Kleinhoewe-aanval: Bejaarde doodgeskiet, vrou in kas toegesluit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe buite Pretoria doodgeskiet.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Jan Hettema (83) omstreeks 08:00 op die kleinhoewe in Tweedracht op die Boschkoppad geskiet is.

“Volgens die inligting wat ons tans het, het een van die werkers [Hettema] kom roep om te sê dat daar mense buite op die kleinhoewe is wat besig is om hul bome af te kap vir hout. Klaarblyklik het dit al ʼn paar keer voorheen gebeur,” het Van der Merwe gesê.

“[Hettema] het uitgegaan om ondersoek in te stel en twee gewapende aanvallers het hom oorval. Hy het probeer om terug in die huis in te hardloop, maar hulle het hom ingehaal en hom in sy gesig geskiet.”

Van der Merwe het gesê die verdagtes het Hettema se 68-jarige vrou, die huishulp en haar baba vasgebind en hulle beveel om nie vir hul gesigte te kyk nie. Hulle het hulle daarna in ʼn kas toegesluit voordat hulle die huis omgekeer het.

“Ons weet in dié stadium nog nie of enigiets gesteel is nie. Die huis is heeltemal omgekeer en deurmekaar en die vrou is tans besig om traumabehandeling te ontvang, so ons kon nog nie vasstel of iets weg is nie,” het sy gesê.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar Hettema was met hul aankoms reeds dood. “Die man se vrou is ook aangerand, maar is nie ernstig beseer nie en het nie mediese behandeling nodig gehad nie,” het Mathe gesê.

Volgens Van der Merwe is dit nie in dié stadium duidelik of daar wel mense was wat bome afgekap het en of dit die verdagtes was nie. “Dit sal deel vorm van die ondersoek,” het sy gesê.

ʼn Saak van huisroof en moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

OPVOLG: Kleinhoewe-moord: Slagoffer is bekende sangeres se pa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

vierkleur ·

Nog a blanke, wat sterf in hierdie stelselmatigge volksmoord in SA.
Die wat nou nog se dit is nie rassistiese aanvalle nie, moet sy kop laat lees.want hoekom word daar nooit iets aan die plaaswerkers of huishulpe gedoen nie?

Spook ·

Stem 100% saam. Elke keer as wit mense so vermoor word voel dit soos n spyker in die kis. Ek glo byna almal begin keelvol word vir dit. Hulle gaan eendag net die verkeerde mense doodmaak en dan is daar perde!

Tiger ·

Dis nog niks,Wys my waar val blanke mense swart mense aan en vermoor hulle goedsmoeds en steel hulle selfone en wapens en tv’s en goed??Kom iemand wys my.

André Marais ·

More Almal
Kan Iemand My dalk inlig of die Man (Jan Hettema) die wel bekende “Rally” Kampioen was van die vroeë 60’s / 70’s
Hy was ‘n baie goeie Vriend van My oorlede Pa (1985)
Ek is nie te min jammer oor die afsterwe van Mnr. Hettema en My gebede en meegevoel aan Sy Vrou, Familie en Vriende.

Erik ·

SAD NEWS FOR MOTORSPORT
It is with shock, anger and sadness that we have to inform all the motorsport fans that Jan Hettema the Springbok Rally Driver and Cyclist, but mainly motorsport legend has been murdered this morning on his small holding near Cullinan.

Gesiggie ·

Net so…. vierkleur… ? wat my so boos maak is dat hierdie arm Oom 83 jaar oud is, hy mag dalk nog 100 jaar gevier het, maar omdat ongevoeligge moordenaars besluit het, ons skiet hom in sy gesig… is sy lewe weggevat”’ en om sy vrou en huishulp en baba vastebind en in n kas toe te maak… maar hul beveel, jul mag nie vir ons gesigte kyk? hul het lankal al na hul gesigte gekyk… ek hoop hul sal uitgeken word, en vinnig gevang word…en betaal vir wat hul gedoen het… RIP Oom Jan… sterkte aan sy vrou wat deur trauma moes gaan en nog haar man moes verloor… RAAK SIEK VIR DIE MOORDE… NIKS WORD GEDOEN”’

Mense regte komissie ·

Mense regte kommissie waar is julle, julle moet hierdie mense beskerm, daar moet daadwerklik opgetree word om alle mense te beskerm en skelms soos skelms te behandel, hulle moet gestraf word in dieselfde maatstaf as wat hul uitgedeel het! Hul het onregmatig ‘n lewe geneem en hul lewe moet ook geneem word. Regtig dit raak belaglik, elke flippen dag, wat doen julle heeldag – sit en lees jul net kommentare om rasisme te ondersoek, rasisme is verkeerd, daai skrywes maak nie onregmatig dood nie, die gemors met die gewere wel, kan julle julle vir een oomblik indink in hierdie vrou, hierdie huishulp en haar arme klein kindjie se skoene en al die vrees, hulle was gelukkig hul leef maar hoe. Hulle het nooit vir een oomblik in daai kas geweet hul gaan dit oorleef nie, was een van julle al so flippen bang???? Nee magtig man, doen iets. Die arme man, leier van die huis kon hul nie beskerm en hy het dit geweet voor hy sterf, hy het ook geweet dat sy dae op aarde verby is, is dit vir een oomblik mense reg?????????????????????????

