Karkasse van 25 honde en ʼn kat in veld gevind

Van die karkasse in die veld. (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Van die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Rustenburg het Sondagmiddag ʼn gru-ontdekking gemaak toe hulle na ʼn veld buite dié dorp ontbied is.

Die karkasse van 25 honde en ʼn kat is in die veld aangetref waar iemand dié troeteldiere, sommige in swart plastieksakke, gestort het.

Maartin Coetzee, bestuurder van die plaaslike DBV, het Maandag aan Maroela Media gesê dat die betrokke stuk veld op die Donkerhoekpad geleë is waar motorfietsryers gereeld ʼn ent op die grondpaaie in die omgewing ry. Twee motorfietsryers het gister kort ná 15:00 gedurende só ʼn rit op nege hondekarkasse afkom waarna hulle die plaaslike DBV ontbied het.

Die DBV het ondersoek ingestel en op altesaam 26 karkasse afgekom, waaronder ook dié van ʼn kat. Dié diere is vermoedelik by ʼn plaaslike veearts van kant gemaak waarna die betrokke persoon die karkasse in die veld gestort het, sê Coetzee.

“Dit is definitief die handewerk van ʼn veearts. Van die diere was in swart plastieksakke en daar het oral wit sakkies gelê waarin [mediese] handskoene was. Dit was grusaam. Daar was ook geaborteerde hondjies en ʼn baarmoeder in van die sakke. Daar was ook duidelike aanduidings op die diere se pote waar die binneaarse inspuiting gedoen is om hulle van kant te maak.”

Van die karkasse in die veld. (Foto: Facebook)

Volgens Coetzee was die diere se karkasse duidelik in verkoelingsfasiliteite gehou voordat dit in die veld gestort is. Byna al die karkasse was dié van honde soos yorkies, labradors en Amerikaanse veghonde (pittbull-terriërs).

Dit is duidelik dat van die diere van kant gemaak is as gevolg van katgriep of kanker. Meeste van die karkasse was dié van ou honde.

“Hulle was yskoud. Hulle het nog nie vlieë om hulle gehad nie en het nog nie ontbind nie,” sê hy. Die diere is vermoedelik van die verkoelingsfasiliteite met ʼn bakkie aangery en op drie verskillende punte in die veld afgegooi.

Die DBV het foto’s van elke karkas geneem en dit op Facebook geplaas in die hoop om van die troeteldiere se eienaars op te spoor. Ses eienaars het intussen na vore gekom en hul troeteldiere geïdentifiseer. Die eienaars kon ook bevestig by watter veearts hulle hul geliefde vierpotiges van kant laat maak het.

Volgens Coetzee is die veearts dus aan die DBV bekend. Die veearts kan egter nie in dié stadium geïdentifiseer word nie aangesien daar ʼn saak van onwettige storting teen die betrokke veearts aanhangig gemaak is.

Coetzee het bygevoeg dat daar sekere riglyne is wat gevolg moet word wanneer veeartse diere van kant maak. Diere behoort veras of in afgeleë gebiede met die nodige munisipale toestemming begrawe te word.

Dit is nodig aangesien die entstof wat gebruik word om diere mee van kant te maak baie giftig is vir lewende diere. “Daar moet ʼn gat gegrawe word en weer toegegooi word aangesien die karkasse ʼn groot risiko inhou vir ander diere wat moontlik op hulle afkom.”

Die karkasse is tans by ʼn verkoelingsfasiliteit en sal binnekort veras word wanneer die polisie se ondersoek dit toestaan.

Daar is intussen ʼn geldinsameling op die been gebring om eienaars te help met die koste daaraan verbonde om van dié diere op ʼn waardige wyse ontslae te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Zettie ·

Afgryslik! Dit is reeds traumaties om ‘n diere-kind aan die dood af te staan en dan nog erger om op FB te verneem dat die dooie dier se liggaam nie met die nodige respek behandel is soos mens sou verwag nie! Ek hou dié storie dop!

