Werkplek mag nou Covid-19-inentings verplig

Werkers sal mediese of grondwetlike redes moet verskaf indien hulle weier om die entstof te ontvang. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Werkgewers mag nou ’n beleid instel wat vir verpligtende inentings teen Covid-19 voorsiening maak.

Dié bepalings oor beroepsgesondheid en veiligheid is Vrydag deur die departement van arbeid en indiensneming in die Staatskoerant aangekondig en is van toepassing op alle werkgewers, behalwe dié wat hulle eie voorskrifte het, soos myne en skepe.

Werkers het egter die reg om inentings op mediese en grondwetlike gronde te weier, mits dié redes gestaaf kan word.

Mediese redes verwys onder meer na  ʼn erge allergiese reaksie ná ʼn vorige Covid-19-inenting,  ʼn erge allergie vir ʼn bestanddeel van ʼn Covid-19-entstof, ʼn probleem van bloedklontvorming voor of ná die ontvangs van ʼn eerste dosis entstof en in hierdie stadium swangerskap.

Grondwetlike gronde sluit in die reg op liggaamlike integriteit, asook die reg tot vryheid van godsdiens, oortuiging en mening.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig dat daar heelwat agterdog en skeptisisme onder Suid-Afrikaners oor die entstof is en dat talle mense bekommerd is oor die moontlikheid dat hulle gedwing gaan word om die inenting te ontvang.

Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris van strategie en volhoubaarheid by die vakbond Solidariteit, verduidelik dat risiko-ontleding egter eers gedoen moet word ten aansien van elke werkplek en sy bedrywighede asook elke werknemer.

“Dié vereiste van die aanwysings is grotendeels ʼn herhaling van die vereistes ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid wat vereis dat die werkgewer ’n veilige en gesonde werkplek moet verseker – onder meer deur middel van ʼn behoorlike risiko-ontleding en die daarstelling van maatreëls om die risiko’s by die werkplek te verwyder of beheer.

“Dit sal onwettig wees as die werkgewer ’n eensydige, arbitrêre besluit afdwing sonder om ’n risiko-analise te doen, met werknemers te konsulteer en hul besware in ag te neem.”

Volgens Mardon is die doel van dié ontledings om die risiko’s van Covid-19-infeksies by die werkplek te bepaal en te besluit of inenting verpligtend gemaak moet word of nie.

Dít, sê Mardon, sal egter in oorleg met die verteenwoordigende vakbonde asook gesondheid- en veiligheidskomitees by die betrokke werkplek gedoen moet word ten einde kollektiewe ooreenkomste te bereik.

“Die aanwysings stipuleer ook duidelik dat werknemers onder meer ingelig moet word van hulle reg om die inenting op grondwetlike of mediese gronde te weier.

“Indien ’n werknemer sou weier om ingeënt te word, moet werkgewers die betrokke werknemer onder meer toelaat om leiding van ʼn gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger of ’n vakbond te kry. Die werkgewer het die reg om die betrokke werknemers vir verdere mediese evaluasie te verwys en moet, indien nodig, billike stappe doen om die werknemer te akkommodeer.”

Ingevolge die bepalings is werknemers ook geregtig op betaalde aftyd of verlof om die inentings te ontvang en indien hulle newe-effekte as gevolg daarvan ondervind.

Hoewel die aanwysings nie spesifiek voorsiening vir ontslag maak nie, sê Mardon dat

die ontslag van werknemers wat sou weier om ingeënt te word, wel moontlik is.

“Daar sal egter baie goeie redes moet wees waarom ʼn werknemer nie geakkommodeer kan word nie, eerder as om hom of haar te ontslaan.

“Werkgewers sal ook ten alle tye gepaste arbeidsregtelike prosesse behoorlik moet nakom vóór hulle ’n werknemer kan ontslaan.”

Mardon sê egter dissiplinêre stappe kan werkers wat onbillik en sonder rede weier om ingeënt te word, in die gesig staar. Dit kan tot ontslag lei.

Mediese ontslag is moontlik waar ’n werknemer op grond van billike mediese redes nie die inenting kan ontvang nie, maar nie deur die werkgewer geakkommodeer kan word nie.

Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van die werknemersvereniging Neasa, sê dat hulle werkgewers sal afraai om ’n verpligte inentingsbeleid in te stel.

