Jong vrou doodgeskiet toe sy glo verby rooftoneel ry

Megan Griesel (20) is Saterdag in die vroeë oggendure geskiet. (Foto: Facebook)

ʼn 20-jarige vrou is Saterdag in die vroeë oggendure in Lydenburg in Mpumalanga doodgeskiet toe sy glo verby ʼn groep gewapende mans gery het, wat besig was om ʼn winkel te beroof.

Die polisie vermoed dat Megan Griesel nie eens bewus was van die rooftog toe sy doodgeskiet is nie.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê ʼn groep mans het vroeg die oggend op ʼn vulstasie op die dorp toegeslaan en glo die geriefswinkel beroof.

Die einste mans het kort daarna na ʼn naburige sakeonderneming gegaan waar hulle glo drank gebuit het.

“Dit is in hierdie tyd dat die slagoffer verby die rooftoneel gery het en sy deur die gewapende mans doodgeskiet is,” sê Mdhluli.

Nog niemand is in verband met die rooftog of moord in hegtenis geneem nie.

Mdhluli sê die polisie ondersoek die sake en het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om met enige inligting na vore te kom.

Intussen stroom huldeblyke van inwoners van Lydenburg vir die oorlede Griesel in.

ʼn Vriendin van Griesel het in ʼn Facebook-plasing benadruk hoeveel mense haar gaan mis.

“Die Here het sy mooiste engel kom haal,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wit Leeu ·

Dit is verskriklik hartseer ! Alle simpatie aan die familie. Die land is glad nie meer veilig nie.

Jack ·

GTA South Africa.Hier betaal jy met jou lewe as jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is.Die diewe het geen bang haar of ontsag vir die polisie nie.Hulle is gewapen die sien kans vir enige iets wat na hulle kom.Rus in vrede dame.Jy het dit nie verdien nie.

Johann ·

Só hartseer. Askuus jong dame dat jy deel is van wat die ANC bloot aflees as statistieke. En die president en sy kader kamerade meng in met hul terroris mede anargiste se massa moord teen Israel, plaas van ons in ons eie land beveilig.

ES ·

Maar ons regering is te hand-om-die-blaas met Hamas om aandag te gee aan die terreur wat elke dag hier af speel.

Delia ·

Die wereld is op sy kop. Daar is slegs vrede in ons God. Ek is soo jammer vir die ouers.

hpven ·

Kyk Ramaphosa, jou land en ongewapende landsburgers sterf uurliks onder jou en jou kaders se leierskap! Die wêreld begin kennis neem van die wandade wat jy nie wil of kan raaksien! Terrorisme in Suid Afrika!

Net-my-opinie ·

Siek, Siek, Siek! Die mensdom het geen respek mee vir lewe nie. Hoe verskriklik! En hartseer!

JohanR ·

My grootste vrees…..’n dwaal koeel. Die vrou se lewe het nog nie eers begin nie. RIV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.