OBK vies oor aanstelling van wit man as Absa-hoof

Arrie Rautenbach is aangewys as die nuwe hoof van Absa, maar die OBK is nie beïndruk nie. (Foto: Absa)

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het sy “onbeskaamde teleurstelling” met die Absa-raad se aanstelling van ʼn wit man as uitvoerende hoof te kenne gegee en eis ʼn dringende vergadering met die bank daaroor.

Arrie Rautenbach is Dinsdag as die nuwe hoof van die bankreus aangewys. Hy was vantevore verbonde aan Absa se kleinhandel- en sakebankeenheid en is ʼn man met meer as 25 jaar ervaring in die bankwese. Hy was vantevore onder meer die groep se hoofrisikobeampte, besturende direkteur van die kaartafdeling, asook besturende direkteur van verspreiding.

Die OBK het in ʼn verklaring nie na Rautenbach se ondervinding in die bankwese verwys nie, maar die aanstelling as ʼn verbroude geleentheid vir transformasie bestempel.

Die korporasie sê die Absa-raad moes die geleentheid benut het om sy verbintenis tot die doelgerigte transformasie van die bankgroep in die openbaar te toon en om diversiteit, inklusiwiteit en ras- en geslagsgelykheid op die mees senior vlakke van die organisasie te bevorder.

“As ʼn noemenswaardige aandeelhouer het die OBK tevore sy teleurstelling aan die raad te kenne gegee oor die oënskynlike onbestendigheid op uitvoerende vlak ná die vertrek van sy voormalige uitvoerende hoof in April 2021 – ʼn lang verwagte senior swart aanstelling wat glo uiteenlopende professionele sienings en benaderings as dié van die raad gehad het.”

Daniel Mminele het die pos vantevore kortstondig beklee.

Die OBK sê hy het verwag dat die Absa-raad die vereiste fokus op transformasie sou plaas in die proses om ʼn nuwe hoof aan te stel. “Dit behoort ʼn sleutelsakerisiko vir die raad te wees, gegewe die aard en omvang van dienste wat Absa aan die Suid-Afrikaanse samelewing bied.”

Die OBK eis nou ʼn dringende vergadering met die Absa-raad sodat dié sy transformasiestrategie en -plan kan voorlê. “Transformasie behoort ʼn sleutelstrategie vir die bank te wees en moet op raadsvlak gedryf word,” sê die korporasie.

Daar moet volgens die OBK ook ʼn duidelike verbintenis en uitgestippelde teikens vir alle bestuursvlakke wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Misky ·

Ai OBK, Absa wil graag die beste kandidaat vir die pos aanstel. Pink, pers, groen, geel…… die beste kandidaat sodat ‘n ordentlike diens aan betalende klante gelewer kan word.

Alta Alleman ·

Reenboognasie is nie meer van toepassing nie want daar is net 1 kleur wat tel in die nuwe reenboog .

Maritza ·

So dit gaan oor kleur en nie wie die beste kandidaat vir die pos is nie….

Bernard ·

Dis nie net by ABSA nie maar oral waar daar politieke aanstellings was, is daai besigheid tot in die grond in bestuur.

Blikkies ·

#Maritza, Jy vat die woorde so uit my mond, as ek jou kommentaar eers gelees het sou ek nie eers verder die moeite gedoen het om my 2c by te voeg nie. Dankie.

Jannie van Niekerk ·

Oor twintig miljard jaar van vandag af sal die swartes nogsteeds tjank as blankes in hoë poste aangestel word al is daardie spesifieke blanke ook die mees geskikste persoon vir die werk. Hulle sal tot en met die oordeelsdag die rol van die verontregte slagoffer speel.

Nie Verbaas ·

Arme ou goedjies. Ongelukkig loop die meerderheid van hulle se reputasies hulle vooruit. Kyk na ons wonderlike regering.

Blomme ·

Skuil agter slagoffer mentaliteit om sodoende hul onbevoegdheid te versteek.

Magda ·

Hoekom moet daar altyd swart aangestel word, kleur maak ni saak ni, ondervinding en betroubare eerlike aanstellings is wat ons nou nodig HET.JUST JUST UP OBK PLEASE

N ·

Arme Andre de Ruyter veg dag en nag teen rasiste wat hom onnodig uit sy posisie uit wil kry. Dan probeer hy nog Eskom ook red. Mens kan opsien na hom.

Niel ·

As klient sal ek wil hê dat die beste kanidaat die pos kry. Maak nie saak watse kleur die persoon is nie

Elize ·

Hoekom moet maatskappye ondergaan omdat die BEEE burgers dit nie kan maak nie. As die ou groen is en hy kan dit so be it! Politiese korrektheid lei tot almal se ondergang.

N ·

Dis nie vir jou n moeilike besluit. Stel jy iemand aan wat die verkeerde ras is maar die werk reg kan doen. Of stel jy iemand aan wat die regte ras is maar nie die werk kan doen nie en sy eie sakke volmaak? Moeilike tye

KatjieDeKat ·

Ag regtig OBK daar is witmense ook in hierdie land so volgens die natuurlike “wet van statistieke” sal n witmens soms ook n werk kry, een keer in n skrikkeljaar selfs n hoe pos. Kom daaroor.