Benewens die risiko’s wat verpligte inentings vir werknemers kan inhou, soos ontslag, sê Papenfus die instelling van ’n verpligte inentingsplan kan ook verskeie risiko’s vir werkgewers inhou.

“Die reg van ʼn werkgewer om verpligte inentings op te lê waar die werkgewer dit goeddink, plaas geen verpligting op die werkgewer om dit te doen nie.

“Die implementering van só ’n plan sal sonder twyfel eise van onbillike ontslag tot gevolg hê weens diskriminasie omdat ’n werknemer weier om die inenting te ontvang.”

Volgens hom sal dit uiteraard nie ’n maklike taak vir ’n werkgewer wees om in dié geval te bewys dat ’n werknemer om billike redes in die pad gesteek is nie.

“Dit is moeilik om te begryp dat in ’n land wat roem op die beskerming van grondwetlike regte, die regte van ‘n werknemer so maklik deur ’n blote eensydige beleid geskend kan word, wat sy of haar gesondheid, werk en finansiële veiligheid in gevaar stel.

“In die lig van die risiko’s wat dié maatreëls vir werknemers en werkgewers inhou, kan Neasa eenvoudig nie die beginsel van verpligte inentings ondersteun of aanbeveel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Brett ·

Hoe kan jou werksplek die staat president ondermyn……. “No person shall be forced to take the vaccine” Dus skending van mense regte.

Baardman ·

Dis duidelik dat die president ondermyn word vanaf die heel eerste inperking, onthou maar hoe hy belowe het daars geen beperking op sigarette, net om te hoor NDZ besluit anders, ens ens ens

Francois Le Cochon ·

Die Pres het dit voor Vrydag gese^. Dinge verander.

Cherokee ·

Maar nòu is drankwinkels toe op Vrydae, Francois. (Ek hou van jou sin vir humor:-)

Mariana ·

En so verdwyn die vrye keuses van mense ook. Mense gaan gedwing word om inentings te kry wat hulle nie wil hê nie. Met die swak vordering vir inentings is hierdie reël of verpligting is onaanvaarbaar. Menseregte word nou direk geskend.

Francois Le Cochon ·

Ons Grondwet en Menseregte is volgens die reel, nie die uitsondering nie, daarom is dit nie absoluut nie.

Phumba ·

Stap 1 – Werkgewers kan dit vereis/ afdwing
(ook n rookskerm vir die staat om die werkgewer te maak betaal vir die ent)
Stap 2 – Staats beheerde departamente/ geboue kan toegang weier indien nie ge-ent nie.
Stap 3 – Winkels kan dan ook toegang weier indien nie ge-ent nie.

As jy jou kan kry kan jy nerens gaan sonder om te bewys dat jy ge-ent is nie (pas boeke) welkom by die wereld van die nuwe “smart ID”

Cherokee ·

Paragraaf 3
Werkers het egter die reg om inentings op mediese en grondwetlike gronde te weier, mits dié redes gestaaf kan word.

en dit word opgevolg een paragraaf verder, met:

Paragraaf 5
Grondwetlike gronde sluit in die reg op liggaamlike integriteit, asook die reg tot vryheid van godsdiens, oortuiging en mening.

Lourens CFG ·

As my werkgewer dit vir my sê, vertel ek hom net daar wat hy met sy in-ent én werk kan doen.
EK EN MY VROU HET SAAM BESLUIT ONS KRY NIE DIE OF ENIGE ANDER ENTSTOF NIE.

Hendrik Marthinus ·

Jy en jou vrou werk seker saam en alleen die eienaars van julle 2 man besigheid.
No prob Los Dan die vaccine
Maar as jy Meer employees het gee jy wragtig nie om vir hulle nie
Dankie tog ek werk nie vir jou nie, want jy worry net oor jouself

Pieter ·

Natuurlik gee ek eintlik net om vir my en my gesin, nes al die ander op die planeet wat te skaam/bang is om dit te erken. Ek is nie daar om na die ander 60 miljoen om te sien nie, en ek gee alreeds my TAX vir hulle sonder om iets terug te kry.
Dra jou masker om jouself te beskerm, ek gaan nie masker dra om ander beter te laat voel nie, ek verkies vars lug in my longe.

