Klagte oor OBK se ‘rassistiese’ reaksie op Absa-hoof

Arrie Rautenbach is verlede week as die nuwe hoof van Absa aangewys. (Foto: LinkedIn)

Die stof rakende die aanstelling van Arrie Rautenbach, ʼn ervare bankier – en ʼn wit man – wat verlede week as die nuwe hoof van Absa aangestel is, wil net nie gaan lê nie.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) besit 5,41% van die bank se aandele en het te velde getrek teen Rautenbach se aanstelling. Die OBK het Absa daarvan beskuldig dat hy ʼn transformasiegeleentheid deur sy vingers laat glip het.

Die DA het die OBK se kritiek as ʼn “rassistiese aanval” bestempel en gaan nou ʼn klagte daaroor by die Menseregtekommissie indien.

“Die OBK het verlede week daarop gesinspeel dat Rautenbach ongeskik is om die uitvoerende hoof van Absa te wees; nie weens ʼn gebrek aan kundigheid en kwalifikasies nie, maar omdat hy wit is,” sê Cilliers Brink, DA-woordvoerder.

“Die verklaring is rassisties en die uitstuur daarvan ʼn misbruik van openbare mag. Die MRK-klagte is ʼn poging om die OBK en sy bestuur tot verantwoording te roep.”

Cilliers sê die DA verwerp die kategorisering van mense op grond van hul ras en die misbruik van mag wanneer sulke kategorisering gebruik word om sekere regte en verpligtinge te bepaal. Die party sê hy glo die ongeregtighede van die verlede kan reggestel word, sonder om raskategorisering uit die apartheidsera te gebruik.

“As Suid-Afrika ʼn vaardige staat wil bou en hoë vlakke van ekonomiese groei wil bereik, moet die beleid om posisies in openbare en private instellings op grond van ras en ander onveranderlikes uit te hou, laat vaar word.”

Cilliers sê hoewel talle bestaande wetgewing gegrond is op die ANC se rasgedrewe nasionale agenda, het die OBK se optrede selfs verder gegaan.

“Die OBK is ʼn staatsinstelling, en nie ʼn subkomitee van die ANC nie. Hy moet dienooreenkomstig optree.”

Rautenbach het jare lange ondervinding by die bankreus en was onder meer vantevore die groep se hoofrisikobeampte en besturende direkteur van onderskeidelik die kaart- en verspreidingsafdeling.

Absa het die aanstelling verdedig en luidens berigte in antwoord op die kritiek aangevoer Rautenbach se bewese geskiedenis by die maatskappy het hom die gepaste kandidaat vir die pos gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Watsenaam ·

Ek is absoluut stom geslaan.
Is die rasse haat so diep gewortel, dat dit alle redelikheid oorskry? Is die mense totaal onnosel. G’n wonder die leier van RSA, en die ANC, beskryf sy eie regering as n huis wat totaal besig is om af te brand nie. (Bron Nuus 2022/04/03)

Suzette ·

Dis reg dien die klag in!! Ek is al moeg vir hierdie spul – hulle sal eerder alles ten gronde laat gaan, maar moet tog net nie ‘n blanke persoon aanstel nie. Dis so belaglik!!

Bertie ·

Ongelukkig sal hierdie rasbeheptheid tot met die wederkoms aanhou. Dis al manier hou die kaders sal kan “meeding” – op grond van kleur – en nie op grond van bevoegdheid nie. En ek kan talle voorbeelde noem waar hierdie aanstellings op grond van kleur geboemerang het. Maar niemand is bereid om dit hardop te sê nie, want dan word jy as rassis gebrandmerk.

Marius ·

Die regering moet eers hulle huis in orde kry voor hulle kan kilppe gooi oor die tipe optrede of aanstellings. Ek reken dat as n persoon kwallifiseer moet hy of sy aan gestel word ongeag van ras of geloof of wat ookal.
Die land se wette beteken in elk geval minder as NIKS nie.

Manie ·

Die OBK is diknek wanneer hulle die staatsdiens werkers se geld wat hulle moet belê agter hulle het ne?

Elize ·

Baie geluk aan meneer Rautenbach. Mag hy sekere wesens op hulle neuse laat kyk

Philip ·

Die dom astrante mense van die OBK wat ook n ingebore minderwaardigheids kompleks het is tien teen een ook lede van die EFF daarom hulle een demensionele siening.

