Kleuter se erg ontbinde lyk gevind

crime-scene-tape-320x191

Argieffoto

Die erg ontbinde liggaam van ʼn kleuter is onlangs by ʼn reservoir in Pretoria opgespoor.

Kapt. Rheineth Motlana, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê konstruksiewerkers het op 8 Oktober omstreeks 15:00 die gruvonds in Sunvalley, Mabopane, gedoen.

“Die liggaam is so erg ontbind, die polisie weet nie of dit ʼn seuntjie of ʼn dogtertjie is nie,” het Motlana Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Die oorsaak van die dood is ook nie bekend nie en vorm deel van die polisie se geregtelike doodsondersoek.”

Motlana het gesê die ondersoek het ʼn dooie punt bereik aangesien die naasbestaandes van die kleuter nog nie opgespoor is nie. “As die kind vermoor is, bestaan die moontlikheid dat hy of sy in ʼn ander gebied vermoor is, waarna die liggaam by die reservoir gestort is.”

Daar is ʼn blou kortbroek naby die liggaam gevind.

Die polisie doen ʼn beroep op mense met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan om ao. Mile by 012 725 1076 of 012 725 1060 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

faith ·

dit is wreed. is dit ni dalk di kleknding wat weg is wat die ouma gerapporteer het ni. en di ouers wat verskonings aanbied kontak daai ouma wat opsoek was na haar kleinkind

Leeann ·

Buiten dat ons nou geen kommentaar kan lewer nie, kan mens ook nie julle belangrike pos share nie !!! M.a.w. Die koerant beteken nou nix, want ek het gereeld na buiteland geshare

Sune van Heerden ·

Dagsê Leeann

Daar is verskeie deel-knoppies op die berigte.
Kontak my gerus by [email protected] indien jy vashaak, dan kan ons gou die probleem probeer opspoor.

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

faith ·

n rukki terug het n ouma gese haar kleknkind is weg. is dit ni dalk hierdie klrinding ni. polidie moet di ouma opspoor

Willem ·

Ek is miskien onnosel maar hoe spoor jy tussen miljoene mense in SA iemand se ouers of naasbestaandes op as jul nie meer inligting gee nie ,is dit n wit of swart pienk of bruin kind ,net met daardie inligting maak jul die soektog 90% makliker

Jaco Grobler ·

Willem, dit is net ‘n berig, niemand vra ons om te help met die oplos van die moord nie. As ‘n mens regtig wil help kan jy die SAP gaan sien en vrae vra/hulp aanbied. Ek vir een voel ‘n veer wat die kleur/geslag van die mens was, as die kind nog nooit as vermis aangemeld was nie, kan ek maar net dink hulle lewetjie voor die klaarblyklike grusame, alleen, vreesbevange dood ook nie lekker kon gewees het nie.

Monique ·

Ek stem saam met hierdie kommentaar. Daar is beswaarlik vir die gemeenskap se hulp gevra.

En dit is bitter hartseer om te dink waaruit hierdie kind se laaste dae moes bestaan.

m ·

As die lyk so erg ontbind is dat die geslag nie bepaal kan word nie, kan die kleur ook seker nie bepaal word nie Willem!

V ·

Hoekom moet onskuldige kinders so wreed vermoor,verkrag word en noem maar op.so onodig!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.