Klein Daniel hopelik ‘een van die dae by die huis’

Daniel Kerswell is ernstige beseer in ‘n fratsongeluk. (Foto: Verskaf)

“Een van die dae is jy terug by die huis waar jy hoort.”

Daniel Kerswell (2), ʼn seuntjie van Ermelo in Mpumalanga wat ernstig beseer is nadat hy onder ʼn motorwiel beland het, se ouers is hoopvol vir ʼn vinnige herstel ná hy Vrydag na ʼn gewone saal in die hospitaal geskuif is.

Daniel is al byna twee weke lank in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria.

Hy het Maandag stadig uit verdowing wakker geword en die dreineringspype is Donderdag uit sy longe gehaal. Hy het aanvanklik swaar asemgehaal sonder die ventilator, maar van Vrydag af het dit beter gegaan.

Daniel se ma, Danelle, vertel hulle was baie opgewonde en dankbaar toe die dokters Vrydag aan hulle die nuus breek dat die klein vegtertjie na ʼn gewone saal oorgeplaas kan word.

Volgens Danelle is haar enigste bekommernis dat hy nie regtig wil eet nie.

“Ons hoop dat hy vinnig sal begin eet.”

Maroela Media het vroeër berig Danelle, Daniel en sy boetie Aydin (4) was op 5 September in die kombuis van hul huis doenig toe die seuntjies se pa, Paul, die huis uit is om na ʼn vriend te ry.

Toe Daniel uit die huis verdwyn, het Danelle dadelik onraad vermoed, na buite gehardloop en Daniel bewusteloos agter die motorwiel aangetref. Hy het vermoedelik agter die motorwiel beland en is ernstig beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

So ‘n klein patroon! Ons bid vir beterskap. Sy ouers moet wrakke wees. Ons bid ook vir hulle.

modiglianigirl ·

Ai siestog liefiekind, dankie tog dat elke berig een van positiewe vordering is. Mag jou lyfie vinnig gesond voel sodat jy weer lus voel om ietsie te eet my skat.
Arme ouers, werklik net soos Annie sê hulle moet beslis wrakke wees – beterskap en voorspoed aan julle deur hierdie nare tyd vanbeproewing.

Karina ·

Wonderlike nuus, mag hy nou sommer vinnig herstel om huis toe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.