’n Vyfjarige seuntjie het Saterdag in die swembad by sy huis in Bluewater Bay in Gqeberha (Port Elizabeth) verdrink. Klein Ayanda Peter se 11-jarige sussie het tevergeefs ingeduik om hom uit die water te red, maar dit was reeds te laat.
Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die voorval tussen 16:40 en 17:24 plaasgevind. Die kind was glo besig om met ʼn bal in die erf te speel.
“Sy 11-jarige sussie het hom om 17:24 op die bodem van die swembad aangetref en ingeduik om hom te red. Hy was reeds dood.
“Daar word verder aangevoer dat die seuntjie vermoedelik in die swembad beland het toe hy sy bal uit die water wou haal.”
Die polisie is tans besig met ʼn geregtelike doodsondersoek. Geen verdere inligting is in dié stadium beskikbaar nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
My hart gaan uit aan die gesin. Dis ‘n verskriklike pyn om mee saam te leef. Innige simpatie aan die familie.
Sterkte aan die gesin. Dit is net verskriklik om te dink dat ‘n 5 jarige sonder toesig by ‘n swembad speel.