Koebaai, e-tol!

(Argieffoto: ANA)

Die Gautengse provinsiale regering het bevestig dat ʼn aantekening Saterdag gemaak is om e-tol finaal te deaktiveer.

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, sê weens die behoefte om sleutel-komponente van die memorandum van verstandhouding tussen die nasionale regering en die provinsiale regering te finaliseer, sal die saak in die nuwe jaar finaal afgehandel word.

Lesufi wil graag Gautengse inwoners gerus stel dat daar nou nie meer enige omkeer is om van e-tol ontslae te raak nie.

Hy is verheug oor die vordering wat tot dusver gemaak is deur die tegniese span wat opdrag gegee is om die e-tolstelsel te deaktiveer.

Die kennisgewing oor die afskakeling van e-tol sal vroeg in die nuwe jaar in die Staatskoerant gepubliseer word waarna die afskakeling 14 dae ná die publikasie sal geskied, soos ooreengekom met die nasionale departement van vervoer.

Maroela Media het vroeër berig Lesufi het in November ʼn finansieringsmodel onthul vir die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP). Dit volg ná finansiesminister Enoch Godongwana se aankondiging tydens die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) om e-tol te skrap en seker te maak dat die regering pa staan vir die e-tolskuld. Die nasionale regering sal 70% bydra tot die skuld en die provinsiale regering 30%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.