Bradley Richards (24) het as vrywilliger gewerk vir die Plet Suid-brandbestrydingseenheid. Volgens die eenheid het Richards en ʼn medebrandbestryder, Ian Barnard, ʼn brand in die Harkerville-woud in bedwang probeer bring toe hulle deur die vlamme oorval is.
Albei mans het brandwonde opgedoen en is na die Mediclinic George gehaas vir behandeling. Richards het hier aan sy wonde beswyk. Hy het glo brandwonde aan meer as 70% van sy liggaam opgedoen. Medelye stroom intussen in vir Richards op sosiale media.
Maroela Media het vroeër berig Annelize van der Ryst, beter bekend as “Matrone Netta Nortje” van 7de Laan, se neef is oorlede tydens die verwoestende brande in Knysna. Hy het ʼn hartaanval gekry toe hy en sy gesin van hul brandende huis gevlug het.
In Rheenendal is ʼn egpaar en hul seuntjie dood nadat hulle van ʼn reusebrand in die gebied probeer vlug het en deur die rook en vlamme verswelg is. ʼn Driejarige seuntjie se liggaam is in ʼn uitgebrande gebou in Welbedacht gevind.
Die brande blyk intussen onder beheer te wees. Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van SANParke, het gesê meer as 500 huise is vernietig en duisende mense ontruim.
Volgens Mgwadlamba het die wind bedaar en kan helikopters en vliegtuie nou gebruik word om die brande te help blus.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Wat ‘n groot verlies. ‘n Jong man wat sy LEWE vir ander gegee het. BAIE DANKIE, jy is as ‘n held oorlede. Ons innige simpatie met sy ouers en naasbestaandes. Hy het ‘n verskil gemaak, hy het gehelp, hy het verhoed dat ander doodbrand. RIV jongman, jy het ‘n HELDEDAAD verrig.
Sjoe, sterkte aan sy familie. So hartseer. En dan hoor ek Zuma se hy gaan nie tyd en geld mors op mense wat vir die D.A gestem het nie so die D.A moet maar help. Geen idee of dit waar is nie maar as dit is voel ek dis genoeg rede om van hom ontslae te raak. Dis vieslik. Hoeveel mense is nou al dood en hy weier om te gaan simpatie tenminste wys want hulle het D.A gestem?!
RIV Baie jammer vir sy Familie
Wat is die nasionale regering se houding, uitsprake of kommentaar oor die krises? Was daar al enigiets? Fopnuus beweer verbysterende kommentaar van no1.
Wonderlike jong man wat as vrywilliger gehelp het.
Sterkte aan sy familie. Ons dink aan julle in hierdie hartseer tyd.