Johann ·

Meer as vyf duisend al dood van die inenting; toe daar vyftig mense sterf van die inenting teen vark-griep, toe word dit gestaak.
Ivermektien dosisse oorskry nou ook al twee biljoen, waarvan sestien mense dood is sedert dit in die negentien sewentigs begin gebruik is.

Persheks Adri ·

Vraag aan die slim mense:

Diabetes, hoë bloeddruk, cholesterol, hartprobleme ens word dit in ag geneem as jy op kroniese medikasie is? My man ly aan al die bogenoemde…

In my oë bly dit jou persoonlike keuse en mag hulle dit nie forseer nie! Wat het geword van niemand word verplig om geënt te word nie?!?

Hendrik Marthinus ·

Adri
Miskien moet jy dalk oorweeg om die vaccine te vat
Jy is soos jy self se in die kategorie van gevaar.
Ek Sal dit vat as ek jy was, natuurlik Sal ek my Dr spreek voor ek Enige iets Sal doen
Ek Ken iemand wat hart probleme het en oor 60 is en Sy spesialis het gese vat die vaccine
Die persoon is in gespuit, geen negatiewe effekte Ondervind nie.
Ons praat van amper 2 maande terug, en soos ek verstaan is die persoon Baie Meer gerus etc
Natuurlik dra die persoon masker en kom alle reels na
Hoop jy gesels met jou dokter en as hy se moenie, weet jy ten minste wat jou opsies is
Baie sterkte

Gerhard ·

Praat eerder direk met n dokter wat iets van inentings en die moontlike effekte af weet as om hier vir n klomp facebook proffesors te vra.

Charles ·

Werkgewers wat dit vereis gaan oor ń paar jaar sonder werknemers sit.

Boerkind ·

Daar is ‘n oorgrote klomp sheeple wat toue staan vir die inenting…

Hendrik Marthinus ·

Glo nie so nie, se liewer Ander staan solank en wag vir jou werk/posisie
Kyk bietjie na die werkloosheid syfer, die een sonder werk is vanaand op Sy kniee en se dankie vir Ramaphosa

Hendrik Marthinus ·

Geluk Charles
Hoop jy maak Baie geld en vind geluk

Jedi Knight ·

Jip, nie almal eet die staat se genadebrood nie. Sommiges is werkgewers in die privaatsektor.

MakersMark ·

Jy is 100% reg maar dit sal geld definetief vir staatsinstellings en groot maatskappye. Mikro besighede en one man bands sal waarskynlik doen wat hul wil. En aanhou kwaad bly vir CV19 oor hul gesukkel.

Hendrik Marthinus ·

Stem met jou
Die manne wat so kla is sekerlik eienaars van grassny dienste
Het elke dag iemand Anders wat hy optel, te bang om UIF etc te betaal
Hulle byt arbeid uit

Alet ·

Jip en dis hoekom alles uitmekaar val in die land. Indiensneming geskied nie meer volgens kandidate se vermoë om die werk te verrig nie. Ander criteria word gebruik. Dis hoekom staat sit met 4 of 5 mense om een mens se werk te doen. Self groot maatskappy want word deur die regering gedwing om seker indiensneming beleide te volg. Vat Eskom as voorbeeld. Hulle het hoeveel tegnici wat veronderstel is om instandhouding te doen? Hoekom is Babcock permanent op hulle site vir instandhouding? En dis hoekom ons so duur betaal vir krag.

Francois Le Cochon ·

Niks nuuts. Skole neem al vir baie jare nie kinders in wat nie ingeent is teen pokke, masels, polio ens. Niemand het nog ooit daaroor gekla nie.

MakersMark ·

Stem saam maar hier het jy die brigade wat alles sal sê om CV19 te blameer vir hul finansieele probleme. Sal selfs weier om ingeënt te word want dis die “great reset agenda” en die beheer wat wêreld leiers wil uitoefen. Dis klein iq agendas. Intussen het Edward Jenner die eerste inenting teen pokke in 1780’s gedoen. So lank terug. Gaan mens se verstand te bowe.

