Verpligte inenting ‘onwettig’

Baie mense is bekommerd oor of hulle gedwing kan word om die entstof te ontvang. (Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)

Enige algemene besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak, sal onwettig wees.

Dít volgens Solidariteit wat sê ʼn omvattende regsmening van eksterne advokate wys dat enige eensydige besluit om inenting verpligtend in die werkplek te maak, nie in ʼn hof afgedwing sal kan word nie.

Daar is reeds heelwat agterdog en skeptisisme onder Suid-Afrikaners oor die entstof en talle mense is bekommerd oor die moontlikheid dat hulle gedwing gaan word om ʼn inenting teen Covid-19 te ontvang. In ʼn opname van die maatskappy CompariSure het soveel as 52% van Suid-Afrikaners gesê hulle sal nie die entstof neem nie, selfs al word dit aan hulle beskikbaar gestel.

Solidariteit het intussen Dinsdag gesê hy het met ʼn proses begin om ʼn mandaat van sy lede te kry om enige sodanige algemeen-geldende besluit van werkgewers om inenting verpligtend te maak, te beveg.

“Volgens die regsmening is dit duidelik dat werkgewers binne die arbeidsregsraamwerk moet funksioneer en dat dié raamwerk nie voorsiening maak vir verpligte entstoftoediening aan werknemers nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Voorts is elke persoon ingevolge ons Grondwet op liggaamlike integriteit geregtig, wat beteken dat elke persoon dan ook die reg het om oorwegend self te besluit oor enige moontlike gesondheid- of mediese intervensies.”

Solidariteit sê hoewel sommige voorstanders van verpligte werkplekinenting graag aanvoer dat die werkgewer ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid hierdie reg het, bepaal die wet ook dat ʼn behoorlike konsultasieproses met werkers moet plaasvind en dat alle moontlike remedies eers uitgeput moet word voordat ʼn werkgewer ingrypende stappe mag oorweeg.

Hermann sê Solidariteit het die regsmening ingewin nadat hy oorval is met navrae oor verpligte inenting by die werk.

“Volgens die opinie is dit duidelik dat die voordeel van keuse sterk ten gunste van ʼn werknemer sal wees. Dit is eenvoudig onwettig vir ʼn werkgewer om ʼn werknemer te verplig om ingeënt te word en daar kan selfs geargumenteer word dat dit strafregtelik en grondwetlik inbreuk maak op elke individu se persoonlike reg tot liggaamlike integriteit.

“Ons sal nie huiwer om ons lede met die volle mag van die reg te beskerm indien werkgewers sulke drastiese besluite neem nie,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jaco ·

Nou gaan die een na die ander storie weer inkom van “die Antichris het Corona begin en die verpligte entstof is die merk van die dier”. Ek wil net diegene wat dít glo sê, die hele Corona job, vandat dit begin het, is vrot gedoen. Die Antichris is verseker nie agter dit nie, want die Bybel sê “almal het verwonderd agter die dier aan gegaan”. NIKS van dié hele Corona ding verwonder my nie en selfs al was ek ‘n atheïs, verwonder sou dit my óók nie verwonder het nie.

DieKriek ·

Die mense met die af duimpies op Anti-Verkramp se pos, verstaan julle die sinspeling? Dis nogal skerp en skreeusnaaks.

MakersMark ·

Ha ha presies, veral die vir gebruik deur veeboere. Op die verpakking is daar teken beelde van ‘n perd, ‘n skaap en ‘n bees. Definetief die merk van die dier, sommer drie…….

Anti-Verkramp ·

Persoonlik dink ek diegene wat nie die entstof wil neem nie en alewig moan oor die regulasies (wel oor die algemeen moan oor alles in die land) is uiters selfsugtig, het geen nasietrots nie en voel vere vir hul mede landsburgers se welstand. Swak. Daar, ek het dit gese.

