Die Stad Kaapstad het ʼn ondersoek van stapel gestuur ná ʼn MyCiti-bus Dinsdagmiddag skynbaar vanself by ʼn bushalte in Woodstock, Kaapstad, aan die brand geslaan het.
Volgens die stad is dít ʼn uitsonderlike voorval en moet die oorsaak van die brand nog vasgestel word.
Volgens Rob Quintas, burgemeesterskomiteelid vir stedelike vervoer, is die brand- en reddingsdienste omstreeks 15:15 inderhaas na die toneel ontbied.
“Die brand het uitgebreek net nadat die passasiers en busbestuurder van die bus afgeklim het. Geen beserings is aangemeld nie,” sê Quintas.
Aanvanklike berigte dui daarop dat die bus uitgebrand het en daar is ook skade aan die bushalte. Die stad is tans besig met opruimingswerk.
Volgens Quintas word die MyCiti-busse gereeld versien, geïnspekteer en onderhou ingevolge die stad se kontrak met die busoperateur. “Die busse ondergaan elke ses maande ʼn padwaardigheidstoets by ʼn betroubare toetsstasie.”
Die MyCiti-busse wat langs die T01-roete ry, sal tydelik tot verdere kennisgewing opgeskort word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Nuwe bus wat brand ? Is hy in china aanmekaar gesit ?
Poof!!!! Sommer net so, slaan hy aan die brand.
Dis genade dat daar geen persoon op daardie oomblik in die bus was nie
Kyk wat staan in die berig tussen aanhalings tekens. maw. Daar is die oorsaak en antwoord. “Betroubare???”
Nog 1 van daai tenders.
Soustrein bus ?