Gerhard ·

Ek stem saam met jou. Ons is almal ok daarmee om inentingssertifikate te gee vir ons kinders as hulle by n skool begin want skole vereis dit. Hoekom is dit ok maar as dit van ons vereis word is dit nou skielik so n groot probleem. Soos jy gaan ek seker nou maar gekruisig word hiervoor maar dit voel vir my bietjie na dubbel standaarde.

LANA is ELANè ·

Goed nagevorste entstof deur viroloë verskil hemelsbreed van die drek wat hulle nou ‘n entstof noem.

Pieter ·

Enige persoon wat nie die enstof neem nie stel ander se lewe in gevaar – daar net daar verloor jy vryheid van keuse !!!

Anton ·

Soos n krimineel sy mense regte verloor as hy iemand vermoor?

Persheks Adri ·

Nou wat stel jy voor vir die mense wat op kroniese medikasie is en siektes onder lede het? Van ons kan dit nie doen nie die risiko’s is te hoog en nou moet ons dit net vat wetende jy’s klaar siek?

Phumba ·

Niemand het jou keuse om die ent te neem gekeer nie – so hoe is jou regte ingeperk?

Hendrik Marthinus ·

Well done Peter
Stem. 10000% saam jou
Die werkgewer is daar om almal se lewens te beskerm
Die rugleers wat nie Wil inenting ontvang stel my en jou lewe in gevaar
As hy of Sy die reg op keuse Wil uitvoer vat die pad Aus of NZ toe

Bushy ·

As ek so na die stemme kyk lyk dit vir my jy is die een wat sal moet pad vat Hendrik Marthinus.

Karlahari ·

Hallo HM.
As jy inge-ent is hoe kan ek wat nie die entstof neem vir jou n bedreiging wees, jy us mos nou veilig? Of vertrou jy nie die saamgeflanste konkoksie nie?
Ek verkies om natuurlike immuniteit op te bou.

Boerkind ·

Watter gevaar?? Jy is dan inge-ent?? Of help jou inenting nie?? Kom nou!

Elinette ·

Wel, ander mense is welkom om van my af WEG TE BLY as hulle bang is ek steek hulle met die virus aan …

DieKriek ·

Ek verstaan nou nie mooi nie. Gewone mense van werkende ouderdom is laaste op die lys vir inenting. Daar is boonop n tekort aan entstof. Hoe kan n werkgewer dan verwag dat mense ingent word as daar so n lang wagtydperk is?

koos ·

En so. liewe leser, is dit al lankal die begint van die einde, soos in Openbaring voorspel. Uiteindelik gaan jy die merk van die dier op jou hand of voorkop moet kry om te wys jy is ingeënt, anders kan jy nie kos by die winkel gaan koop nie. Jip, dit het inderdaad begin.

Bushy ·

@koos – Voor openbaring, wie het toe die ondergang van die romeinse ryk voorspel? en die ondergang van die ryke voor hulle. Alles kom tot n einde om een tydstip of n ander. Geen nodigheid vir voorspellings, selfs Amerika gaan eendag tot n val kom, en China die wereld regeer en dan op sy beurt tot n val kom. Dis n siklus en niks sal dit stop nie.

Cherokee ·

Koos, hier sê jy presies waaroor my vrou en ek gisteraand gesels het. Dit is tè naby aan ‘n voorspelling wat meer as 2000 jaar gelede op die eiland Patmos geskryf is deur Johannes, om geïgnoreer te word. As dìt nie raakgesien word nie, word dit met opset mis gekyk.

Karel Kobus Kruger ·

Ek sal nie my mense verplig om ingeënt te word nie.

Daniel ·

As ek dan die enigste persoon by die werk is wat nie gevaksineer is hoekom sal hulle my vrees? Beteken dit dan dat hulle nie glo die vaksien beskerm hulle nie?

Vlooitjie ·

En jy is okay om soos n skaap jou lewe oor te gee aan ‘n regering wat NIE ‘n duit voel vir jou nie. Dink jy regtig al die inperkings is suiwer om ons lewens te red. Word wakker, hier is groter goed aan die gebeur. AL ons vryheid gaan binnekort weggeneem word en dis nie Covid related nie.