Fritz ·

Jy het my uiters akkuraat beskryf, behalwe dat ek nie oor alles in die land kla nie. Snaaks genoeg, bly ek heel lekker.

Die Wolf ·

Ag asseblief! Nasietrots het niks met die persone wat nie die entstof wil neem nie. Ons is n demokrasie(so se hulle) wat kan besluit oor jou eie liggaam. Stel voor jy gaan staan voor in die ry en laat ons dan weet na n paar weke.

Anti-Verkramp ·

Ons is ook net ‘n demokrasie as dit jou pas, ne? Wat van jou verantwoordelikheid teenoor jou landsburgers? Dui tog maar vir my op ‘n sekere negatiewe houding. So terloops, as ek reg onthou het ons nie ‘n keuse gehad om ingeent te word gedurende Apartheid nie. Jy moes maar jou shot vat as die anties by die skole om kom. Sommer ook net daar impromptu ondersoek. Jannie en Sannie wou nie maar hul moes.

Anel ·

Ons het ‘n keuse gehad. Ek het nooit due inentengs by die skool gekry nie. Ons ouers moes vorms teken om toestemming te gee. So moenie nonsens praat nie!

Anti-Verkramp ·

ALMAL is ingeent vir ondermeer tuberkulose en dit was verpligtend in skole tot 1987. Jy’s seker van die jonger garde na 1987 met hul “regte”. Anties het sonder waarskuwing by my skool opgedaag, as jy nie ingeent was nie is jy ondersoek of jy dit nou like of nie.

MakersMark ·

Korrek, en of jy was ingeênt of jy het nie skool toe gegaan nie en jy het ‘n inentingsbewys gehad. Pokke, polio (wat glo dit of nie ook deur ‘n virus veroorsaak word) tuberkulose was alles siektes waarvoor jy ingeënt moes wees. In 1798 het Edward Jenner die heel eerste inenting gedoen, teen pokke, dis waar dit begin het. So volgens van ons medeburgers is dit alles snert……sommiges moet reguit terug middeleeue toe.

Vlooitjie ·

Hoe is mens trots wanneer jou regering jou konstant onder die bus gooi, jou dood tax met alles en geen deurdinkte plan het om ons ekonomie te red nie? En dan praat ek nie van al die korrupsie wat daagliks blootgelê word nie. Moet mens dit net vir soetkoek opvreet en aanvaar daai selfde mense het my gesondheid op hul hart? Nee, niemand gee om of ek van covid of armoede omkom op die langduur nie. Glo my vry, ek is nie teen die land en die welstand van die mense nie, ek is wel net nie mal oor hoe ek gejudge word omdat ek nie die entstof met my hele hart nog glo, is veilig vir my nie. Ek handhaaf soos die res van die meerderheid landsburgers die reëls, omdat dit verwag word maar ek hoef nie te glo dat dit die alfa en omega is nie, of daarvan te hou nie. Ek het baie simpatie met almal wat covid het, blootgestel was daaraan en mense verloor het daaraan (wat ek ook het). Maar ook val ek nie alle masker draende mense aan omdat ek nie met hul saamstem nie.

Anti-Verkramp ·

Jy’t geen rede om mense wat wel die regulasies nakom en hul maskers dra aan te vat nie. Die ongehoorsames wat ander mense se risiko verhoog en niks wil doen om die virus te probeer bekamp nie, moet egter sterk aangespreek word. Ek kan nie glo dat daar siele is wat nie eers minstens ‘n masker wil dra nie. Gaan my verstand te bowe.

ameli ·

Wel anti verkramp mens gaan nie net blindelings in n ding nie. Die produk is noueers gemaak hoe kan jy verseker wees daar is nie erge newe effekte nie. Maar gaan spuit v jou as jy voel jy moet dit inspuit, nie eens ons dokters weet wat daarin is nie.