TVR ·

Genadelose varke!!! Hulle verdien nie om te lewe nie!!! Hoe kan enige iemand weerlose oumense so verskriklike dood laat sterf!
Sterkte vd tannie en familie !

A.G ·

Lafaarde kom meer as een en val ou mense aan wat hulpeloos is. As dit andersom was en die plaasboer het die aanvallers geskiet was hy n rassis.

Karma ·

Goed, gaan die Minister van Polisie of die Minister van Landbou, of hul vise-Ministers of skadu-ministers nou ‘n besoek aan die weduwee aflê en bystand bied? Dalk gaan hulle ‘n verbod plaas op die onwettige immigrante wat oor die landsgrense stroom om die boere in die land te kom vermoor, plase te verniel, te steel en te verkrag? Nee wat, duidelik is die moorde en misdaad wat teen blankes gepleeg word, nie prioriteit vir die regering nie. Maar in die geval van die Sodwana Bay gastehuis, met die eienaar wat (dom genoeg) gesê het hy gaan nie swartes of regeringsbeamptes meer toelaat in sy gastehuis nie, is daar blitsvinnig opgetree en sy lisensie teruggetrek. As ek mnr. Slater was sou ek hulle getroef het deur net eenvoudig my gastehuis te her-registreer onder ‘n ander BK- of maatskappy naam en steeds aangegaan het met my besigheid. Ek sal egter net in die toekoms sê: “Jammer, geen beskikbare plek” wanneer die ongewenste elemente daar kom oorbly.

Tiger ·

Die plaaswerker is medepligtig sonder twyfel.Hoop hy is gearresteer??Boere kan eenvoudig GEEN werker vertrou nie.Jy speel met jou en jou gesin se lewe as jy dit wel doen.Van “goeie” werkers wat mens so baie van hoor,is daar GEEN sprake nie.
Ons innige meegevoel aanMnr Hettema se naasbestaandes en ons wenssy vrou alle sterkte toe in haar tyd van rou.

rudi ·

83 jaar oud. Wat n skande! Maar ons hoof nie kwaad of negatief te raak. Oor n paar jaar as daar miskien n nuwe party aan bewind gaan kom dan sal misdaad daal en die EFF gaan boere lief he en dan sal onskuldige ou mense nie meer vermoor word nie. Vir nou moet ons net stil en positief bly.

Chris Ws ·

Net eendag vermoor hulle die verkeerde mense dan bars die “bom” in hierdie land soos hulle nie kon dink nie!

Woes Vies ·

‘n Mens kan nie anders as om magteloos te voel nie. Kan niemand sien wat aangaan en iets daaraan doen nie!!!!!! Hoe regverdig die regering al hierdie blatante rassisme? Ja!!! Rassime want dis niks anders nie! Maar o wee, behoed jou om die K woord te uiter! Dis absurd!!!! Ek raak so vies ek sal iets onverantwoordelik doen! Skel taal sal beslis nie gebruik word teen ‘n ordentlik gemanierde opgevoede mens nie maar die frustrasies agv sekere mense se barbaarse optredes dryf mens tot raserny! Waar gaan alles eindig? IN “N
BLOED BAD . Dis onvermydelik, ons is ook maar net mense en ons kan ook net vat tot op n punt.

GJ de C K ·

My opregte meegevoel aan die Hettema familie.

Daar is nie voldoende antwoorde, veral in so tyd, nie.

?????

Dierlik ·

Ons word nou uitgewis deur wrede parasiete wat self niks kan bereik nie.

GJ de C K ·

Wie’s volgende?

Dalk ek?

Dalk jy?

Dalk albei?

Wanneer gaan ons klaarmaak met politiek speel? Sodra ons klaar “gebraai” het?

Ons leef soos ons bid want ons bid soos ons leef…

Sus ·

Ons word gepaai deur te sê, maar nie net blanke boere word vermoor nie….wýs my asb één geval waar ‘n swart boer vir geen rede vermoor is!!
Genadiglik het ek goeie gesondheid en kan na myself omsien sonder énige huis of tuinhulp. Vertrou hulle lánkal nie meer nie. Daar is soveel haat in hierdie land – gepraat sal dit definitief nie kan uitwis nie.

Morne ·

Ek was een van die eerste mense op die toneel vanoggend. Deel van ons area se Concerv groet. Dit het my boos gemaak. Sinneloos. Doel loos. Daar kom n dag wat ons blankes gaan opstaan en terug baklei. Ons sal nie stil bly of niks doen nie. Slag van bloed rivier kom weer. God se hand sal saam die regverdige wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.