Kommer oor superverspreiding van virus by Sassa-betaalpunte

Begunstigdes staan toue voor ‘n Sassa-betaalpunt in Gugulethu naby Kaapstad. (Foto: ANA)

Kommer bestaan dat sekere betaalpunte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) vinnig besig is om ’n superverspreidingspunt van Covid-19 te word aangesien begunstigdes van maatskaplike toelaes nie sosiale afstande in die toue handhaaf nie.

Mondli Gungubele, voorsitter van die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling, sê die lang toue voor Sassa-betaalpunte moet nie net nóú bestuur word nie, maar ook permanent met wortel en tak uitgeroei word.

Sassa het Woensdag aangekondig dat hy verskillende maatreëls gaan instel om die lang toue te bestuur. Hieronder is ʼn besprekingstelsel, die verskaffing van gesondheidsdienste, asook die toeken  van verskillende dae vir verskillende soorte toelae.

Sommige begunstigdes het selfs voor die Sassa-betaalpunt geslaap sodat hulle hul toelae kon kry. (Foto: Twitter)

Gungubele verwelkom die maatreëls, maar glo selfs meer kan gedoen word. Hy sê Sassa moet op lang termyn heeltemal met toue voor betaalpunte wegdoen.

“Die toue soos dit vandag lyk, kan kwesbare mense blootstel aan Covid-19 en die nuwe virusvariant.”

Hy doen intussen ’n beroep op begunstigdes om gebruik te maak van die besprekings- of afspraakstelsel en hulself so teen Covid-19 te beskerm.

“Ons het munisipaliteite in dié stadium nodig om fasiliteite vir Sassa-gebruik as betaalpunte te bied. Dit is ʼn vrygewige en redelike daad vir munisipaliteite veral in hierdie tyd van nood vir ons mense,” meen Gungubele.

Hy sê voorts dat mense nie die ongerief moet verduur om buite te slaap net om hul toelaes te kry nie. Gungubele het ʼn beroep op die departement en Sassa gedoen om hul kommunikasie oor die strategieë en planne, veral met gemeenskappe in Covid-19-brandpunte, te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pieter ·

Het dit maande terug al genoem. SAPS is blind vir hierdie toedrag van sake. Grendeltyd en Covid-19 raak ‘n klug. Hulle is agter jou en my se vryheid en lewensstyl. Sien nuwe advertensie op internet: You can do with less. Deel van nuwe normaal na Covid-19.

Suzette ·

Ek stem Pieter – en dan loop die hoedman op strande rond ….NARRE

Dup ·

Ons het innoverende idees en tegnologiese oplossings nodig om hierdie probleme die hoof te bied.Lang toue is oral: SASSA,Poskantore,Binnelandse Sake,Lisensiekantore, ens. ens.Is daar die nodige kundigheid in die betrokke instellings,ek dink nie so nie.

Lynette ·

As ek na die manier hoe slim die bestellingsproses by ons McDonalds werk, Kan ek nie Glo dat met n bietjie programming en meer en beter toesig by die rye daar nie iets uitgewerk Kan word nie. Die tegnologie en die breins is daar.

Ronel ·

VAt hulle ook maar lank om DIT agter te kom. Van dag 1 af het mense al hul komer daaroor uitgespreek, maar die slim mense het dit afgemaak as paranoia.

Sarel ·

Dit is algemene probleem wat al in die verlede onder SASSA se aandag gebring is. Sommige Privaat instansies help nie meer nie. Gasn kyk maar waar mense by die Poskantore toustaan vir toelaes
Dit irriteer my egter dat sommige mense Politiek aan alles wil koppel.

Michelle ·

Ons het kundigheid, net nie in die sogenaamde regering of enige politieke partye nie. Dit bly net by praat praat. Stop die korrupsie, doen julle werk!

Genis ·

SAPS sal eerder n blanke Pa wat vir pas gebore baba melk by n hospital gaan koop arresteer… want dis na 21H00

Tanniepetoors ·

Hoe lank neem dit die regering om sulke uiters kritieke brandpunte raak te sien en IETS daaraan te doen? SASSA is totaal wanordelik en beslis onder uiters swak beheer en bestuur. Blykbaar ook talle vakante administratiewe poste wat al maande, indien nie jare lank, nie gevul is nie. Die diens, wat ek self in die Pretoria admin kantore ondervind het, was uiters, uiters swak met meer mense wat ledig rondsit as mense wat werk. Daar moes twee name en ‘n van en ID op ‘n vorm getik word. Dit is tweemaal verkeerd gedoen. Die proses het sowat twee en ‘n half uur geneem (benewens die tyd wat ek my beurt moes afwag om tot die afdeling toegelaat te word).

gatgogga ·

Ons almal ondervind soortgelyke onbekwaamheid, orals waar ons gaan.

JohanR ·

Nou eers….jaag ‘n paar wittes op die strande terwyl honderde saam drom by SASSA betaal punte. En NOU is hulle skielik bekommerd…..Animal Farm.

Piet ·

Jy vergelyk mense wat ‘n paar rande moet kry vir oorlewing met jou wat op die strand kuier. Ongelooflik

Jani ·

Binnelandse sake is net so ‘n gemors – moes my seun se id kaart gaan afhaal en het 5ure in ‘n ry van omtrent 500 mense gewag. Hoe maak dit sin dat die kaarte gedurende n pandemie nie gepos kan word nie? Dis selfs verseël in ‘n koevert,so iemand word ‘n salaris betaal om dit te doen…waarom mense forseer om soos sardientjies (die meeste met maskers onder die ken gehaak) om vir ure in mekaar se asems te wees? Dan word daar nogal flink verkope gedoen van los sigarette, ysies, aartappelskyfies en sjokolade – sodat almal rede het om sonder n masker daar te staan.. En “social distancing” is n konsep wat niemand verstaan of aanvaar nie. Navorsing het reeds bewys dat die virus nie met papiere versprei word nie – pos die vervlakste goed man, al is dit met geregistreerde pos.

Tanniepetoors ·

Tog net nie geregistreerde pos nie. Dan staan jy ook in die poskantoor se ry tussen die massas sonder maskers

Natasha ·

Wat van ons kry die polisie en weermag weg van die strande en plaas hulle by die punte om mense te help reguleer om sosiale afstand te hou en maskers te dra?

Dup ·

Die vullis voor die gebou is ñ goeie advertensie vir SASSA en die betrokke Minister.

Zombie ·

Van die os op die jas – praat mens van “toue” of “rye” of is albei korrek, MM?

Pieter ·

Dit is die sirkus regering vir wie hulle gestem het. Hulle kry mos als verniet en ons betaal staan kry vir julle. As stemdag kom dan stem julle weer vir die ANC sirkus

Hennie ·

Waar is Kopdoek nou? Maklik om vir ‘n privaat instelli g te beveel om handreinigers te verskaf, maar oo weë, as dit by die verrotte ANC se verligting kom dan is daar geen dissipline nie!

Hennie ·

Die regering wil juis so ‘n paar SASSA grant ontvangers minder maak!

Hannes ·

Elle lange toue met gepaardgaande onvoldoende mense om diens te lewer en oormatige burokrasie geld eweneens by hernuwing van motor lisensie, bestuurslisensie, enige aksie by Dept Arbeid asook Binnelandse sake en vele ander sg munisipale, provinsiale of nasionale “dienste”.
Almal het in vandag se internet milieu die ongebruikte geleentheid om elektronies afgehandel en betaal te word.

Jdb ·

Verskaf SASSA handreiniger soos die banke nou geforseer word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.