Kerkgroep hof toe oor verpligte inentings

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Thomas Lohnes / AFP)

Die kerkgroep South African National Christian Forum (SANCF) het hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien met die doel om verpligte inentings in Suid-Afrika stop te sit.

Hulle hoop ook om met dié regsaksie ʼn einde aan die algehele inperking te maak.

SANCF word deur Schalk van der Merwe, ʼn arbeidsregkenner en menseregteaktivis, bygestaan.

SANCF en Van der Merwe meen verpligte inentings is ʼn growwe skending van menseregte wat tot op die hoogste vlak beveg moet word.

Die respondente in die saak is die president van Suid-Afrika en die ministers van samewerkende regering en tradisionele sake, gesondheid, arbeid en justisie.

Van der Merwe staan SANCF onder meer by met die insameling van getuienis en die voorbereiding van regsargumente.

Schalk van der Merwe is ʼn arbeidsregkenner en menseregteaktivis. (Foto: Facebook)

“Ek is nie ʼn sogenaamde anti-vaxxer nie. Ek het nie ʼn probleem met die toedien van veilige, beproefde entstowwe nie. Ek is ʼn pro-regte-aktivis. Jy kan nie menseregte met ʼn mediese ingryping aantas nie.”

As arbeidspesialis hanteer Van der Merwe ook verskeie mediasie‑ en arbitrasie (CCMA)-verwante sake van werknemers wat weens gedwonge inentings – spesifiek teen Covid-19 – afgedank is.

“Ek oordryf nie as ek sê ek word oorval deur duisende klagtes van menseregtemisbruike en gedwonge inentings nie.”

Maroela Media het in Junie vanjaar berig dat werkgewers ʼn beleid mag instel wat vir verpligte inentings teen die koronavirus voorsiening maak.

Verskeie ondernemings en universiteite het sedertdien aangedui dat hulle wel dié roete gaan volg. Onder dié is Old Mutual, wie se verpligte inentingsbeleid in Januarie 2022 in werking tree. Discovery het ook vroeër vanjaar aangedui dat hulle so ʼn beleid sal instel.

Van der Merwe sê hy het ook honderde klagtes van entstofverwante gesondheidsprobleme ontvang, wat wissel van erge hoofpyne tot ernstige siektetoestande soos die ingee van organe en selfs sterftes wat glo met Covid-19 entstof verband hou.

Die kerkgroep South African National Christian Forum (SANCF) het hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien met die doel om verpligte inentings in Suid-Afrika stop te sit.

“Daar is soveel gevalle dat ons dit na ander prokureursfirmas sal moet uitplaas, bloot omdat dit te veel vir een of twee prokureurs is om te hanteer.”

Volgens Van der Merwe is daar veral ʼn hoë voorkoms van ernstige newe-effekte van entstof in Secunda, Mpumalanga.

“Hierdie sake moet so vinnig as moontlik gedryf word sodat daar ʼn einde aan gedwonge inentings gebring kan word.”

Van der Merwe sê die regering het boonop al by verskeie geleenthede onderneem om geensins wetgewing in te stel wat inentings sal verplig nie.

Hy sê hulle het reeds ʼn saaknommer ontvang, maar dat dit waarskynlik nog ʼn rukkie sal wees voordat die saak op die hofrol geplaas word.

“Ek doen ʼn beroep op alle mense in die land – ingeënt of nie – om ons saak te steun. Dit gaan oor baie meer as die neem van ʼn inenting. Dit gaan oor menseregte.

“Dis in belang van elke landsburger om gedwonge inenting teen te staan. Dis elkeen se volle reg om self ʼn ingeligte besluit te neem oor of hulle die entstof teen Covid-19 wil ontvang of nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Michael ·

Dis jou goeie reg om so versigtig te wees as wat jy wil en soveel inspuitings te kry as wat jy wil en soveel maskers te dra as wat jy wil en te kom waar jy wil en weg te bly waar jy wil. Maar dis nie jou of enige regering se reg om my te dwing om dit ook te doen nie. Dis die eintlike kwessie

Anel ·

Dankie Schalk. Iemand met gesonde verstand. Jy het my ondersteuning 100%.

LIEZL ·

Stem saam of stem nie saam nie. Dis jou eie keuse. En niemand kan enigeen dwing tot enigiets nie. Ek het niemand aangemoedig om die ‘inenting’ te kry nie. Hoekom moet daar nou iets op my afgedwing word? In die laaste jaar het ek meer mense sien doodgaan aan ander siektes en probleme. Dit word nie genoem nie. Kanker, Diabetes, hartsiektes, ongelukke, selfmoord, moord. Waar is hierdie statistieke?

