Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 628 259 gevalle van Covid-19 is tot dusver bevestig met 1 218 nuwe gevalle sedert die vorige verslag.

Altesaam 3 705 408 toetse is reeds gedoen, waarvan 11 687 toetse die afgelope sowat 24 uur.

Nog 114 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, waarvan 13 in KwaZulu-Natal, 39 in Gauteng, sewe in die Oos-Kaap, sewe in die Vrystaat, 20 in die Wes-Kaap, 18 in die Noordwes en 10 in Mpumalanga. Dit bring die algehele dodetal op 14 263 te staan.

Meer as 549 993 persone (87%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8621713,7
Vrystaat381256,1
Gauteng21051833,5
KwaZulu-Natal11323718,0
Limpopo133012,1
Mpumalanga244703,9
Noordwes253904,0
Noord-Kaap108371,7
Wes-Kaap10611416,9
Onbekend500,0
Totaal628259100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2903822331081
Vrystaat7162446412945
Gauteng363118378923098
KwaZulu-Natal215210038410701
Limpopo20212486613
Mpumalanga351229391180
Noordwes266188866238
Noord-Kaap12971753533
Wes-Kaap3913976374564
Totaal1426354999363953

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.