N ·

Dit raak n straf om wit te wees. Die land is besig om te brand.

Frank ·

Eintlik se die OBK swart mense is in alle gebiede minderwaardig en hulle velkleur dus al wat oorweeg kan word en dan kla hulle as res van wereld ook so dink en voel na BLM en BEE tot vervelens toe bemark en bevorder was as enigste maatstaaf.

Kobus ·

Dalk moet die OBK kyk hoe die bestuurspan onder mnr Rautenbach lyk.

Papsak ·

Ek is bitter bly n wit man het pos gekry nou sal daar minder korrupsie plaas vind hulle wil natuurlik weer swart aan gestel gehad het so kry vir julle baie geluk aan daai man

Hennie ·

Kyk wat gebeur as jy swartes aanstel in hoë post… Pos kantoor, SAA, ESKOM, TRANSNET, ANC MISLUKTEPALITEITE, selfs OU MUTUAL en die lys gaan aan!

Nick ·

Kan die OBK GROOT ASB tog vir ons verduidelik hoe AL die SOE’s gevaar het met swart leiers. Hou op kyk na ras! Stel die beste persoon aan! Affirmative action en BBEEE is amper eiehandig verandwoordelik vir die verval van feitlik alle sektore. Dit is ook die grootste rede hoekom rassisme nog met ons is. Wit mense word uit poste en bevordering gehou slegs omdat hul vel wit is. Bruin en Swart mense voel minderwaardig omdat hulle verneder word omdat die gevoel is dat hulle slegs poste beklee as gevolg van rassistiese wetgewing en nie as gevolg van hul eie harde werk nie. OMDAT daar ‘n klomp kaders en skurke is wat die wetgewing misbruik. Totdat hierdie wetgewing nie ‘n sonsondergang bereik nie kan hierdie land NIE die potensiaal bereik wat ons moet nie.

Christo ·

Toemaar OBK, ons is net so vies oor talle onbevoegde swartmans in belangrike posisies aangestel word. So ons deel dus mekaar se gevoel

Marie ·

Julle rassiste-onderrok hang uit met julle pigmentokratiese uitlatings.

Jacques ·

Aaaa! Mooi woord:
“Pigmentokrasie”: ‘n Regeringvorm wat vel pigment as standaard gebruik om oneweredige rasuitkomste te verseker in die lewering van dienste, sowel as in die skep en implementering van wetgewing.

kolonel ·

Wat het geword van ‘n nie-rassige samelewing? Ons is mos kleurblind? Of net wanneer dit ons pas?

Kaptein67 ·

Die OBK sien ‘n verlore kans om hulle anc kronies daar in te werk vir nog plundering.

kolonel ·

Wat van ‘n nuwe idee – bou julle eie bank, volgens julle ideologie, en hou op om bestaande strukture te “transformeer”. Transformeer eerder die ekonomie deur
besighede te bou.

Aai ·

Julle wil net nie sien hoe doen ‘n wit man die werk soos dit moet gedoen word.As hy die beste kandidaad is dan is dit so gaan nie oor kleur vir die OBK gaan dit oor kleur nie oor of hy werk kan doen of nie.Dit is hoekom die staats diens fou want dit gaan oor kleur en nie wie die werk kan doen skaam julle.

Oros Soros ·

Die OBK is maar net ‘n verlenging van die Minister van Finansies en die lede word deur hom benoem. As sulks moet die OBK nie as onafhanklik beskou word nie, maar eerder as lakeie van die regering.

Mariana ·

Die OBK moet mos darem ook besef dat daar nie altyd voorkeur gegee kan word vir swart nie. Die man is gekwalifiseerd vir sy werk. Vir te lank word aanstellings gemaak op grond van kleur en nie kwalifikasies nie.

Josua ·

Is dit nie rassisme nie, so geen witman mag meer n pos beklee wat hy verdien nie al is hy meer as genoeg daarvoor gekwalifiseer nie.

Manie ·

Kan die OBK dalk net 1 rede noem hoekom ‘n Wit man in SA nie ‘n hoë pos mag beklee nie? Ek soek die 2 redes nie, 1 sal voldoende wees.

Jaco ·

Vat wit mense se stemreg weg en stel ons dan in poste aan waar ons ‘n posetiewe verskil kan maak en SA weer kan regkry.

Blomme ·

Is dit dan nie juis transformasie aanstellings wat die land in ń bankrot status het nie? Of is ek verkeerd met hierdie een? Dis seker tyd dat daar na meriete en vaardighede gekyk behoort te word.

domheks ·

by die swartmense tek net die kleur – nie kwalifikasies nie. Wil kaders daar he om te plunder!

Pieter ·

Nou wil ek graag weet by die OBK of hulle belegging in Iqbal Surve se ondernemings waar hulle R4,3 biljoen verloor het n goeie besluit was? Los die man en kry julle eie huis in orde en begin mense wat “competent” is in julle eie geledere aan stel.