Cindy ·

Anti-Verkramp, ek (en BAIE ander) MAG NIE die entstof neem nie – uiters selfsugtig (en kortsugtig) om almal onder selfde kam te skeer

Anti-Verkramp ·

Dis obviously ‘n heel ander storie as jy dit nie kan neem nie. As jy nie kan nie, kan jy nie. Dink jy nie dis selfsugtig en kortsigtig van diegene wat dit wel kan neem maar nie wil nie?

MakersMark ·

Jy gaan nie wen nie te veel mediese experts, viroloeë en gemeenskaps gesondheids experts hier. Hulle weier om die inenting te neem want “dis hul reg” – ok dan maar besef daar gaan gevolge dra soos om ‘n CV19 toets met negatiewe resultate nie ouer as 48 uur te wys elke keer as van publieke transport gebruik gemaak of reis per vliegtuig word. Mense kerm oor inperkings, die merk van die dier, die regering wat .mense onder die bus gooi, etc. Is England of Amerika se regerings beter ? Kyk die dodetal in daai lande.

Karel Kobus Kruger ·

Ek is n Solidariteit lid. Net omdat hulle sulke goeie werk doen, gaan ek namens jou R500 aan hulle skenk.

Jedi Knight ·

Jy laat dit so klink asof die entstof alreeds by die naaste hospitaal beskikbaar is. Dit gaan nog laaaaaaank vat voordat jy jou geliefde entstof kan kry. Dalk (groot dalk) vanjaar nog.

Miskruier ·

N inenting beskerm net die persoon wat die prik ontvang het, nie die ander om hom nie.

Johanna ·

Dit is nie altyd ‘n kwessie van selfsugtig nie. Ek persoonlik sal nie die entstof neem nie, want dit sal my dood veroorsaak. Daar is in sekere gevalle mediese toestande, asook medikasie wat dit verhoed. In sover ek kan, probeer ek myself en mense rondom my veilig hou. Simpel rede, ek mag nie eers die griep inspuiting neem nie.

Dries ·

Daar is op die oomblik .0,02 % van die poulasie wat al positief getoets het vir die virus. Daarvan is ek seker die meeste het n ander siekte onderlede gehad. Dan is daar net 0.0008 % mense wat gesterf het aan die virus word beweer. Ek weet van baie mense wat gesterf het aan ander siektes en dit is aangeteken as Covid 19 sterftes. Hoe dom moet mens wees om nie te besef dat hierdie geen pandemie is nie. Die grootste pandemie of liewer pes wat SA nog getref het is die ANC

Thom ·

Ek sal maar liewer die medici glo as ‘n klomp dom , verkrampte narre .

Karel Kobus Kruger ·

Dis ons dom, verkrampte narre wat jou gaan aansteek. Lekker moedswillig. :):)

Anti-Verkramp ·

Tipies. Nou ja, wat kan mens nou meer van so ‘n houding se behalwe dat jy jou kop in skaamte laat sak om sulke landsgenote te he. Eish.

MakersMark ·

Nee die dom verkrampte narre sal hul familie en geliefdes aansteek want soos “herd immunity” kry mens ook “herd mentality” soos duidelik te siene is. Mense wat ingeënt is sal beskerm wees teen die in die “herd” wat uiteindelik maar op die uitkyk sal moet wees vir mekaar. Of hoe ?

MakersMark ·

Presies. Emosionele snert en bygelowe dryf hul denkwyse, uitsprake en besluitneming. Praat nie van die belaglike wetenskaplike en mediese kennis nie mens lag jou ‘n papie.

Jaco ·

As te veel mense die entstof weier, gaan inperking bly en bly en bly en bly. So dan is dit ‘n lewe SONDER toeskouersport, musiekfeeste, kunstefeeste, konserte, dansplekke. Kerke bly dan oop vir net 50 mense. Geen internasionale reise. Selfs nie eens Namibië toe nie. PLUS dan styg corona gevalle weer en dan word alle strande weer gesluit.

