Joslin Smith: Vrou laat vaar borgtogaansoek

Lourentia Lombaard in die hof. (Foto: Skermgreep)

Lourentia Lombaard, die mees onlangse verdagte in die verdwyning van klein Joslin Smith van Saldanhabaai, het haar aansoek om borgtog Maandag laat vaar.

Lombaard, wat vroeër glo ’n bekentenis afgelê en belowe het om die waarheid te vertel, het vanoggend weer vlugtig in die landdroshof op Vredenburg verskyn voordat haar saak, nes dié van haar medebeskuldigdes, tot Mei uitgestel is.

Lombaard en Joslin se ma, Racquel (Kelly) Smith, Jacquen (Boeta) Appollis en Steveno Duwayne sal na verwagting dan vir die eerste keer saam in die beskuldigdebank verskyn.

Hulle staan almal tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel weens die verdwyning van die sesjarige Joslin.

Daar is steeds geen teken van die kind nadat sy op 19 Februarie verdwyn het toe sy buite haar huis in die Middelpos- informele nedersetting in Diazville, Saldanhabaai, gespeel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leeubekkie ·

Klein Joslin met die mooi ogies. Ek bid jy speel saam met die ander kindertjies nou by Jesus se voete. Sonder sorge en trane.
Om aan ander moontlikhede te dink is te hartseer……

Casper ·

Sy het ‘n bekentenis afgelê en belowe om die waarheid te praat.Hoe kan nie een van hulle weet wat met Joslin gebeur het nie,dit maak nie sin nie.Hulle sal mos weet of sy nog lewe of aan wie sy verkoop is.

BELINDA ·

Hoekom word die saak vir twee maande uitgestel – hoekom? Is dit nie veronderstel om prioriteit te geniet nie – dat die waarheid kan uitkom en die kindjie dalk nog gered kan word?

My hart breek vir die arme kindjie!

Delia ·

Waar is Joslin. Ons stel nie belang in al julle storietjies nie. Waar is sy??

Andries ·

Ons stel nie belang in wie en wat nie.
WAAR IS DIE KINDJIE !!??
Nou stel hulle die saak uit tot in Mei…. wil hulle dan eers hoor waar die kind is?

Vanessa ·

Ek dink (as die kleinding nog leef) is sy lankal landuit. Mag die waarheid uitkom. Ek weet nie waarom die mense nie die waarheid praat nie. Hulle is lafaards!!!!!!

Wendy ·

Hier gaan niks v kom ni -uitstel uitstel liewe vader is dt ni n saak v erns ni selle ou berigte oor en oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.