Kaap se eerste kouefront op pad

Foto: https://pixabay.com

Inwoners van die Wes-Kaap kan binnekort effens koeler weer verwag met die eerste sneeu vir die winter wat ook op plekke in die Kaapprovinsies kan val.

Volgens Lehlohonolo Thobela, ʼn woordvoerder verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sal ʼn ligte kouefront die Wes-Kaap teen Vrydag tref.

Inwoners van die provinsie kan teen Saterdag kouer en nat weersomstandighede verwag.

“Teen Sondag sal temperature in dele van die Oos- en Noord-Kaap ook effens daal. Geïsoleerde reënbuie sal ook na verwagting in dié provinsies uitsak,” bevestig Thobela.

Die kouefront sal ook sneeu in hoogliggende gebiede van die Kaapprovinsies en Drakensberge teweegbring.

In die sentrale en noordoostelike dele van die land kan inwoners teen Sondag ook geïsoleerde reënbuie verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koen ·

Dis nou interressant. Temeratuur gaan net so effens daal maar dan word sneeu voorspel. Belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.