Jurie Roux moet wel miljoene aan US betaal

Jurie Roux. (Foto: Twitter)

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, moet nou meer as R37 miljoen aan die Universiteit Stellenbosch (US) betaal, ná sy mislukte appèl teen ʼn arbitrasietoekenning wat in Desember gemaak is.

Die eise deur US teen Roux en Chris de Beer is in Mei 2019 verwys vir finale arbitrasiebeslissing nadat die partye daartoe ooreengekom het. Roux en De Beer is reeds in 2015 deur die US gedagvaar nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle strydig met hul dienskontrakte opgetree en die universiteit daardeur ʼn verlies gely het.

Luidens ʼn verslag deur KPMG, wat in 2016 bekendgestel is, het Roux ongemagtigde oorplasings van die US se reserwefondse aan die Stellenbosch Rugbyklub gemaak, terwyl hy in diens was van die universiteit. Roux was voor sy aanstelling as uitvoerende hoof van Saru US se senior direkteur van finansies en batebestuur.

ʼn Tweede eis teen De Beer het met ʼn eis verband gehou dat hy onderneem het om ʼn bedrag geld aan die universiteit te betaal om te vergoed vir ʼn deel van die verlies wat veroorsaak is.

Die toekenning deur die Arbitrasie-appèltribunaalpaneel van drie, wat Vrydag gepubliseer is, het appèlle deur Roux én De Beer van die hand gewys.

Gevolglik moet Roux die bedrag van R37 116 402 plus rente vanaf die datum van betekening van dagvaarding aan die universiteit betaal. De Beer moet die bedrag van R1 904 511 plus rente vanaf die datum van betekening van dagvaarding aan die universiteit betaal.

Roux en De Beer moet ook die universiteit se regskoste betaal, met De Beer wat vanaf die begin van die arbitrasieverhoor en die appèl verantwoordelik gehou word vir slegs ʼn persentasie van die US se regskoste.

“Die US is verheug dat hierdie saak suksesvol afgehandel is, met toekennings in sy guns op al sy eise. Hierdie eise het gevolg weens die US se verbintenis tot goeie korporatiewe bestuur,” sê prof. Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof van die universiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Elinette ·

Daar is iets soos persoonlike, openbare aanspreeklikheidsversekering. Ek glo ouens soos hierdie sal sulke tipe versekering hê.

piet ·

Onthou net hy het nie self enige geld ontvang nie maar hy word aangespreek omdat hy direkteur was. Erg. Wees maar versigtig wat jy doen as jy ‘n direkteur is.

Misky ·

Joh, dit is darem ‘n enorme bedrag en klein-huisie vol geld!!!!

piet ·

Hy’t niks persoonlik ontvang nie MM. Word persoonlik aangespreek as direkteur van Fonse bestuur aan die universiteit. Die rugbyklub het seker die geld geblaas so nou moet iemand terugbetaal. Effe rof op die ou maar as direkteur het hy seker in elk geval ‘n verskriklike inkomste verdien so kan seker die “bedraggie” bekostig.

MakersMark ·

Verstaan ook so piet ek bedoel nie hy het geld wederegtelik gevat nie maar eerder roekeloos spandeer. As dieselfde geld vir die ANC sou ons darem baie minder kaders in blink motors gesien het of hoe ?

Jessey ·

Wonder met hulle taalbeleid of die aansoek en uitspraak in Afrikaans of Engels was?

Anoniem ·

Hoe kan hy nog as CEO van Saru aanbly na die plundering van Universiteits fondse?

Francois Le Cochon ·

SARU is soos die mafia. Dit gaan oor pounds, pence, dollars and cents. Geen plek vir etiek.

Tipper ·

Wel as hy die bedrag moet betaal,dan moet hy verseker nog miljoene oorhê.

Sobymykoolkop ·

Net eenkeer se ” prestasie ” bonus om die sakie af te handel.

Francois Le Cochon ·

Of een rugby wedstryd teen R1,000 ‘n kaartjie,

Aai ·

Wat verdien mense in die land maandeliks om sulke geld te he en die een wat die werk doen sukkel?

Francois Le Cochon ·

Jy sal verstom wees. Mediese spesialiste 3-4 miljoen per maand. Headhunters 20-50 miljoen per maand.

piet ·

Dis een van die groot probleme, hierdie direkteure verdien miljoene net om kantoor toe te gaan soos enige ander ou sy werksdag aanpak. Maak mens eintlik siek om net daaraan te dink. Onthou nou, hy het nie eers hierdie geld persoonlik ontvang nie.

Blikkies ·

Dit is ook nie dat n ou so ‘n bedrag geldjie sommer uit ‘n hoed haal nie, behalwe as jou van miskien Roux is. Ek kan amper nie eers die laaste drie syfers van daardie bedrag bekostig nie….

piet ·

Ek het gewonder hoekom hy persoonlik die geld moet terugbetaal alhoewel hy niks persoonlik ontvang het nie maar ek sien hy was ‘n direkteur van Finansies en Batebestuur by die universiteit so ongelukkig kon hy persoonlik aangespreek word in sy persoonlike hoedanigheid. Bietjie rof siende dat hy klaarblyklik geen finansiele voordeel self ontvang het nie dit was net wanadministrasie. Aan die anderkant het hy definitief sy liefde vir rugby getoon deur meer geld soontoe te kanaliseer. LOL

Waarnemer ·

Grote genade,waar gaan die arm em man 37 miljoen smackeroos uitkrap?Dak moet hy vir ou Cyril vra om te help….die ou het mos blijoene van oorsee af ontvang om covid te bekamp en dit lyk nie of hy dire geld gebruik het om covid te bekamp nkie want die nuwe variant roer ons ou nasietjie behoorlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.