Kommer oor EFF-betoging in Phoenix

Die EFF beoog om Donderdag na Phoenix op te ruk. (Foto: DA/Facebook)

Die EFF in die eThekwini-streek ruk Donderdag op na Phoenix, met sy oorwegend Indiërbevolking, in protes teen wat die party bestempel as die “rassemoorde op swart mense”.

Minstens 36 mense is dood in ʼn vlaag moorde wat gepleeg is tydens verlede maand se oproer en plundering in die gebied. Die minister van polisie, Bheki Cele, het Dinsdag ook gesê die voorvalle van geweld in Phoenix was die episentrum van “grusame misdaad en rassistiese voorvalle wat gelei het tot wrede moorde en beserings, gruwelike skade aan eiendom en ongekende pyn en trauma”.

Inwoners het in reaksie op die grootskaalse plundering oënskynlik self probeer om hul gemeenskappe te beskerm, padblokkades opgestel en buurte gepatrolleer. Die situasie het egter in chaos ontaard en die padblokkades het volgens die minister verander in plekke van boendoegeregtigheid waar mense op grond van hul velkleur gekeer is om die buurt binne te gaan.

“Ons vra vir die onmiddellike inhegtenisneming van al daardie rassistiese moordenaars en die beslaglegging van alle onwettige vuurwapens,” lui die EFF se oproep.

Cele het vroeër gesê minstens 22 mense is reeds in verband met die voorvalle aangekeer en ʼn span van 31 speurders is aangestel om die altesame 52 sake wat tot dusver aanhangig gemaak is, te ondersoek.

Julius Malema, leier van die EFF, het op Twitter gesê ʼn aanval “op enige vegter in Phoenix is ʼn aanval op almal in Suid-Afrika en ons sal dienooreenkomstig reageer”.

Die DA het intussen aan die voorsitter van die Menseregtekommissie (MRK) geskryf en hom gevra om in te gryp by die toenemende “rasluitlokking” en rasgedrewe sondebok-makery in die provinsie.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê die optog is daarop gemik om mense teen Indiërmense op te sweep.

“Hulle hoop om rassespanning aan te vuur en geweld tussen swart en Indiër-inwoners aan te blaas. Die soort verwoestende rasse-uitlokking is wat die EFF het om te bied in die politieke diskoers en dit kan nie toegelaat word om pos te vat nie,” sê Steenhuisen.

Hy sê nes in die geval met die opbou tot die plundering en geweld drie weke gelede – wat begin het met die byeenkoms by Nkandla kort voor oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisnemings – is dit duidelik dat die polisie in die provinsie nie kan of wil ingryp om ʼn dreigement van geweld te stuit nie.

“Die meeste Suid-Afrikaners wil niks met hierdie ANC-faksiegeveg te doen hê nie en hulle wil beslis ook nie in die geweld daarvan vasgevang word nie.

“Dit is daarom belangrik dat dit gestuit word voor dit in ʼn volskaalse rasoorlog ontaard,” sê Steenhuisen.

Dit is nie die eerste keer dat die EFF opruk om sy ongelukkig met ʼn situasie te kenne te gee nie. In Brackenfell in die Wes-Kaap het ʼn EFF-betoging in November verlede jaar in chaos ontaard en skade van honderde duisende rand is tydens die optog aan munisipale eiendom aangerig.

’n Brandweerwa en ’n stuk veld is gedurende die betogings aan die brand gesteek en paaie, munisipale vullisdromme en verkeersligte is beskadig. Die betogings is voorafgegaan deur ’n herrie oor ’n matriekafskeidsfunksie wat kwansuis net vir wit leerders gehou is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het in Desember egter bevind daar was geen bewyse dat enige leerders doelbewus op grond van hul ras uitgesluit is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Francois ·

Die polisie het indier huise deurgesoek en alle vuurwapens afgevat. Waarom soek hulle ook nie elke taxi deur want elke taxibestuurder het n unlicenced vuurwapen by hulle.

Werner ·

Die EFF gaan weer seerkry en dan moet hulle nie huil nie.Nog nie agter gekom dat die mense nie vir hulle bang is nie en nou moeg raak vir hulle nonsens.

marius ·

Jul hoofman het mos groot gewag gemaak dat julle deel was van die struggle teen die Afrikaner . Geniet maar jul rassistiese heen en weer slinger . Daar is NIE EEN AFRIKANER betrokke nie .

Persheks Adri ·

Die grootste rassis dreig al wéér en kom NIKS oor nie pffft! Is jou wapens gelisensieerd Julius?

gatgogga ·

Ramaphosa en Cele sal weer die EFF steun, veral in hierdie geval. Die ANC moet hulle eie skuld in die chaos agter die rookskerm van rassisme probeer verberg, en dus weer die ou resep van rassisme.

Kokerboom ·

Wanneer gaan CR regtig nou begin om as onpartydige leier op te tree en die land behoorlik te bestuur?
Vraag is ..het hy dit wat dit vereis as leier? Sy voetspoor tot nou toon die totale teendeel!!!.

JM ·

As Bizos weer die ruimte bestyg, moet hy vir Juliaas saamneem en hom sommer daar los.

Elize ·

Enige uitbreek van geweld of verlies van lewens verder le ek voor die deur van die regering. Hulle vuur hierdie proteste aan want daarom gee hulle toestemming daarvoor, Dis net om ons aandag af te trek van hulle onvermoe om die land te bestuur. Spul lamsakke wat agter die grootste rassis in die land se voorskoot skuil.

tweeling ·

As jy in die leeu se den wil inloop moet jy nie kla as jy gebyt gaan word nie. Hoop die rooi pette kry goed pakslae.

