Kabeldiewe slaan 20 keer toe in Jhb

Argieffoto: SAPD/Twitter

Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met 20 kabeldiefstalvoorvalle wat die afgelope naweek in Johannesburg aangemeld is.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, is die meeste voorvalle in die Moffatview-gebied in Johannesburg bevestig.

“Twee van die ses verdagtes is van Zimbabwiese herkoms en is in Kyasands in hegtenis geneem. Hulle is deur City Power se veiligheidspatrolleerders op heterdaad betrap terwyl hulle koperkabels in die gebied opgegrawe het,” sê Mangena.

’n Derde kabeldief is in Jeppestown vasgetrek terwyl hy ook glo kabels opgegrawe en geknip het.

Die polisie het met die hulp van die gemeenskap nog drie verdagtes in hegtenis geneem vir vandalisme en kabeldiefstal in die Brixton-omgewing.

“Daar is bevind dat dié verdagtes hulle met die City Power-netwerk verbind. Die drie is vermoedelik deel van ’n groep wat City Power se ABC-kabels steel en dan onwettig aan ons netwerk koppel. Hulle verkoop dan glo die onwettige elektrisiteit aan die inwoners in die nabygeleë informele nedersetting.”

Vandalisme van City Power se infrastruktuur en kabeldiefstal is die grootste bydraer tot elektrisiteitsvoorsieningsprobleme in die Stad Johannesburg. Dit het City Power reeds ’n verlies van miljoene rande gekos.

Enigiemand met meer inligting oor voorvalle van kabeldiefstal of vandalisme, word aangemoedig om City Power by 011 490 7900 te bel of die WhatsApp-nommer by 083 579 4497 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

My siening ·

Die land is in sy ? In, en dan het professor gister aand nog wragtig n goeie woord vir Cele?

Kokerboom ·

Ek kon dit waaragtig nie glo!!!! Leef die man op ‘n ander planeet????

Kokerboom ·

Kabeldiewel moet die swaarste strawwe moontlik opgele word. Dis terrorisme!!!
Gemeenskapsbetrokkenheid ‘n MOET!!

Kokerboom ·

Aansporingsmaatreels moet ingestel word vir gemeenskappe om die boewery te keer. Koste sal ‘n fraksie wees van werklike diefstalkoste

domheks ·

Dankie cANCer! Julle het die voorbeeld gestel – nou volg die gepeupel mooi in julle voetspore….

Hercules ·

110% korrek — die staats president steek dan miljoene dollars op sy plaas weg!!

Nie Verbaas ·

Gee die gemors doodstraf. Dit is al manier hoe hulle makkers sal leer.

Christine ·

Of terwyl ons land nie die doodstraf gee nie, skiet hulle voor die voet dood wanneer hulle betrap word!

Albertus ·

Dankie anc, julle het mos land se grense oop gemaak, nou loop ons deur, klomp idiote saam met cele.

Albertus ·

Die gemeenskap moet begin saamwerk en die mense wat daai koper koop moet gehang word, hulle het nie mense regte as hul wil skelm wees nie.

Manie ·

Ek sê al lankal, reguleer die skrootwerwe en die probleem is halfpad opgelos.

Niklaas ·

Beplan gereelde inspeksies by Skrootwerwe. Enigeen in besit van treinstawe en koper kabels moet swaar gestraf word. Dan eers sal hierdie Zimbabwiërs wat tans onwettige SA arbeiders is , eerlike werk begin soek hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.