Kommer oor diefstal van Sassa-geld by poskantore

Argieffoto (Foto: ANA)

Die onlangse inhegtenisnemings van twee poskantoorkassiere in Butterworth in die Oos-Kaap vir beweerde bedrog van sowat R4,1 miljoen se Sassa-geld, wek kommer oor die wydverspreide aard van hierdie diefstal binne poskantore reg oor die land.

Volgens Natasha Mazzone, die DA se skaduminister van kommunikasie en digitale tegnologieë, is daar ’n dringende behoefte aan voorkomende maatreëls om te verhoed dat sulke misdade by die poskantoor seëvier.

“Weereens is die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), saam met sy werknemers, gewikkel in ’n vlaag van ongebreidelde diefstal wat Sassa-toelaes behels, geld wat bedoel is vir die mees kwesbare lede van ons samelewing,” sê Mazzone.

Hierdie kommerwekkende neiging word vererger deur die sluiting van meer as 300 poskantore in die afgelope drie jaar, wat die oorblywende fasiliteite meestal vervalle, ontoeganklik en wanfunksioneel laat, sê Mazzone.

“Gevolglik word Sassa-ontvangers belas met die taak om lang afstande te reis om hul broodnodige maandelikse toelaes af te haal, en ’n aansienlike deel van hul geld aan vervoer te bestee. Dit is nou die tyd om die vestiging van ’n veilige en bedrogvrye stelsel te prioritiseer om Sassa-toelaes stiptelik uit te betaal.

“Die huidige toestand van Sapo, wat gedeeltelik gelikwideer bly met geen duidelike pad na herstel nie, noodsaak vinnige optrede om die las wat Sassa-begunstigdes in die gesig staar, te verlig.”

Mazzone sê boonop lê onlangse begrotingsoorsigaanbiedings van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie die ondoeltreffendheid en wanfunksionaliteit van hierdie regeringsliggaam bloot. “Die konsekwente wanbestuur, plundering en diefstal laat ernstige vrae ontstaan oor die omvang van die lyding wat die Suid-Afrikaanse publiek verduur weens pure onbevoegdheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Owlie ·

Stop hierdie SASSA kaarte en poskantoor gelde en gee vir al die SASSA pensionarisse ‘n bank rekening waar hul geld inbetaal moet word. Dit sal ook die gevare van ou mensies wat by winkelsentrums soos skape in rye sit en wag vir hul geldtjies uit die weg ruin. Banke soos Thyme bank by Pick n Pay en Capitec werk perfek – heelwat pensionarisse se pensioene word al daar in betaal

Mariana ·

Solank hulle dan nie bankfooie hoef te betaal nie. Die geldjies is min en fooie sal dit nog minder maak.

Piet 6 ·

SASSA pensioene kan by enige bank inbetaal word indien jy ń bankrekening het en bewys dit is jou rekening.

annie ·

Om vir ‘n groot pot sop wat oorkook te sê: Stop jou nonsens. Dit is hoe ons Afrika se lewensstyl wil verander. Vergeet daarvan. Dié ANC het die land oorgevat en al skree jul hoe, hul sal presies so bly. John Zelensky probeer met ‘n slinkse plan om die president word. Hy gaan eerder die ANC versterk want sy pakt is bloot die verbreding van die munisipale manewales wat grootskaalse infrastruktuurskade en ekonomiese skokke tot gevolg gaan hê.

JvR ·

Watter een van die twee? Dit is n verloor verloor situasie. En die rowers weet dit

George ·

Die probleem is net MJLS waar sluit jy al die skelms betrokke in korrupsie toe….ons tronke is oorloopens toe vol van al die land se kriminele en misdadigers ????????????????

CHRISTINE ·

Natuurlik.
En dan is die anc kriminele ‘bekommerd’ dat die DA ens die weskaap wil afstig.
Ek slaan my oe op na die berge.

Perdeby ·

BAie mense kry hulle SASSA geld direk in hulle bank, maar daar is mense in die rural gebiede wat geen toegang tot banke het nie, en hulle koop ook hulle benodighede by straat vendors wat geen kaart fasilteite het nie, so dit gaan vir baie onmoontlik wees.

Jax ·

Gaan op Facebook se marketplace en tik in die soekfunksie “sassa card” – oë oopmaker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.