WIEBO ·

En die eienaars betaal ten duurste vir verassing! Dis verregaande! Hoop die veearts kry wat hy verdien!

Lizelda ·

Ja nee, @Schalk sal dit nou nie great wees nie. Vir so baie mense is ons vier potiges meer as net n kat of hond. Dis ons companions veral wanneer familie jou versaak het en wanneer hulle hulle laaste asem uitblaas is dit vir ons bitterlik erg, nou verbeel jou dis een van JOU diere wat daar le.
@WIEBO ons hoop maar dit IS n veearts (al is dit baie baie sleg) en nie soos die mal monster van Faerie Glen Pretoria Oos wat in Augustus 2015 25 katte (onder meer 2 van my katte) en ek weet nie eers hoeveel honde vergiftig het nie. Ek wnes tot vandag hy sal ook sy dag kry. Nee, wat die mensdom is siek verby!!

Wilma ·

mense betaal om hul geliefde diere genadedood te gee. ons verwag dat hul ook met respek behandel moet word. SIES SO CALLED VEEARTS. hy behoort vani rol geskrap te word. EK SKAAM MY VIR IEMAND WIE VERONDERSTEL IS OM OM TE GEE VI DIERE

honourable member ·

Die veearts wou seker kostes spaar en die arme diere sommer daar in die veld gaan gooi. Wys jou ook maar dat sekere veeartste geen liefde vir diere het nie.

Woedend ·

Hoe ongevoelig en pateties!!! Maak die veearts se besigheid toe, want hulle voel niks vir die 4 potige diere nie. Skaamteloos!!! Laat hulle boet!!!!

Danie ·

Watse tipe mens laat sy troeteldier by n veearts uitsit en los hom dan net daar? Vat jy nie jou dier terug huis toe en begrawe hom self nie? Net mooi geen maar geen respek nie.

karen ·

sover ek weet het sekere munisipaliteite by-wette wat dit baie moeilik maak om jou troeteldier self te gaan begrawe tuis.
hierdie is baie hartseer….

Carel Wilken ·

Danie, nogal moeilik as jy in die voorstede woon en ‘n redelike groot hond het…. Of in ‘n woonstek bly en ‘n klein Yorkie het….

Annelize ·

Danie, dis algemene gebruik dat die Veearts ‘n dier laat veras, teen ‘n fooi natuurlik. Veral waar die dier dood is aan ‘n siekte soos Katgriep. Dis ‘n virus, en sover my kennis strek moet so ‘n karkas veras word.

Kobie Welgemoed ·

Daar is iewers n veearts skuldig. Dit gaan maklik wees om die persoon te kry. So persoon behoort nooit weer te praktiseer nie. Dit kan ook wees dat die maatskappy wat die diere moes veras het, skuldig is.

Theresa ·

Julle is siek verby man!! Mag julle kry wat julle toekom!! Daardie arme diere het julle niks gemaak nie.

Madeleine ·

Crazy!! Veearts wou nou geld spaar maar NOU gaan hy niks oor he nie….

Woedend ·

Dis baie hartseer. Sal mense hul kinders so dump wat regtig lief is vir hul kinders want soos mens jou kinders behandel so moet diere ook. Wonder of die diere inentings gehad het want dan kan n dier katgriep oorleef. Dit is siek dat n veearts dit kan doen. Ek hoop die mense wie se diere dit was gaan maak n saak.

Daleen ·

Ek is ook van Rustenburg – ek hoop hierdie naam word bekend gemaak sodat ek weet watter veearts NIE te gebruik nie.

Adel ·

Ek stem saam, hoop ook die naam word bekend gemaa (ons woon ook in Rustenburg)…… Dit is afskuwelik en ek wil beslis nie so veearts gebruik sou een van my honde kinders hulp kort nie.

Alicia Pienaar ·

Wat gaan aan met die mensdom? Hierdie liefdevolle diere was op n stadium ‘n dier na aan iemand se hart en jy raak so ontslae van dit met geen respek nie? Hierdie babas soek net liefde, respek tot op die einde… Breek my hart..

