Koebaai kaderontplooiing met nuwe beleid

Leon Schreiber (Foto verskaf deur die DA)

Die DA het Donderdag aankondig dat die Suid-Afrikaanse kabinet ʼn beleid van die DA as amptelike beleid aanvaar het in ʼn gebied wat noodsaaklik is vir die land se oorlewing en toekoms.

Leon Schreiber, die DA se skaduminister oor staatsdiens en administrasie, sê dit is die eerste keer in ons demokratiese geskiedenis dat só iets gebeur.

Die nasionale raamwerk vir die professionalisering van die staatsdiens, wat op 19 Oktober 2022 deur die kabinet goedgekeur is, het geheel en al die DA se beleid vir die afskaffing van kaderontplooiing aanvaar sodat dit vervang kan word met merietegebaseerde aanstellings in die staatsdiens.

“As die hoogste uitvoerende besluitnemende liggaam in die land beteken die kabinet se aanvaarding van hierdie beleid dat pres. Cyril Ramaphosa se regering erken dat die DA se merietegebaseerde aanstellingsbeleid die enigste manier is hoe ons ons land se korrupte staatsektor kan begin herbou.”

Dié raamwerk sal nou die hoogste beleidsriglyn in die staatsdiens wees en dit beteken dat alle ander wetgewende beleidsbesluite in die staatsdiens gewysig sal moet word om seker te maak dat alle kaderontplooiing uitgeroei word.

“Die DA sal met hand en tand baklei om seker te maak dat dit in elke sfeer in elke instansie van die regering gebeur. Die raamwerk het erken dat ‘werwing en keuringspraktyke gebaseer op ontplooiing berug geword het en tot sinisme gelei het’.”

In nog ʼn duidelike verwysing na die DA se voortgesette hofsaak om kaderontplooiing ongrondwetlik en onwettig te verklaar, erken die beleid ook dat “sommige selfs [die grondwetlikheid van kaderontplooiing] bevraagteken wat betref die beginsel van gelykheid”.

“Nou dat die DA hierdie geveg vir beleid gewen het, gaan ons verder fokus op ons geveg in die howe en ook ʼn nuwe front open om seker te maak dat hierdie nuwe beleid afgedwing word. Ons gaan daarom dringend aan pres. Cyril Ramaphosa skryf en versoek dat hy sy vorige besluit, om die DA se hofsaak teen kaderontplooiing teen te staan, terug te trek.

“Die feit is dat die afskaffing van kaderontplooiing nou amptelike regeringsbeleid is en dit maak geen sin vir die president om ons hofsaak verder teen te staan nie.

Schreiber voeg by die DA sal ook die speaker van die nasionale vergadering versoek om die DA se Stop Kaderontplooiingswetsontwerp terug te stuur na die komitee om hierdie wetsontwerp te aanvaar in lyn met die nuwe beleid.

“Die aanvaarding van DA-beleid as amptelike regeringsbeleid is ʼn enorme deurbraak in ons demokratiese geskiedenis. Dit bevestig dat selfs die ANC nou aanvaar dat die DA se beleide en idees gereed is om in regering te kom. Ons gaan daarom aanhou werk om kaderontplooiing af te skaf deur die howe en die instelling van hierdie nuwe beleid. Die DA is gereed om te regeer.”

Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jack ·

Wow, en die DA het dit alles op hul eie houtjie reggekry? Wonder net waar was die VF+ en Afriforum die hele tyd? Seker maar geslaap of hoe.

Keelvol ·

Die DA is n groot teleurstelling….. hulle kon nie eers Johannesburg of Ekurhuleni as burgemeester behou nie.

Louis ·

Wonder net waar word al die kruisies van Afrikaners getrek, wanneer daar verkiesings is? Dikwels by die DA, wat die Afrikaner net gebruik! Dan word daar verwag dat die VF veel moet bereik!

JohanR ·

Ek gee nie om wie wat doen nie solank hulle die ANC beetkry – AfriForun, Solidariteit, VF+ of DA – gee nie om wie nie.

Boatsie ·

Mense moet nou net asb val vir die “trick: nie.
Vetkiesing kom so partye (lees ANC) gaan verskriklike snaakse goed aanvang om stemme te wen.

Dup ·

Die kaders sal steeds aangestel word; net op ñ ander manier.Onthou,hulle is almal broers en susters en bloed is dikker as water.

Aggie ·

Kom ons kyk eers, liewer as om negatief te wees. Ek glo die DA sal dit met arendsoë dophou !

Strandloper ·

So streng gesproke sit ons nou sonder n staatsdiens. Kan dan net beter gaan!

Ian ·

Naïf as julle dink dit gaan enige iets verander op grondvlak.

Carel ·

Dit is net ” praat ” …. Sal wag tot ek dit in werklikheid sien

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Alle poste van assistent direkteur en hoër in alle staatsorganisasies moet by wyse van wet in die openbare domein geadverteer word. Enige joernalis en senior lui van politieke partye moet die reg hê om die onderhoude met die werkapplikante te kan bywoon. Hulle moet ook die reg hê om vakspesialiste te sekondeer om ook die onderhoude by te woon. Sognaarheid en openbare verslaggewing van die hele prosesvan aanstellings is onondelhandelbaar.

Wondermaarnet ·

En ons moet dit glo? Waar gaan hulle van die gravy train afspring?

Herman L ·

Mag die DA susksesvol wees hiermee! Ons moet egter onthou dat ons hier te doen het met ‘n regering wat nie vertrou kan word nie.

Yvonne ·

Dankie DA….my gebede vir julle….ek is seker skepties maar ek vertrou die vrede glad nie.

gatgogga ·

Hierdie is ‘n goeie positiewe stap van die DA in die regte rigting. Die ou klomp murmereerders op hierdie forum weet seker van ‘n ander manier om om kaderontplooiing te beperk? In stede van kerm, vertel vir ons.

Nie Verbaas ·

Ek wil sien hoe dit nou gaan werk. Tegnies moet dit beteken dat die meerderheid nou hulle werk moet verloor. Wat van die ministers want hulle is vas aan die slaap en hopeloos? Twyfel ook sterk aan hulle “kwalifikasies” en soos opgelet met Zondo kommisie ook hoofde van instansies soos byvoorbeeld die voormalige dame van SAAT wat glo n geoktrooieerde rekenmeester van beroep is, is n sprekende voorbeeld. Ligte daar totaal af.

JohanR ·

En hoe lank sal die vat on van die heidige kaders ontslae te raak – nog 28 jaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.