Jy mag reis, maar jou drankies bly tuis

Die vervoer van drank word oor die Paasnaweek verbied. (Foto: pixabay)

Suid-Afrikaners mag dié Paasnaweek ingevolge die afsonderingsregulasies vrylik tussen provinsies reis, maar mag van Vrydag af nie meer drank rondry nie.

Die vervoer van alkohol word van middernag vanaand verbied, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Donderdag gesê. Die verbod geld tot Maandag om middernag.

“Vandag, ja. Dit word toegelaat, maar nie oor die naweek nie. Die polisie gaan padblokkades hou,” sê Dlamini-Zuma.

“Mense gaan nie toegelaat word om drank van een plek na ʼn ander te neem nie.”

Die minister sê mense kan alkohol gebruik waar hulle is, en hulle mag ook in kuierplekke soos kroeë drank gebruik, maar ingevolge streng veiligheidsmaatreëls.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesweek aangekondig dat plekke soos restaurante, kroeë en tavernes oor die langnaweek steeds drank mag verkoop, maar drankverkope vir tuisgebruik word van Vrydag tot Maandag opgeskort.

Dlamini-Zuma het Donderdag opnuut bevestig dat 250 mense ʼn binnenshuise kerkdiens mag bywoon. Vir buitelug byeenkomste word dié getal tot 500 beperk.

Die minister het ook ʼn beroep op mense gedoen om veilig te reis, indien hulle dit wel doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johan ·

Baie maklike antwoord dit is solank almal in vrees leef en die regering nie verset nie…dit is hoe lank. Dra jy nog getrou jou masker? Wel sodra jy besef daar is ZERO bewys dat dit tot jou voordeel is en jou begin verset saam duisende ander, so lank gaan dit aanhou.

Willem ·

Ek dink regering moet daai selferkende pastoor in Limpopo gaan besoek. Sy windjies behoort hul mooi te laat dink

Natasha ·

Verduidelik gou hoekom kan mense in kroeë ens. gaan sit en drink en dan onder die invloed bestuur (ja dis onwettig en meerderheid doen dit- besides the point), maar jy mag nie nigter bestuur om drank op ‘n veilige plek in jou privaatheid te benut nie? Logika is weer MIA! Maar sy moet vasklou aan ‘n mag wat sy nie besit nie deur net enige iets te verbied sodat sy belangrik kan voel. Daar is nie pille vir onnoselheid nie!

Gerhard ·

Goed, dit is nou besig om n sirkus te raak. Van middernag vannag geen drank vervoer nie, nee jissie, drank is nou nie die alfa en omega nie, maar regtig, padblokkades hou en mense se drank afvat wat hulle gekoop het voor die nuwe naweekverbod ingestel is, om na hulle vakansiehuise te neem of as hulle gaan kamp. Ek gaan self die naweek kamp met my karavaan, my drank is klaar gelaai en hoewel ek nog voor 12 by my bestemming gaan wees, met ons terugkom Maandag gaan ek mos weer die drank wat oorbly saam terugbring. Hoe maak mens nou, want sowaar, hulle kan probeer om my drank af te vat wat ek huistoe neem, die hel sal los wees. Dit gaan nie vir my oor die drank nie, maar regtig, ek is mos nie meer ‘n kind nie, nou wil kopdoek my voorse. In elkgeval, die polisie wat die drank afvat gaan net eenvoudig die drank vir hulle vat, aangesien dit is wat hulle doen…..ek het die inligting uit baie betroubare bron in die SAPD gekry, so, ek daag hulle uit.

Adri ·

Ons sal nie verstaan nie, want sy dink (?) vanuit ‘n ander agtergrond van drankgebruik as ons. Hulle dink(?) solank daar drank is, drink jy tot alles op is.

koos10 ·

Verander sy weer die reëls! CR het niks daarvan gesê nie. Kan niemand haar stop nie?

Jessey ·

O ja want die Corona gaan in die Cooler wees.

Nie in die staatskoerant nie, so ek stel nie belang nie

Francois Le Cochon ·

Staatskoerant 44367 par. 6, wat verwys na regulasie 81 van Rampbestuur Wet. Geen vervoer van drank.

Nick ·

Haha. Jammer antie Zuma maar my dop is klaar gepak vir kamp die naweek. Jammer maar ek gaan nie meer na jou onsin luister nie. Lekker naweek.

Anoniem ·

Staatskoerant dd 30 Maart 2021 deur haar persoonlik onderteken noem absoluut niks van geen vervoer van drank nie. Dit MOET spesifiek so aangedui word, maar haar 1 lewende breinsel het haar uitoorlê.

Johan ·

Verset op groot skaal…dis al wat gaan werk. En sleep hul hof toe oor als.

