhele het gesê die motief vir die aanval word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Brits by 082 466 7648 of kapt. Moloi by 082 419 6715 bel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Rus in Vrede liewe kind.
Dit kan mos nie reg wees nie, mens moet mos kan beweeg soos jy wil. Sterkte vir sy familie.
Die “motief”, is blanke volksmoord. Dit word aangehits deur hoedjie, rooi beret en kaders.
Sinnelose moorde! Waar op dees aarde gaan ons eindig? Elke liewe dag nog en nog moorde en groot hoed skitter in sy afwesigheid en reken mos dis vakansie misdaad… Het hy al bietjie hieroor gaan dink of verlekker hy hom saam die res wat haatspraak aan hits?
Het ons regtig Hoed nodig om die Kommando-stelsel terug te bring en daadwerklik te begin optree teen hierdie toenemende terreur teen ons boeregemeenskap?