Jong vlieënier sterf tydens laaste toetsvlug

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andrew Dawes/Unsplash)

’n Jong vlieënier (22) is Woensdag tydens haar laaste toetsvlug om ’n bespuitingsvlieënier te word, dood toe die vliegtuig waarin sy gevlieg het in die omgewing van Kroonstad in die Vrystaat neergestort het.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê die jong vrou het vanoggend omstreeks 06:00 by die Kroonstad-vliegveld vir die assesseringsvlug opgestyg.

Die betrokke vliegtuig is na verneem word ʼn Piper PA-25-260-Pawnee.

Die lugbespuitingsvliegtuig het egter sowat ’n kilometer van die vliegveld neergestort en ontplof.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Maroela Media het ’n navraag aan die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Die Piper PA-25-260-Pawnee is ‘n enkelsitplek vliegtuig. Daar is nie plek vir ‘n instrukteur nie.

Corlia het reeds ‘n PPL gehad, sy was besig om verder te kwalifiseer as ‘n landbou bespuitings vlieënier, en sou die eerste vrou in Suid-Afrika wees om die kwalifikasie te verwerf.

Hennie Biebouw ·

Hoërskool Schweizer-Reneke: Alumni het reeds hulde gebring.
RIV Corlia Strydom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.