Kankerpasiënte ly omdat kontrak sloer

Die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. (Argieffoto: Masego Mafata/GroundUp)

Nagenoeg 3 000 pasiënte wat vir kanker by die Charlotte Maxeke-hospitaal behandel word, ly omdat ʼn behandelingsooreenkoms met private hospitale glo nie gefinaliseer is nie. Dít ondanks die R784 miljoen wat in April verlede jaar daarvoor begroot is.

Die DA voer aan dat ʼn tender vir die uitkontraktering van bestralingsdienste vir kankerpasiënte aan hierdie hospitaal in Oktober verlede jaar al uitgereik is.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, sê die provinsiale departement van gesondheid het egter nog geen inligting oor die tender verskaf nie en in hierdie stadium is dit onduidelik of die tender wel al toegeken is.

“Ondanks ʼn ooreenkoms om met die Cancer Alliance en Section27 oor hierdie saak saam te werk, het die departement hulle geïgnoreer, wat kommerwekkend is,” sê Bloom.

Volgens die Cancer Alliance, ʼn organisasie wat niewinsgewende kankerorganisasies verteenwoordig, het die tender ʼn verpligte inligtingsessie gehad wat baie verskaffers van onkologiedienste nie kon bywoon nie, en is hulle dus van die tender uitgesluit.

“Dit het vrese laat ontstaan dat die tender misluk het, en die beste dienste van die beste verskaffer nie verkry is nie,” sê Bloom.

“Intussen plaas die vertragings die lewe van honderde kankerpasiënte in gevaar, aangesien die meeste van hulle so gou moontlik behandeling benodig.”

Die vertragings met die lewering van dienste raak pasiënte met bors-, kolon- en prostaatkanker.

Die DA het intussen ʼn beroep op die departement gedoen om te openbaar wat met hierdie tender gebeur, en of die begroting daarvoor werklik voor die einde van die boekjaar gebruik gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTINE ·

Nou verbeel jou net die belaglike nvg waaroor die anc nou obsesseer, wat ‘n gemors

Samuel ·

Absolute skande! Kan ‘n mens enigiets beter van die ANC-kaders verwag?

Papsak ·

Daar is n cure vir kanker maar hulle keer dit daarom gaan soveel mense dood aan kanker geld geld se ek weer ??????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.