Misky ·

Ag asseblief, het julle niks beter om te doen nie???? Sit en nonsens uitdink terwyl die res van ons regte WERK doen

Raakvatter ·

Ek het regitg so gedink, amper vang hulle my. Toe Google ek dit en lyk my wragtag dis nie ‘n grap nie.

Herms ·

Die nasie se regering het besef om drankwinkels toe te maak oor die tydperk gaan nie eintlik werk nie. Pleks die polisie misdaad bekamp gaan hulle tyd nou bestee word aan onbenulighede. LOL LOL

Anoniem ·

Absolute nonsens, as ‘n verbod op die vervoer van drank nie spesifiek so in die staatskoerant gepubliseer is nie, dan geld dit nie. Zuma kan nie nadat sy die regulasies op 30 Maart 2021 persoonlik onderteken het en geen melding van ‘n vervoer van alkohol verbod gemaak word nie, nou die regulasies mondelings verander nie. Ek het die staatskoerant dd 30 Maart afgelaai en gedruk en daar word nêrens melding van ‘n verbod op die vervoer van drank gemaak nie. Gaan kyk op bladsy 7 punt 6 onder regulasie 81, van die staatskoerant vir die inligting en druk dit indien julle met drank gaan rondry. Dagvaar die wit waks uit hulle uit indien jy gearresteer word.

Sê-mar-net ·

Netwerk 24 berig dat NDZ “haarself weerspreek “ het en dat drank WEL nog vervoer kan word. Hulle (NW24) wag egter nog op terugvoer vanaf Dept….

Oi-linker hand weet nie wat regterhand doen nie. Die stert swaai die hond rond! ????????‍♀️????????‍♀️????????‍♀️

Anoniem ·

Sy is siniel en weet nie oor ‘n minuut wat sy 30 sekondes gelede gedoen of gesê het nie.

Samuel ·

Kopdoek is ‘n nar. CR het nie van die vervoer van drank melding gemaak nie. In kroeë en tavernes is géén veiligheidsmaatreëls nie. As die ouens(en vrouens) gesuip is, laat waai hulle. Onthou brandewyn het nie brieke nie. NDZ verander reëls soos dit haar pas. Sy is baas en nie Cyril nie.

Gert ·

Vat almal nou maar ‘n toe bottel saam sodat sy die hele land kan arresteer. Regtig jy kan nie stupid met duck tape regmaak nie

BOKKIEBEK ·

Die naweek van Jesus se kruisiging en Sy opstanding, is die mees belangrikste tyd van die jaar… Jare gelede was dit so gerespekteer met GEEN winkels en DRANKWINKELS wat oop was nie. Hoekom kan dit nie so bly nie. Dis ‘n HEILIGE naweek en moet as kind van God so gevier word. Ons verlosser het vir ieder en elke gesterf, dan ons genade kan ontvang vir ons sonde. Kom ons vier dit ooreenkomstig.

Misky ·

Ek dink dit gaan vir die meeste wat hier kommentaar lewer oor die logika en magsbehep wat hulle oor ons wil uitoefen en nie soseer oor die drank of vervoer daarvan nie.

Samuel ·

Ek stem 100% saam met Madelein. Hierdie is ‘n heilige naweek, maar wêreldwyd en spesifiek in SA geld hierdie allerbelangrikste naweek op die kerk kalender lank nie meer nie.

Vettiemaragartos ·

Kan iemand asseblief die staatskoerant waarin dit gepubliseer is plaas? Die tipe van dinge moet mos geprommulgeer word?

Anoniem ·

Ek het probeer, maar ek vermoed dat dit nie wil “paste” nie, omrede dit in pdf formaat is. Lees my vorige kommentaar hierbo vir verwysing.

Anonymouse ·

Ek het gedink hulle gaan weer met alle belaglike reels opkom, en het genoeg drank gekry vir al my kuier mense. Mens kan net jou kop skud.

Inkpot ·

Nee wraggies, dit maak net nie sin nie.
Jy mag nie drank vervoer nie, maar jy mag dit in openbare plekke gaan drink mits jy jouself nie te buite gaan nie.
Rerig??
Hoe dink hulle?
Gaan die regering nou iemand in elke klub aanstel om toesig te hou?

Inkpot ·

Verstaan ek reg?
Jy mag kar bestuur nadat jy iewers gekuier het, maar jy mag net nie drank vervoer nie.
Die drank moet dus UIT die bottels wees en IN jou liggaam wees?

Roedolf Johannes ·

Lyk vir my een van die vereistes wat jy moet besit om n Minister of Iets te word is dat jy geen verstand nodig het nie

Vranet ·

Praat teen haar eie gepubliseerde regulasies. Tyd dat die moroon vervang word tesame met al die ander wat die belaglike regulasies uit dink en goedkeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.