Maritza ·

So hulle kan kom plunder en verwoesting saai en jy mag nie jouself verdedig nie? Hulle veroorsaak miljarde se skade, mense verloor hulle werk en besighede as gevolg van die plundering maar hulle is die slagoffers? Dog dis onwetig om ‘n sekere aantal mense in die oopte te wees maar die polisie sal net waaksaam wees? Van wanneer af betoog die EFF sonder geweld? Julius kruip weg agter “rassisme” want hy ken geen ander woorde nie

Kobus ·

Ek was onder die indruk dat rassisme slegs geld wanneer witmense teenoor ander rasse iets negatief se of doen. Kan ek nou aflei dat Zulu teen Sotho ook rassisme is….hang seker af wie trek aan die kortse end. Die Indiers het ruggraat,gaan hulle nie laat intimideer nie.

Samuel ·

Ek hoop die polisie in Durban/Phoenix het ruggraat en stop die EFF plunderaars. Ekglo nie minister Cele gee eintlik om as Indiër bloed verspil word nie.

Mariana ·

Die EFF is altyd besig om iewers amok te maak en hul leiertjie is grootste rassis wat als in rassisme omsit. Die mense van Phoenix het hulself en hul families en besighede beskerm en daarvoor moet hulle nou uitgekryt as rassiste. EFF het niks daar verloor nie en hulle soek nou vir iets wat kon gebly het. Maar die regering gee nie om hoeveel skade hulle nog kan aanrig nie, dit hou aandag van hulle af.

Anel ·

Pleks gaan hy terug na sy land van oorsprong. Hier beteken hy niks en hits net oorlog aan. Wat het by nou al opbouends gedoen vir die land? Los die indiers uit. Hulle hou hulle eenkant en beteken iets vir die ekonomie. Hulle was ook nie betrokke by die plundering nie. Hulle besketm slegs hulle self en eiendom. So nou is dit onwettig, selfs volgens die man met die hoed. Dis net jaloersie. Hierdie mense het hulle self op gewerk en het verstand. Iets wat die eff en malema nie het nie.

Frikkels ·

Kom ons maak ñ lang storie gou gou kort.
Arresteer die hoof kriminele wat geweld en anargie aanhits voor die voet. Sleep die hele spul hof toe op aanklag van terrorisme en verban hulle uit suid afrika. Voorts moet enige een wat hulle ideologieë steun, summier uit die samelewing verwyder word. Verban alle unies, en siedaar! Suid Afrika is op pad om ñ model land te word.
O gaats! Amper vergeet ek. Vervang die korrupte anc regering en kaders met mense wat die land op ñ suksespad wil plaas en alle probleme is opgelos, of hoe?

Gary ·

Het die regering/polisie en eff verwag dat daai arme mense net een kant moes staan en gekyk het hoe die kriminele hulle lewens en besittings verwoes? Ek verstaan dit nie.

Erika ·

Nogal baie snaaks dat EFF nie aanspreeklik gehou work deur ANC nie..Ne
Die EFF tree asof hulle Kan Doen wat Hulle lus kry..
en Se wat Hulle lus kry…
Daar is Groot Drama as wettige Burgers hulle self Wil verdedig & deel is van sekere Ras groep hulle self Openlik Beveilig.-Maar die kurruptes in mags posisies mag wapens onwettig gebruik en wegkom daarmee agteraf.. -En hulle is tjoepstil …as sulkes moet aanspreeklik gehou moet word LOL

JohanR ·

Kan die EFF niks anders doen as om af te breek nie. Kan nie aan een ding dink waat hulle gebou het nie, of op gebou het. Hier in die Kaap het hulle hulle gatte gesien, en dink nie hulle sal gou weer hier ietsie gou probeer nie. Ek was daar en dit was vir my soe lekker om die rooies vlug met die pad af soos die rook en firebombs geval het.

Sê maar net ·

Goed, die polisie weet dat hulle beplan om daar te vergader. Dis tot op die nuus…..Wat gaan hulle daaromtrent doen? My moed sak daagliks in my skoene. Dis asof Suid Afrika op ‘n skinkbord aangebied is vir enige enige persoon/ instansie/ faksie om dit stukkie vir stukkie te vernietig en soos miere onder hulle skoene vrek te trap :(
Wie is die “puppet masters” wat die toutjies trek om ons eens pragtige land te vernietig?

4ntj13 ·

330 mense dood. 150 000 werke in gedrang. R50-biljoen hap uit ons verwagte GDP. Wat is “Phoenix Massacre” in Afrikaans?

Anoniem ·

Die EFF moet regtig ‘n slag voor hul eie deur begin vee. Almal word skuld gegee, maar hul party staan agter die deur.

Esme ·

Aai Julius, wanneer gaan jy ophou om in die verlede te leef? Jy haat Blank, jy haat Indier, jy haat vooruitgang, jy haat voedsel voorsieners, jy haat skoolkinders en bejaardes maar jy kom nie met oplossings nie.
Wat probeer jy bereik? Chaos, wanorde en sanksies wat jou mense gaan lam le?
Ek wens ek kan vir een dag dink soos jy, want ek dink nie, jy verstaan jou eie denkwyse nie.
Jy lees rassisme in alles maar ek het die betekenis van die woord gaan opsoek en aangesien jou Engels veel beter as jou Afrikaans is, deel ek die betekenis graag met jou – in Engels:
‘The prejudice that members of one race are intrinsically superior to members of other races’
‘Discriminatory or abusive behavior towards members of another race’
Ek dink die woord beskryf jou en jou sienings in vele aspekte

Adriana ·

Daar gaan die EFF seerkry, daardie mense gaan nie stil staan vir hulle nie, hul gaan baklei om hul gebied veilig te hou. Dis tyd dat almal teen hierdie mense op staan, wat niks goed vir die samelewing is en beteken, wat net weet van verwoes en breek. Gee hul gas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.