WILLEM ·

Die aanstelling in welke maatskappy regerings organisasie ens moet gedoen word op meriete en nie op rasse voorkeur nie.
Blankes word nerens meer aangestel nie, en jammer om te se die aanstellings lei tot nadeel van die instansies. Ondervinding en kwalifikasies speel nie hul regmatige rol nie.
Maak maar ‘n lys van instansies waar dit goed gaan en nie goedgaan nie = die uitkoms spreek vanself.
Maak nie saak watter kleur aansoek/oorweeg word nie -die beste meriete moet die bepaalende faktor wees.

Elize ·

Ek stem 100% saam. Daar moet gekyk word na wie die beste en sterkste kandidaat is en nie sy velkleur nie. Die land is al deur transformasie en kaders die grond inbestuur.

Ansie ·

Die OBK moet liewer voor hulle eie deur vee. Die stof lê baie dik daar. Buitendien, rasgedrewe aanstellings is onteenseglik die oorsaak van SA se fenomenale agteruitgang.

Philip ·

As n voormalige middelbestuurs EVKOM werker wat afgetree het kan ek n merkbare verbetering in die bedryf van die stelsel waarneem . Miskien het dit met die twee wit manne Jan en Andre se ferm hand en verstandelike intellek te doen.

Tanya ·

Ek dink ABSA was net eenvoudig nie bereid om die kans te vat om met sy besigheid en geld te dobbel nie! Beslis ‘n baie goeie besluit ABSA! Welkom Mnr. Arrie Rautenbach!

Maritza ·

28 jaar later en hulle kleef nog steeds aan daai kaart vas.

domheks ·

Baie geluk Mnr Rautenbach! Laar die obk maar stof opskop! Net jaloers omdat jy beter presteer het as die ‘our people’

Neels ·

Wonder wat sal gebeur as allle blankes dan hulle geld en besigheid wegneem van ABSA en hulle eie bank stig. Volgens die artikel mag geen blanke man in ‘n bestuurspos aangestel of ooit in die toekoms aangestel word nie. Absoluut belaglik.

Frank ·

Eintlik sover ek weet al twee keer omgekeerd gebeur waar “our people” ‘n bank gestig het en dit in die grond in getrans-bestuur was

Di ·

Dis reg DA vat hierdie klomp rassiste hof toe! Dink hulle kan maak wat hulle wil, hulle sal sien wat gebeur in die hof. Hoop DA wen die saak

SjN ·

Die vorige swart hoofde kon nie die mas opkom nie, gee die pos vir die beste bevoegde persoon, ongeag sy velkleur, regte klomp rassiste.

Wondermaarnet ·

Die kaders is bang dat hulle nou nie meer toegang tot die geld sal hê om te steel nie.

Casper ·

Gebrek aan kundigheid en kwalifikasies terwyl hulle eie president erken hulle is onbevoeg,geldgierig en korrup dit is hoekom alles in duie stort.By eskom is ook ‘n witman en daar gaan dinge stukke beter.Die OBK dink ek is juis onbevoeg om leierskap te toon.Gee julle aandele terug en tsek.

Christo ·

Net soos enige iets anders in hierdie land, gaan dit nie oor wie die meriete het nie. Soos in SA sport, waar die beste spelers op die kant moet sit, want wen is nie belangrik nie, so ook in ons ekonomie. Hulle sal eerder verkies dat n instansie ten gronde gaan, eerder as omn persoon op meriete aan te stel. En so verloor baie mense hulle werk op die einde.

Onbesmetlik ·

Dit is omdat hy bekwaam is, dat hulle beswaar aanteken!!!! Hulle is bang dat hy vind hoeveel onbekwame, ras-aangestelde mense daar is. Die diens oral is in ‘n ongelooflike swak toestand, omdat Maatskappye gedwing word vir BBE aanstellings en nie bekwaamheid nie. Die ANC met hulle oneindige gesanik oor ras, is soos Toksiese Kern-afval vir ons land.

AH ·

Dankie DA, ek hoop julle wen! Hierdie rassisme of regstellende aksie is presies wat ons pragtige land in duie laat stort……Wat het van VBS-bank geword……Ek is verbaas dat daar enigsins nog beleggings vanaf die buiteland af inkom met die klomp onbevoegde kaders in beheer van meeste groot besighede.

Elizabeth ·

Bring the experiene, or better yet, bring the knowledge to beat this and I will support you. The fact that he is white in colour has nothing to do with what he brings to the table. We want a blooming SA not another failure. We already have far too many. Suck your sorrows.

Jacobus ·

Wanneer mens na die OBK se beleggings geskiedenis kyk, wonder mens dat hulle nog enigsins kommentaar lewer, want sedert 1994, is daar nogal buitengewoon baie swak en vrot beleggings gemaak . Ek hoop die staatsamptenare bly op hulle hoede, ek sal sleg slaap, as ek weet my pensioengeld word deur ANC kaders “bestuur”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.