Boertjieman ·

Julle berig is regsgesproke verkeerd! Die grondwet is die oppergesag van ons land en dus volgens die grondwet kan ”n werkgewer nie iemand dwing om geënt te word nie!
Julle berig opskrif en die berig self verduidelik misleidend twee sake en is eenvoudig nie korrek nie, of is korrek indien dit wel tot die slotsom kom dat inenting nie afdwingbaar is nie!
Julle sal’ ‘n korreksie op hierdie tipiese joernalistieke flater moet pebliseer!
Julle speel met woorde en verspry twyfelling met hierdie berig en in die opskrif!
Stel dit reg!!

Megan Swart ·

Dagsê Boertjieman
Baie dankie vir jou kommentaar. Aangesien die riglyne in die staatskoerant gepubliseer is, is dit ongelukkig so dat werkgewers nou die reg het om daarop aan te dring dat werknemers die inenting kry indien dit nodig, redelik en veilig is. Maroela Media het ook met verskeie arbeidskenners gesels en dit is ongelukkig die gevolg van die nuwe regulasies.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Bushy ·

Al is dit in die staatskoerant gepubliseer sal dit nog eers in die menseregte hof getoets moet word. Dis juis hoekom daar howe is.

Francois Le Cochon ·

Die minister se “directive” is gegrond op die wetlike verpligting dat werkgewers ‘n veilige werkplek moet skep. Een werknemer mag nie ‘n ander werknemer aan gevaar blootstel nie.

MakersMark ·

Definetief. Glo nie in sameswerings teorieë en “great reset” agenda nie. Dis 2021 nie 1721 nie.

Filistyn ·

Word wakker. Die vaccine is nog nie behoorlik getoets nie. Ek is niemand se proefkonyn nie.

MakersMark ·

Word wakker daar is al 2 bn dosisse toegedien wêreldwyd. So wie is nou die konyn ?

Alet ·

Feit is dat die in die res van die wereld toegedien is. Hoe stadig gaan dit in SA? Selfs Israel is beter met ente as SA. Wat ‘n joke! Gaan ek lekker met betaling by die huis sit tot ek my ent gekry het en dan eers weer gaan werk want die regering verplig ons mos?

Hendrik Marthinus ·

MakerMark
Soms Dink ek wragtig ons volk sien met een oog
Mense Bly se die vaccine is nie getoets nie, soos jy se hoe kan ek en jy n proefkonyn wees as net in SA al 2 miljoen mense ingeent is.
En ons praat van Dokters en Nurses wat weet van die onderwerp.
Wereldwyd Meer as 2 biljoen mense al ingeent, hoe kan ons kla om nie die vaccine te vat nie.
Ek stem 100% maak dit compulsory, Kom ons wen die virus man
Ons almal Wil sekerlik terug keer na die normaal

MakersMark ·

Hendrik dis maar halstarrigheid, gedryf deur ‘n tekort aan kennis asook ‘n interne woede oor kondisies wat ons nie kan beinvloed nie. Maar die goed gebeur so lank as die mensdom bestaan is daar peste, plae, oorloë en tragedies. Soos jy weet die intelligente persoon weet sukses kom nie deur wat gebeur nie maar hoe ons reageer op wat gebeur……ongelukkig kies baie die pad na disaster.

adriaan isak ·

duisende het gesterf na inentings.Lees CDC se webblad.

Drico ·

Ek wonder net oor die skielike geweldige toename wat ons hierdie jaar ervaar teenoor verlede jaar. Dis vir my net te toevallig dat net na die 1st klomp inentings toegedien is, daar reeds n styging in die positiewe gevalle getoon het en dit eskaleer geweldig. Die mense se redenasie oor inentings vir skole…daardie entstof is getoets oor jare en nie binne 6 maande nie, dit maak n baie groot verskil. Daar is nog te veel teenstrydighede om met sekerheid te sê hierdie entstof is veilig. Besef mense dat hul juis met covid 19 virus ingeent word? Dis logies dat daar n geweldige toename in positiewe gevalle gaan wees en indien jou immuniteit nie sterk en gesond genoeg is nie, gaan jy n bed in die hospitaal benodig. Daar was nog te min tyd vir behoorlike navorsing en hierdie entstof is n groter gevaar op die oomblik as die oplossing!

