
Argieffoto: ANA
Die Kaapse stadsraad sê hy is Dinsdag verplig om sy kliniek in Wallacedene te sluit weens onrus in die gebied.
“Die bestuurder se kantoor is met klippe bestook en die inrigting moes sluit nadat alle noodgevalle geassesseer is om personeellede en pasiënte se veiligheid te verseker,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê.
Pasiënte is na ander klinieke verwys en getraumatiseerde personeellede kon berading kry, sê hy.
“Die stadsraad veroordeel gewelddadige aanvalle op ons geriewe en werknemers op die sterkste moontlike wyse,” sê Smith. “Dit is ook ʼn aanval op ons kwesbaarste inwoners, diegene wat siek en ongesteld is,”
Wallacedene is ʼn township in Kaapstad se noordelike stadsgebied Kraaifontein en bestaan uit informele nedersettings sowel as laekostebehuising.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
En oor ñ week gooi hulle weer iets anders vlenters of brand iets af, omdat daar nie klinieke oop is nie. Ek is liggaam, siel en gees so bitterlik moeg vir hierdie sirkus.
Die oplossing is klomp gepanserde manne met sambokke, beskerm deur lede met rubber koeels indien nodig en wat hul terug dryf van waar hul kom.
That’s the Price we as a collective “pay” whether Directly or Indirectly, with the Manifestation and the Consequences of the South African version of the concept: Democracy!!
Viva Democracy Viva !!!!
Sjoe, hoeveel kan mens NOG vat van hierdie protesteerders, klipgooiers, amokmakers. . . . . . . . .
Ek is net so gedreineer van enige emosie teenoor die afbrekers en vernietigers. Daars nie raad nie. Al raad is om onsself in ons huise af te sonder en te hoop vir die beste en dat ons van natuurlike oorsake sal sterf.