Charl Albertus ·

In Namibië is daar ook ‘n aksie groep teen verpligte entings. Die word gedryf, onder ander, deur dokters, regsgeleerdes, plaaslike politikuste, ens.

Gevaar is dat as die staat een van jou regte vat, wat vat hulle môre.

Samuel ·

Schalk van der Merwe doen die regte ding. Beproefde inentings is een ding, maar Covid-19 inenting is nog in proef fase. Gedwonge inentings is boos.

Oom Hennie Pennie ·

Baie dankie dat mense begin opstaan teen die tiranie.

Nicki ·

“skending van menseregte” … verseker en AMEN, maar dit is ook ‘n skending van ‘n hele klomp landswette, soos die wet om privaatheid, die arbeidsreg, ens ens ens… Hoe kan so baie lands wette net uitgewis word?

Althes ·

Die wat bang is om ernstige Covid op te doen, laat hulle hul inent.
Die wat nie gemaklik is met die entstof weens mediese redes of geloofoortuigings, laat hul die reg hê om nee te sê.
Die griepinspuiting werk dieselfde. Nie almal glo in dit nie en nie almal neem dit nie.

Papsak ·

Dankie vir die kerkgroep schalk ek staan viervoetig agter jou bly jy sien raak dat dit kwaai menseregte skending is en dat alles gestop moet word ek glo in my God hy sal ons deur dra sterkte trots op jou

Gods ·

Ons het nog steeds regte in hierdie land, en moet opstaan daarvoor. Ondersteun hierdie saak!

Andrew ·

Jammer maar as jy gevax is KRY JY nogsteeds COVID-19 en as gevax is STEEK JY nogsteeds ander aan. GEEN VERSKIL op die wie steek wie aan nie, hoekom jy nogsteeds n masker moet dra. Let op die woord “nogsteeds”

Delia ·

Vreemd Dat geen werknemer Wil weet of sy werker TB het nie of HIV. Daardie informasie is konfidensieel. Maar daar mag aan jou gevra word of jy ingeent is.
Ons het van die hoogste TB en HIV syfers in die wereld. Om van hartsiektes en kanker nie eers te praat…
Ek is laas week soos n uitgeworpene geviktimiseer deur n Dr omdat ek nie die inenting Wil he nie. En terloops ek is nie n anti- vaccer nie. Ek is net prokeuse.
Toe ek haar antwoord Dat ek n tumor het wat ek nie weet of dit kwaadaardig is nie, vandaar die covid toets voor die operasie, was ek eers in fie moeililheid.
Is daarvan beskuldig Dat ek nie omgee of sy doodgaan nie en ook seker nie omgee as n dronk bestuurder mense doodry nie.
Ek was stomgeslaan en het gevoel of my mense regte vertrap is. Al wat ek wou hé, was n covid toets. Sonder dit kon ek nie teater toe gaan nie.
N ongelooflike slegte ervaring…..

Carolina ·

Rapporteer dit aan Schalk, hy werk met sulke gevalle – tyd dat hulle aan die lig gestel word!

Tienie ·

Bravo bravo bravo Schalk.

Mag ons SKEPPER jou muldelik seën in jou werk wat jy doen.

My body….my choice. No Jab for me.

Binnekort sal ons nie meer bekend staan as “nonvaxxed” nie MAAR as die PURE BLOODED

Alet ·

Daar is wereldwyd nou soveel optogte teen hierdie tiranie, in ,italie, frankryk, nederland,australie, oostenryk ens ens. Ek sidder as ek dink wat hier gaan gebeur as hulle mandate instel op groot skaal, want opstande hier raak altyd gewelddadig

Sarel ·

Hoeveel Growwe Menseregte Skendings vind in hierdie
Land plaas masr julle verkies inentings en imperkings??

Carolina ·

So bly dat daar nog mense met ‘n ruggraat is wat opstaan teen hiertoe sadistiese diktators!! Wel gedaan Schalk, ons is 100% saam met jou! Dit verwonder my dat daar nog so baie oningeligtes met hulle aanduiding op die negatiewe opmerkings!

Elize ·

Wel dan moet die kerke ophou kla oor die beperkings. Hulle moet nou besluit wat hulle wil he. Dis of die een of die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.