Jedi Knight ·

Dan maak ons maar die strande oop. En aangesien ons daarmee sal wegkom (soos reeds gesien), sal ons eenvoudig die ander reëls ook verontagsaam.

Anti-Verkramp ·

Ons sal sien wie verontagsaam wat en watter gevolge dit gaan inhou.

MakersMark ·

Grootmond agter hul sleutelborde maar was nog nie verder as die einde van die straat nie.

Mrs H ·

Sou dit verpligtend wees, sal hulle my moet betaal, en daarvoor het die land nie genoeg moola nie. So ek bly entstof vry, want dis n virus, so ook is aids, daar is nie entstowwe waarvan ek weet vir virusse nie.

Wielspore ·

Ons het ‘n uitstekende mediese spesialis wat werklik puik werk lewer en sy antwoord oor inenting teen Covid 19, doen dit gerus, jy kan net daarby baatvind.
Hierdie Dr het ‘n hart van goud en ons gesin gaan beslis sy raad volg.

Miskruier ·

N inenting beskerm net die persoon wat die prik ontvang het, nie die ander om hom nie.

Anti-Verkramp ·

Is Solidariteit oor die algemeen vir of teen inentings, sal interessant wees om te weet? Soos wat ek kan aflei, is Afriforum wel van mening dat mens ingeent behoort te word teen die virus (m.a.w in beginsel ten gunste daarvan).

Kompas ·

Vaksien iis die enigste manier hoe ons sal kan terugkeer na ń tipe normaal toe.

Anti-Verkramp ·

Weens die halstarrigheid van diegene wat nie hul samewerking wil gee nie (ek bedoel, daar’s siele wat nie eers ‘n basiese voorsorgmaatreel wil nakom soos om ‘n masker te dra nie), gaan dit egter langer vat as wat nodig is.

Okmardom ·

Watter entstof? In ons land is daar nie een beskikbaar wat werk nie. Niemand kan kry nie. Die program is op hou gesit!!

Danie ·

Nee genade doen bietjie jou huiswerk.
Natuurlik is daar inentings teen virussiektes.

Snowball ·

‘n Mens sien definitief ‘n leemte wanneer dit kom by die mees basiese kennis van virusse en inentings. Buiten nou al die kenners wat Openbaring gebruik om die Corona inentings die merk van die dier te wil noem, staan mens verstom oor die vrygewigheid waarmee mense hulle onkunde uitbasuin oor iets waarvan hulle so min weet soos ‘n kat van saffraan.

MakersMark ·

Dankie. Laas toe ek gekyk het was polio veroorsaak deur ‘n virus, en daarvoor is al langer as 50 jaar ‘n entstof beskikbaar. Wat van gewone griep ? Ook ‘n virus waarvoor elke jaar nuwe inentings uitkom. Nog baie ander voorbeelde maar dis makliker om te google.

Jan ·

Wat is die sin daarin om 70% van die bevolking te wil inspuit met ‘n stof wat newe-effekte het vir ‘n probleem wat 0,02% van die bevolking radikaal benadeel?

Anti-Verkramp ·

Miljoene mense het al die entstof ontvang sonder enige ernstige newe-effekte. Niemand weet egter wat die gevolge van die virus in die langtermyn op jou liggaam gaan he nie al het jy herstel van ‘n aanval. Jou organe mag dalk permanent ‘n knou weg he, ons weet nie.

MakersMark ·

Presies. En die inenting help juis dat die infeksie nie so versprei in die liggaam dat daai kritiese stadium bereik word waar groot oorgaan skade aangerig word agv suurstof tekort of fibrose van weefsel nie.

Ria ·

My vrees is dat as jy nie ingeënt is nie, jy uitgesluit sal word van sekere dienste, bv. jy sal nie toegelaat word om te vlieg nie of jy mag nie by sekere kantore ingaan nie. Die regering weet reeds dat blankes dié mense met vrese is. Dus gaan hulle ons nou weer teiken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.