Kettingwinkels, restaurante versoek om vir listeriose te soek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag die uitvoerende hoofde van elke groot kitskoskettingrestaurant en supermarkkettingwinkel in Suid-Afrika dringend versoek om sélf hul kos teen listeriose te toets voor dit aan verbruikers verkoop word.

Marcus Pawson, hoof van omgewingsake by AfriForum, het gesê dié stap volg nadat die departement van gesondheid ná meer as ʼn week ná die aankondiging van die ernstige listeriose-uitbreking steeds geen aksieplan bekend gemaak het nie, hoewel hulle besig is met ʼn ondersoek daarna.

“Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sê dat die waarskynlikste oorsaak glo die besoedeling van kos by plase en voedselverwerkingsaanlegte is,” het Pawson gesê.

Dié lewensgevaarlike bakterie het reeds vanjaar die lewe van minstens 36 mense in Suid-Afrika geëis uit die sowat 557 laboratorium-bevestigde gevalle. Die syfer van 557 is oënskynlik agt keer hoër as die jaarlikse aantal bevestigde gevalle.

“Ons het die onderskeie kettingwinkels skriftelik versoek om dringend aksie te neem om verbruikers sover moontlik teen listeriose te beskerm. Listeriose kan behandel word mits dit vroegtydig by ’n persoon gediagnoseer word. Dit kan ook voorkom word indien voorsorgmaatreëls getref word. Kettingwinkels word verder versoek om verbruikers oor listeriose en voorkomingsmaatreëls ingelig te hou,” het Pawson bygevoeg.

Die skrywes wat aan die kitskoskettingrestaurante en supermarkkettingwinkels gestuur is, is ook aan Motsoaledi gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christi Rossouw

Moet ons, as verbruikers bekommerd wees? Voorstel: Was alle vrugte en groente en selfs vleis en vis met sterk asynwater af. Maak alles goed gaar, al verkies jy minder gaar steak… Bly weg van verwerkte vleise en vooraf-gaargemaakte voedsel.

Cherokee

En ons gaan een van die dae vir krismis-ete .

Niki

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Listeriose waarskynlik iewers van groente (en/of vrugte?) af kom. As ‘n man wat ‘n streng organiese ‘vegan’ leefstyl volg (wat GÉÉN dierprodukte insluit) van Listeriose sterf, dan maak dit mos makliker om te raai watse voedsel om te vermy – groente en/of vrugte. Wat dit moeilik maak, is dat dit oor die land heen versprei is, so mens kan nie vinger wys na ‘n spesifieke groente en/of vrug nie. So dit moet amper iets alledaags wees soos aartappels, uie of blaarslaai, maar iets wat organies gekweek word, want voorgenoemde persoon het glo nét… Lees meer »

Bullseye

Besoedelde water as jy my vra

Die Skim

En die mark lorries ry produkte van die Kaap tot in Messina. Wat my ‘tickle’ is hoe min mense geaffekteer is… Waarskuwings ens volg. Is ons nie besig om met ‘goeie’ propaganda nie. Daar kan bv ondersoek gedoen word hoekom die meds en voorraade by klinieke so sporadies nie beskikbaar is/bly….. Insluitend sisteemiese middels soos hipertensie. Vir ‘n week?? Munisipale water?. Weet julle gebottelde water is niks anders as munisipale water deur osmose filter? Die proses kan tot 10 Liter water om gebruik om 1 Liter skoon water te lewer. Dus drink 1 liter bottelwater en jy het ongeveer 9… Lees meer »