Clifford ·

Hulle is bang die persoon wat aangestel is pleeg nie bedrog nie.

Genis ·

Met die Anti-wit in die land, is me beursie ook lankal toe… Ek ondersteun diere en my kerk se mense…

Althes ·

Wie is nou rassisties?! Kom oor julself OBK om julself aan sulke blatante rassisme en diskriminasie skuldig te maak!!!!
Sies.

Corne123 ·

OBK watter instansienwat deer BEE nestuur word is winsgewend? watter ene is n suksess? julle n klomp raaiste dit wat dit. is

Theo ·

So almal is divers, inklisief en rasgelyk behalwe n witman! OBK is rasisties!

Pieter ·

Wil julle nou wragtig he die bankwese, moet ook sy agterent sien? Die man is is goed vir die pos. Dis tyd dat julle die ou eentonigge rassekaartjie in julle sak steek,en begin werk vir iets.

Owlie ·

Hoekom altyd huil oor vel kleur – kyk eerder na ware kwalifikasies, ondervinding en werks agtergrond OBK kyk eerder wie binne jul sirkel werklik kan lees, skryf, engels praat, nie rasistiese aantuigings maak nie, werklike ondervinding en kwalifikasies het en dan brei julle met so n ondersoek uit in alle werks plekke

Deonne ·

Gee die man n kans! sy ervaring spreek boekdele en hy kom uit die bankwese.

marius ·

Waar is die pensioen geld wat julle in VBS gemors het ? Waneer word dit terug betaal ? Was daar ‘n wit man betrokke ?

Jannie van Niekerk ·

Ongelukkig een ja. Maar hy sit met sy gat in die tronk soos hy verdien.

WILLEM ·

OBK beweer dat ras inklusief moet wees. Maar as ‘n blanke die kwalifiserende kandidaat is moet sy kleur dit veto. Ons land is in ‘n krises op baie terreine, en een oorsaak is die aanstelling van onbekwame kandidate onder die vaandel van regstellende aksie. LW daar is ook blankes wat nie behoort kwalifiseer nie.
Kan ons dan nie vergeet van kleur nie, en gaan vir die beste kandidaat vir die job.

Jannie van Niekerk ·

Net een vraag aan die OBK: Indien wit mense nie welkom is in leiersposte nie, is wit mense se beleggings geld ook onwelkom by jdie OBK?

Johan D ·

OBK, julle perde kan maar net nie agter die kap van die byl kom nie né?

Sean ·

As Arrie se aanstelling gekaselleer word deur Absa dan boikot ons Absa EN KLAAR!!!!!

Sean ·

Die OBK smeek vir nog n VBS skandaal Duidelik bied die OBK geen menseregte aan blankes nie

piet ·

Ek het nie geweet daar werk nog blanke mans by ABSA nie. Beslis nie by die plaaslike takke wat hier naby my is nie. Daar’s wit vrouens maar geen wit mans nie.

Toy ·

Is dit nou nie rasisties as jy vies is oor iemand wat die beste kandidaat was vir die pos gekies is. Ag kom net oor dit mens is al so oor hierdie kleinlikheid van mense wat n tantrum gooi oor sulke goed.

Suzette ·

Natuurlik – want ek twyfel of hy enigsins so omkoopbaar gaan wees soos …. Kom net oor dit en laat toe dat die instelling deur ‘n bekwame persoon bestuur word – WERKLIK!!!!!!

Cola ·

Ek gee nie om hoe die OBK voel nie ek as Absa klient voel baie meer gerus dat hy die beste kandidaat was

Johanné ·

Baie geluk Arrie! Ons is trots op jou aanstelling! Jy gaan darem ‘n hele paar duisend bere in aksie sien as jy uit jou nuwe posisie gehaal word agv die RASSISME van die OBK!!!!!!

Dup ·

Die ou en bekende popliedjie, “Paint it Black”, is vandag steeds van toepassing!

Jack ·

Ek daarenteen, as ABSA klient, is in die wolke dat ‘n blanke as hoof aangestel is. Ek wens/hoop dat ons in die tak waar ek is, ook weer ‘n slag blanke ABSA personeel kan kry, wat ‘n mens in verstaanbare Afrikaans en Engels kan bedien. ABSA het immers as Volkskas, die ploegskaarbankie, onder Afrikaners met Afrikanersteun sy ontstaan gehad.
As Solidariteit ‘n bank sou begin sal ek dit dadelik ondersteun.

AndrewL ·

So die OBK stel nou ras vereistes bo bekwaamheid. Hul eie rekord in terme van beleggings is maar power.

Lyk vir my die OBK is net so ras behep as die ANC regering, dit terwyl ons howe bepaal het dat dit nie vereistes mag wees nie.

Carel ·

In Suid-Afrika is die sinoniem van “Transformasie” = Staatskaping

Johan ·

Man, maar dis mos nou darem hondlekker rassisme, nie waar nie?

Frank ·

Dit is baie jammer dat `n organisasie soos die OBK moet bestaan. Klomp veragtelike gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.