Kamma-dokter ontsnap uit aanhouding

Kingsley Leeto Chele [Foto: Verskaf]

Die polisie in Lyttelton, Pretoria, is op die spoor van Kingsley Leeto Chele wat uit aanhouding ontsnap het nadat hy vroue op Facebook uit duisende rande bedrieg het.

Hy het hom as ’n dokter of apteker voorgedoen om vroue op Facebook te bedrieg. Hy het die vroue onder die name “Dr. Kingsley Chele” of “Dr. KJ Ncube” geteiken.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het Chele gesondheidswerkers op Facebook gekontak en voorgegee dat hy beleggers soek en hulle so uit duisende rande bedrieg vir projekte wat nie bestaan nie.

Chele is op 2 Oktober in hegtenis geneem op twee aanklagte van bedrog wat in Junie vanjaar in Sunnyside en Klipgat aangemeld is. Sy aansoek om borgtog is teengestaan.

Chele het in aanhouding gebly totdat hy weer Dinsdag (17 Oktober) in die landdroshof in Pretoria sou verskyn.

Hy het egter daarin geslaag om te ontsnap terwyl die polisie op 11 Oktober besig was om op huishoudelike items by sy woning beslag te lê. Die polisie het onder andere op ’n 2023 Volkswagen Golf GTI beslag gelê.

“Die polisie het ’n saak van ontsnapping uit wettige aanhouding by die Honeydew-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Enigiemand met meer inligting oor Chele, kan kapt. MS Motolla by 082 715 9583 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wondermaarnet ·

As jy ‘n dr wil word, WERK daarvoor. Dit gaan nie soos huise, krag en water in jou skoot val nie.

Bolandse Nooi ·

Behalwe dat hy nie 2½ moorde op sy naam het nie …. 2 vroue slagoffers wat hy self vermoor het en ½ moord omdat hy aandadig in die beplanning daarvan was, net om ‘n lyk te kry wat hy kon verdoesel het as sy eie “verbrande oorskot”.

domheks ·

SA is darem vir jou ‘n lekker plek – elkeen maak net soos hy wil – want ons regstelsel/polisie is ‘n GRAP!

Heinrich ·

Ek weet van ‘n Chele wat ook voorgee dat hy iets is wat hy nie is nie…wonder of daar ‘n verwantskap is…

Bolandse Nooi ·

Huhhhh???????????? Hy ontsnap terwyl die SAPD op besittings beslag lê by sy huis????????? Is hy dan nie geketting en geboei nie?

Perdeby ·

Hy was uit die Selle saam met die ondersoekspan, so hoekom was hy nie in voetboeie nie????????

JohanR ·

Watter polisieman het nou ‘n paar duisend gekry om die sel deur oop te los?

Johann ·

So wat van al die ander “doktas” wat binne en buite die regerings kantore rond slons?

Niklaas ·

Iemand met ‘n groot regterhand het ‘n vet vroee Kersfees bonus gekry. Die sogenaamde dokter sou nie sonder hulp net kon wegstap nie.

Jakes ·

Hy het waarskynlik ontsnap toe hy n polisieman moes ondersoek wat olik gevoel het toe hulle beslag op sy goed gele het . Die behandeling was gratis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.