Kapers brand los op 10-jarige

(Foto: Rusa/Facebook)

Kapers het Donderdagaand losgebrand op ʼn 10-jarige seun wat van die toneel van ʼn kaping in Mhlasini in KwaZulu-Natal gevlug het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 20:40 na die toneel ontbied. “Die minderjarige is nie beseer nie, maar die eienaar van ʼn silwerkleurige Toyota Tazz met die nommerplaat NJ 85023 is met sy motor weggery,” het Rusa in ʼn verklaring gesê.

Die seun het aan beamptes gesê hy het die eienaar gehelp om sy motor te was. Vier onbekende mans het hulle onverwags met vuurwapens oorval. “Hulle is aangesê om stil te bly en nie enige aandag te trek nie. Die seun het weggehardloop toe ʼn skoot in sy rigting gevuur is.”

Terwyl hulle met die seun gesels het, het die eienaar van die motor op die toneel aangekom en gesê hy is in Canelands afgelaai. ʼn Verbygaande taxi het hom teruggebring.

(Foto: Rusa/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.