Kommer oor Olimpiese Spele ál groter

Die 2020- Olimpiese Spele sou in Maart verlede jaar al plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel. (Foto: Behrouz MEHRI/AFP)

Die blyk dat kommer en onsekerheid oor die kwessie of die Olimpiese Spele vanjaar wel moet voortgaan, toeneem.

Die Japannese tennisspeler Naomi Osaka het nou ook haar kommer oor die Olimpiese Spele, wat veronderstel is om in Julie vanjaar in Tokio af te skop, te kenne gegee. Die 2020- Olimpiese Spele sou in Maart verlede jaar al plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel.

“Ek is ’n atleet, so my eerste gedagte is dat ek aan die Olimpiese Spele wil deelneem. As mens weet ek egter ons is in ’n pandemie. As mense nie gesond is nie en onveilig voel, is dit ’n groot rede tot kommer,” het Osaka aan die Britse uitsaaier BBC gesê.

Medetennisspeler Kei Nishikori het ook vroeër gesê daar moet beslis gesprekke plaasvind om te bepaal of Tokio steeds daarmee moet voortgaan.

’n Peiling wat onlangs deur Kyodo News, ’n voorste nuusorganisasie in Japan gedoen is, wys dat 59% van respondente verkies dat dit gekanselleer word.

Die Amerikaanse tennisspeler Serena Williams het ook aangedui dat sy haar nog nie tot vanjaar se Spele verbind het nie, gedeeltelik weens die pandemie, maar ook omdat sy nog nooit langer as 24 uur van haar driejarige dogter Olympia weg was nie.

“Ek het nog nie veel oor Tokio nagedink nie, omdat dit aanvanklik verlede jaar gehou sou word en nou dié jaar. Boonop is daar hierdie pandemie en soveel om oor te dink,” sê Williams.

Talle toetsreekse is sedert die pandemie uitgestel of opgeskort, wat die organiseerders van die Olimpiese Spele se vele uitdagings uitlig.

Die paralimpiese atleet Tomomi Tozawa het vandeesweek aan AFP gesê dat atlete voorberei asof die Spele voortgaan, maar dat dit te verstane is dat mense nie vanjaar se geleentheid goedkeur nie.

“Kan ons werklik ’n veilige Olimpiese Spele in dié omstandighede aan almal waarborg? Ek dink nie ons kan met selfvertroue ‘ja’ antwoord nie.”

Organiseerders van die enorme byeenkoms hou egter steeds vol dat die geleentheid veilig kan voortgaan. Hulle het reeds reëlboeke bekendgestel wat volgens hulle sal verseker dat die grootste sportgeleentheid wat sedert die pandemie gehou sal word, nie die virus versprei nie.

Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach, moes egter Maandag sy beplande reis na Japan kanselleer nadat ’n Covid-19-noodtoestand verlede week in dié land verleng is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fedup ·

I understand people’s concerns. You want to stay healthy and all that go with it.
Stone me for what comes out of this brain this instant.
This is Not normal, not even the new normal everyone is cramming down our throats.
Life goes on. Live it fully, no matter what.
If we go and sit in a little dark corner, to scared to move, mingle or live our lives the way we did, we are not human.
Suck it up and do what you always did.
We only live once so live each day as if it is your last.

Misky ·

Ek stem 100% saam jou en wens net ons kan met die daaglikse aangaan. Ek wil net my seun se rugby wedstryd kan kyk en nie soos ‘n palooka deur palisade nie

JM ·

Ek dink dit is dwaas en domastrant om met die Spele te wil voortgaan.

Irma ·

Wat dan van die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika? Is dit nie ook n groot risiko nie?

Pampoen ·

Laat die wat wil deelneem eers ingeent word, dan deelneem en twee weke in kwarantyn bly met hulle terugkoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.