Martie ·

Om ‘n dier uit te sit is reeds baie hartseer, om die dier se lyk dan in ;n veld gegooi kry is nog freaking erger. Die veearts moet maar boet

Woedend ·

Dis baie hartseer. Sal mense hul kinders so dump wat regtig lief is vir hul kinders want soos mens jou kinders behandel so moet diere ook. Wonder of die diere inentings gehad het want dan kan n dier katgriep oorleef. Dit is siek dat n veearts dit kan doen. Ek hoop die mense wie se diere dit was gaan maak n saak.

Nicolette van Schalkwyk 1 ·

Wreed en siek verby…. Die arme onskuldige diere

Christien vd Westhuizen ·

Ek sou die klits kwyt gewees het as dit my diere was hoe doen jy so iets ag nee dis nie mooi

Ulandie ·

Ek sal ook graag wil weet wie hulle is. Ek is ook van Rustenburg

Rina ·

Sjoe ek hoop die ware oortreder kom na vore. Gelees in plaaslike koerant rowers gee weer honde gif. Wees paraat.

Foxi ·

Ek wil ook! Maar sal eerder hoë bloedruk bekom as om iets erg te te sê. Wreedheid in die ergste aard al was hulle vankant gemaak. Mensdom is siek!

Anni ·

Hel Ja, en ek het ook Al Van my honde laat uit sit agv kanker. Nou wonder ek ook, word hul regtig veras. Hoop di Veearts word geidentifiseer en geskrap vd “rol”

Sarue ·

Kom ons Rustenburgers staan saam en boikot alle veearts totdat die veearts se naam bekend gemaak word. Ons diere liefhebbers moet nou saam staan.ons dring aan dat die naam bekend gemaak word. Anders neem ons die reg in ons eie hande

Swannie ·

Dis maklik om te sê alle veeartse moet geboikot word,maar intussen ly jou eie dier daaronder wat mediese aandag benodig — so wie sal jy sê is nou die wreedste ?

Anneke ·

Bergbos het reeds n verklaring uitgereik dat dit nie hulle is nie. Voorts staan hulle die DBV by in hul ondersoek.

Erika ·

Mag hy nooit weer in sy lewe met diere werk nie. Hoop hy word vandie rol geskraap.
Wonder wat sal sy verskoning wees…..

Mic ·

Ek hoop wanneer sy naam genoem word Dat NIEMAND ooit weer daardie veearts Sal ondersteun nie… Hy/sy is obviously nie Lief vir diere nie.. Sies!

Lee ·

Dink net hoe erg was dit vir die einaar van daardie arme dier om hom te moes vat om te laat uitsit in die eerste plek. Glo my dis hartverskeeurend. Ons was al daar deur en die seer raak nie beter en nou lê jou arme honed-kind in ‘n veld gedump!!! Wat sy lisensie weg. Dis wreed!!!

Ria Naude ·

Dis waarvoor ek nog altyd bang is. As een van my honde moet uitgesit word, wil ek by wees. En my hond kom saam met my huistoe waar ek hom of haar sal begrawe…Ria.

Johanna ·

Ek het gedink ‘n veearts gaan vir lang en duur studies juis omdat hulle die liefde vir diere het. Blykbaar nie almal nie! Ag nee. Dis skokkend.

Annelize ·

Nee Johanna, hier in Rustenburg gaan dit mos net oor Rand en sent, en wie en wat jy is, en wat jy besit en in watter skool jou kind is, en wie jy ken.
Hier sal bloedbroers mekaar in die grond in trap vir 5 sent se gewin.

hercu ·

my yorkie, labrador en twee katte is nie diere nie, hulle is my vriende en gee net onvoorwaardelike liefde

mense maak my kop seer!!

