Kleuter wat byna verdrink, in hospitaal

(Argieffoto: ER24)

ʼn Kleuter is Dinsdagoggend in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy amper by sy huis verdrink het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê paramedici is om 11:57 na ʼn huis in Bonaero Park aan die Oos-Rand ontbied, waar hulle die driejarige seun op die sypaadjie sien lê het. Sy ma het langs hom gestaan. Dit is nie seker hoe hy amper verdrink het en wie op hom afgekom het nie.

“ʼn Man, vermoedelik die buurman, was besig om kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op die seun toe te pas toe hy bygekom het.”

Die kind het weer tekens van lewe getoon en kort daarna begin huil. Paramedici het vinnig te werk gegaan om die seun te stabiliseer.

Die kleuter is saam met sy ma na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.