Kaapstad-damvlakke styg tot 101,6%

Theewaterskloofdam (September 2020) (Foto: @Louis96018668/ Twitter)

Die totale kapasiteit van damme wat Stad Kaapstad bedien het in die afgelope week met 2,7% gestyg, van 98,9% die vorige week tot 101,6%. Daaglikse waterverbruik vir dieselfde periode het egter tot 738 miljoen liter water per dag toegeneem van 718 miljoen liter water die vorige week.

Damme het teen hierdie tyd verlede jaar op 90,3% gestaan. Damvlakke het eers in Oktober 2020 die 100%-merk verbygesteek. Die damme was voor dit in 2014 laas vol.

“Alhoewel die damvlakke beslis iets is waaroor ons dankbaar kan wees, kan ons nie agteroorsit in ons ambisie vir watersekerheid nie,” sê Xanthea Limberg, burgemeersterskomiteelid vir water en afvaldienste. “Ons moet ons afhanklikheid op oppervlakwater (reën) verminder. Die stad is deurlopend besig om sy Nuwe Waterprogram te ontwikkel.

Kaapstad is in ʼn waterskaarste streek geleë en die klimaat, veral in Suider-Afrika, is al hoe meer onvoorspelbaar. “Die stad brei sy bestuur van bestaande watervoorraad uit en aanvaar die verantwoordelikheid dat hy sy munisipale mandaat moet oortref wat grootmaat watervoorraad betref, net soos wat ons gedoen het tydens die onlangse droogte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jack ·

Met die instroming van mense na die Weskaap sal ek nie my asem ophou oor die water vlakke nie.Hier is reeds hopeloos te veel mense en as jy my nie glo nie gaan ry bietjie rond in spitstyd en kyk hoe lank dit jou neem om van A na B te gaan.

SjN ·

Nie net in die Weskaap nie, te veel ongewenste buitelandse elemente wat genooi word deur our people.

Tanja ·

Jack ek stem volkome saam met jou! Ons dam is vergroot met 20% maar met die inflaks van mense van Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga ens. ens. , is daardie 20% beslis nie voldoende nie, en hulle spyt some hulle opritte met die tuinslang af en was hulle groot blink bakkies met tuinslang en laat water in straat afloop soos riviere, want hier is mos nou water, glad nie gepla oor ons waterbeperkings wat nogsteeds in plek is nie

Belinda ·

Dis goeie nuus siende die kaap gewoonlik aan water tekort is.

Kortbroek en plakkies ·

Wonder of die Wes Kaap hulle water heffing gaan skraap wat elke maand op my rekening reflekteer nadat die droogte ons hard geslaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.