Jackie ·

Ek dink ons as honde mammas en pappas wat in Rustenburg woon het die volste reg om te weet watter veearts dit is. Ek is nou te bang om my honde na enige iemand toe te vat. Ek was nog altyd mal oor my veearts maar nou is daar twyfel in my hart. Kan iemand asb ons help dat ons weet wie om te vertrou en wie nie

RHG ·

Ek wonder mos nou of dit die veearts is of die verassingsonderneming wat hier skuldig is. Het ‘n veeartspraktyk sulke groot verkoelingsfasiliteite of eerder die verassingsonderneming? Ek dink mos dis dalk lg. Wag tot hulle genoeg karkasse het voordat die sekerlik elektriese oonde aangeskakel word.
Ek weet nie hoe die dinge gedoen word nie, maar wonder net.

Eddy ·

Onthou daar naby is Thandi Modise en sy was daarvan beskuldig dat sy haar diere op haar plaas verwaarloos het.??????????

Bossie ·

RHG, jou argument dra meer gewig. Mense gooi darem blitsig klippe. Ek dink nie enige veearts sal so dom wees en so onverantwoordelik optree nie. Dalk is die veearts glad nie bewus van hierdie treurspel nie en dan het almal hom reeds skuldig bevind…

Y ·

Bossie en RHG ek stem saam. Kry eers die hele storie . Dit is nie n mooi verhaal nie en my diere is nes my kinders . Om so iets te lees breek my hart,maar voor ons die veearts kruisig en onder die bus gooi , kry eers al die feite. Nie almal kan hul diere vriende huistoe vat na hul uitgesit word nie. Ek het het ook die opsie van verassing gehad maar gekies om haar self te begrawe. Sterkte aan die wat hulle vierpotige vriende moet gaan uitken.

T ·

Sou dit ‘n veearts wees, is hy/sy ‘n stuk gemors wat dit net doen vir geld en moet dié onmiddellik van die rol geskraap word

Net so ·

Veeartse verwyder nie karkasse nie. Dit is of die munisipaliteit of n verassings besigheid. Munisipaliteite het in ander omgewings nie hulle verpligtinge rondom karkas verwydering korrek na gekom nie nl. n gat moet gegrawe word en toegestoot word.

Delia ·

Wag eers voor julle klippe gooi.
Dalk is dit die maatskappy wat verantwoordelik was vir die verwydering van die diere wat die diere net daar gestort het.
Ek wil glo n veearts sal nie so iets doelbewus toelaat.
Verrassing van ons hond het R2500 gekos.
Nie almal het daardie geld.
Moenie te vinnig oordeel.

Fourie ·

Waar kan ek gaan kyk na die honde se fotos op Facebook. My man het n yorkie gehaad, ons het in RTB gebly en die eendag het ons by die huis gekom en die hondjie is weg, hy was al oud. Kon nooit die hondjie kry nie.

Sproetjies ·

@ Fourie – Op facebook is daar twee plekke – Rustenburg Straatlopers en SPCA Rustenburg waar alle foto’s van die diere geplaas was vir eienaars om hulle uit te ken.

Lorette ·

Ai mense, sommige mense lees nie die berig behoorlik nie en dan word veearts beswadder voordat die waarheid uitgekom het. Die saak is in die polisie se hande en hulle weet watter veearts betrokke is, MAAR wie sê dit is wel die veearts wat skuldig is en nie dalk die mense wat die diere moes veras nie? Terloops, indien moontlik, begrawe jul diere self in erf of dan in veld. Gooi Landboukalk uit oor die dier en dan vergaan alles. Dit is raad wat ek vanaf my veearts ontvang het ten opsigte van een van ons lieflingsperde! Ek het gat laat grawe, 50kg kalk oor hom uitgegooi. Twee jaar later het ek WEER op dieselfde plek ‘n perd laat begrawe en van die vorige perd, was net 2 of 3 bene oor. Ek begrawe nou al my diere so in my eie erf. Daar is GEEN reuk nie en vir ‘n kat gebruik ek die helfte van 5kg sakkie. Vir groter hond hele 5kg. Ek kan dan self van my diere afskeid neem al moes veearts uitsit agv watter omstandighede ookal. Kom ons laat die gereg maar optree en hoop Maroela Media sal ons op hoogte hou van wie skuldig is aan hierdie wandaad.