Gerhard ·

Hi Renata. EK stel voor jy doen behoorlik navorsing. Maroelamedia onder andere het al hoeveel berigte uitgebring wat verduidelik hoe die inentings so vinnig onwtikkel kon word. Daar is heelwat vooraf navorsing gedoen wat gebruik is as basis. 2dens was daar baie fondse beskikbaar gemaak om die navorsing te voltooi. 3dens, jy word nie met aktiewe covid 19 ingeeent nie maar met teenliggampies wat jou liggaam leer om die virus te beveg.

Elinette ·

Ek dink dit is omdat mense wat ingeënt is, dink hulle is immuun nou – daarom verslap hulle met beskerming en sanitasie asook sosiale distansiëring. En dan is daar natuurlik diegene wat hulle eenvoudig gaan geen wet, reël of regulasie steur nie. Tik my oor die vingers, as julle wil, maar ek sê hierdie virus en pandemie is “long overdue” – daar is honderde miljare mense mense op Moeder Aarde – die aantal wêreldwye sterftes aan die pandemie is maar ‘n druppel in die emmer. Dit is die natuur se manier om te muteer en minder te maak van dit waarvan daar ‘n oorvloed is.

Phil ·

En as die inenting my ernstig siek maak, dan dagvaar ek my werkgewer?
Want ek sal, laat daar nou geen twyfel daaroor wees nie.

Gerhard ·

Gaan kyk asb na statistieke van hoeveel mense newe effekte gewys het na inentings. Dit is enkele gevalle in n miljoen, so kanse is baie laag.

Rian ·

As jy die enkele gevalle uit n miljoen is, dan is dit 100% vir jou.

Francois Le Cochon ·

Jy het ‘n groter kans om in ‘n motorongeluk te wees op pad werk toe. Gaan jy dan dagvaar?

Jan ·

Dit gaan oor beheer en geldmaak, en die ANC volg instruksies van hul geldbase want korrupsie het hulle aan geld en mag verslaaf.

pestilensie ·

Dammed if you do , dammed if you don’t. Om werk te verskaf in die land is maar n blikemmer

Strandloper ·

Stem saam ja. Die doem profete kraam omtrent vanoggend!

Kwikkie12 ·

Die inenting is te kort op die mark om te mag verplig. Daar word uit die mediese veld in die VSA nou beweer dat as jy dit al gehad het jy reeds genoeg antiliggaampies opgebou het en nie inentings benodig nie dan uit England word berig dat mense wat die inentings gekry het nog sterf van die Indiese variant?? Daar gaan baie hofsake teen werkgewers gemaak word in hierdie rugraatlose land van ons waar niks meer sin maak nie!!

Karlahari ·

Ok.
So watter van die inentings is goedgekeur deur die mediese raad sonder n toets klousule?
Wat is die lang termyn effek van die inentings? 5 jaar plus?
Gaan die inentings herhaal moet word om effektief te wees?
Indien daar n sterfte of ernstige siekte ontstaan as gevolg van die toediening van die entstof wie is verantwoordelik? Die toets klousule stel beide vervaardiger en staat vry van eise? Gaan die werkgewer betaal?
Waneer word Fauci en Chinese labaratorium gedagvaar vir die mens gemaakte virus?
Te veel vra en te min konkrete antwoorde.

Deon ·

Dit is my God gegewe keuse om my liggam ye behandel soos ek wil….. Wat van sommer n tattoeer merk van ons lands wapen vir elke Suid Afrikaner dan kan ons sisn van waar ons is.

Gerhard ·

Hi Deon, as jy kinders het, het jy hulle laat inent? Het jy nie hul keuse weggeneem deur dit self te besluit nie? Hoekom is die inentings nou soveel anders as dit wat ons kry vir polio, masels en griep?

VaalDonkie ·

Polio en masels inentings is nie dieselfde as die COVID inenting nie. Die eerste twee gebruik verswakte of dooie weergawes van die virusse, die COVID entstof herskryf jou boodskapper-RNA sodat jou liggaam self die protein dorinkies vervaardig. En dit lei tot erge inflammasie so asof jy COVID het. En daar is nog nie langtermyn studies oor nagevolge nie. So daar is dit nou.

MakersMark ·

Snert so hoeveel mense het CV19 en inflammasie gekry agv inenting ? Ek ken bejaardes bo 85 wat se arm 24 uur seer was a inenting en dis verby.