Hansie ·

Ons het ook n stel afgetrap. My skoonma se ou hond laat uitsit oor hy erg gely het, maar toe sien ons toevallig hoe hulle die honde op die munisipale ashoop weggooi. Dit was oor n naweek, en maandag is ek terug om die hond op te eis. Ek moes meer as n uur wag, aangesien een van die werkers met sy kombers vort is. Toe ek uiteindelik die hond kry was hy nog warm, so die arme hond moes die hele naweek daar le en ly, want die verskoning was dat hul koelkamer nie werk nie. Ek het die storie koerante toe gevat, maar niemand wou die storie publiseer nie omdat die veearts n gesiene persoon was

Johan Swart ·

Ek is jammer…maar al my diere wat moes uitgesit word agv pyn waarvoor niks gedoen kon word nie , het ek self in my arms vasgehou en styf teen my gedruk en met die een hand oor hullle oë,terwyl ek met hulle praat waar hulle dan ingespuit word en pap raak in my arms…ek hou hulle dan vir ten minste nog 5 minute vas,terwyl ek nog met hulle praat….totdat die brein ophou funksioneer…..dis moeilik,ek huil heelpad…maar dis die meeste wat ek kan dien…….God sal julle straf,Hy het ons opdrag gegee om omtesien na die diereryk.

Johan Swart ·

Sommige veeartse maak van n derde party gebruik wat die verassingsdiens aan hom lewer…hulle kollekteer die diere,maar stort dit iewers en hou die geld.

Kyk maar na die septic-tenk vragmotors wat n diens lewer om die riool uit jou tenk te kom pomp,hulle kry die geld,maar pomp die rou riool net weer uit in spruite ipv om die munisipaliteit te betaal om dit te verwerk….kyk maar by Rosashof se bruggie weekliks stort daai tenkwaens die rou riool in Rietspruit,wat by Loch Vaal uitmond. So ook by die Kliprivier (spruit ) langs die N1 suid omtrent 10 kilometer buite Grasmere net voor jy die Randfontein brug kruis,hulle staan daar en uitpomp in die spruit in..jy ruik dit in die verby ry….so word ook ander bourommel,mediese afval gestort waarvoir duur betaal word.

Debbie van der Merwe ·

Ek het ook ‘n hond ontdek by die plotte waar ons bly ook net so in die veld gelos half in ‘n plastiek sak die einde Julie. Die hond was al klaar ‘n paar dae daar want dit was besig om te ontbind. Dit wil voorkom dat die vearts wat die honde in die veld stort het vroer begin as wat aangemeld is. Ons bly naby At se Gat. Die eienaar van die plot het die hond begrawe. So jammer dat mense dit doen, veartse is veronderstel om geneedheid te hê vir diere en hulle nie wreed te hanteer nie – lewend of dood.

Anne-marie Barnard ·

Dis net onmenslik… kan nie verstaan hoe iemand so ongevoelig kan wees nie.
Diere het net soveel reg as mense, die enigste verskil is hulle kan nie vir hulself opstaan nie.
Hoop die skuldige party kry wat hom toe kom!

Gert ·

Die som is maklik, indien jy nie respek vir n dier het nie, het jy ook nie respek vir n mens nie, AMEN!!
Die betrokke veearts sal seker nou weer een of ander flou verskoning hê. Ek wil hom uitnooi om na my toe te kom as hy siek voel, ek sal hom baie mooi help!!

Feite ·

Net gou n vraag: Waarheen word diere gevat nadat hulle uit gesit word by die veearts?

As die eienaar nie persoonlik vir verassing gereel het nie? Waarheen dink die meerderheid van diere eienaars word die karkasse geneem?

Vra net?

Stephan Jansen van Vuuren ·

Waar is die fotos geplaas, want as my hondjie daar is gaan iemand pak kry…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.