Danie ·

Nee kyk, geen wonder ons suig aan die agter speen nie. Hoe verwag ons nasie om voorentoe te beweeg as almal hul ophou met hierdie vreeslike Nuwe Wereld Orde en The Great Reset en wereld populasie nonsens. Dis darem seker net soveel lekkerder om na die verskriklike DNA veranderende stories te luister wat jy op Facebook sien as om te aanvaar dat dalk maar net so vervelige storie is soos n gewone ent wat ons nodig het om te vat om te verhoed dat ons baie siek word en die verspreiding van n gevaarlike virus stadiger te maak.

Deon ·

As ek nie siek is nie, waarvoor moet ek dan medikasie gebruik? As jy bang is ek maak jou siek dan kan jy die medikasie gaan gebruik. En as jy dit dan nou gebruik het, waarom is jy dan bang ek maak jou siek?

Martie ·

Met ‘n geraamde 60 miljoen mense in SA gaan dit nog ‘n rukkie neem voordat ons gewone werkersklas in aanmerking gaan kom vir die spuite. So dis OK… ek sal geduldig wag en staatmaak op “herd immunity”.

Pieter ·

“Grondwetlike gronde sluit in die reg op liggaamlike integriteit, asook die reg tot vryheid van godsdiens, oortuiging en mening.” GEEN MANIER WAT EK INGEENT GAAN WORD NIE!!!

Robert ·

Ons grondwetlike regte is met die aankondiging van die regulasies op dag een opgeskeur.

Oom Kaspaas ·

Amal praat van new world order, great reset etc … wat julle eintlik wil sê is dat ALLE dokters en wetenskaplikes is deel van die antichris, illuminatie of wie ookal. Ek dink van die grootste Christen gelowiges is dokters en wetenskaplikes, so ja die entstof is vinnig ontwikkel ens, maar is dit nie dalk moontlik dat die Here hierdie mense se hande en kennis gebruik het om ‘n entstof so gou te ontwikkel om sy volk te red nie. Ek kan nie dink dat sou hierdie ‘n entstof uit die bose wees dat God dienende dokters en wetenskaplikes dit net so sou aanbeveel, toedien, globaal daarvoor veg en opstaan vir dit as dit nie bedoel was vir goed doen nie, hulle sou mos teen dit baklei het dan nie …

adriaan isak ·

honderde wetenskaplike en dokters verskil,maar word gemuilband

MakersMark ·

Nog sameswerings teorieë……..terug na die middeleeue.

VaalDonkie ·

Gaan die werkgewer betaal vir enige nagevolge? selfs al gebeur dit nadat jy weg is by daardie werkgewer?

Johann ·

Ons het dan nog geen resultaat gesien van die inentings, behalwe dat daar oor vyf duisend mense al daaraan dood is?

Elinette ·

Voor mý werkgewer my dwing om ingeënt te word, sal ek eers daarop aandring dat hulle die werksomgewing beveilig. Tans is daar net twee “makeshift” glasskerms tussen my en al die mense (en hul kieme!) in die ontvangslokaal en ons kantoor word nie eens behoorlik op gereelde basis skoongemaak nie, laat staan nog gesaniteer word! ‘n Kollega het haar gister vir COVid-19 laat toets – is ons kantoor gesaniteer na hierdie nuus? NEE!!!!

Buitendien, ek vertrou dié inentingsproses nie. Dis nie dat ek nie die INENTING vertrou nie, ek vertrou nie die MENSE wat die inenting moet toedien nie. Boonop lees ek gister êrens dat daar ‘n 60% kans bestaan dat die virus versprei kan word tussen die inentingsfases. Met my weerstand wat a.g.v. talle voorafbestaande mediese toestande reeds nie te waffers is nie, sal ek maar eerder die inenting van die hand wys – op grondwetlike basis (DIT IS MY KEUSE WAT IN MY LIGGAAM GAAN OF NIE).

John ·

So nou ?
Nou kan jy jou werk kwyt wees ?
Wat se grondwetlike vryheid is dit… Mense gaan oor die wêreld dood en toets positief vir Covid na inentings !!!
Is dit net ‘n bewys van afdwing op mense om te doen wat die onbevoegde goewerment wil hê hulle moet ?

Dirk Mostert ·

Die “merk van Die Dier” (Openbaring). Daarsonder word jou vryheid en regte ontneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.