‘Kommunistiese’ vlagskipprojek in Vrystaat sink finaal

Die projek het miljoene rande gekos, maar het nou finaal misluk. (Foto: DA)

Die suiwel- en vleisbeeste is verkoop of geëet, dit wat bymekaargemaak kon word, is vir skrootmetaal verkoop en die boorde is verlate en dood.

Die Diyatalawa Agri-Village-projek tussen Harrismith en Kestell in die Vrystaat is ʼn skaduwee van die ten volle toegeruste suiwelboerdery wat dit eens was. Die skuur is leeg en van die boerderytoerusting en voertuie wat daar eens gestaan het, is daar geen teken nie.

ʼn Oorsigbesoek aan die agri-dorpie, ʼn vlagskipprojek van die voormalige Vrystaatste premier Ace Magashule, wys die boerdery is finaal daarmee heen. Die DA het in 2019 al gewaarsku die projek, waarin die regering miljoene rand bly stort het, is op sy laaste bene. Ten spyte van die reusebelegging daarin het die projek tussen 2010 en 2019 ʼn inkomste van minder as R2,5 miljoen gegenereer – en dit het nou ook opgedroog.

Ten spyte van die reusebelegging daarin het die projek tussen 2010 en 2019 ʼn inkomste van minder as R2,5 miljoen gegenereer – en dit het nou ook opgedroog. (Foto: DA)

Sommige mense woon steeds in die 50 huisies wat gebou is vir begunstigde families van Operasie Hlasela, terwyl die skool en crèche steeds bedryf word. Die hoop en drome van ʼn boerderylewe – en een sonder armoede – is egter aan skerwe.

Dr. Roy Jankielsohn, die DA-leier in die Vrystaat, sê die enkele gewasse wat die staatsgefinansierde Mokgolokoeng- boerproduksieondersteuningseenheid hier vir inwoners geplant het, kan nie diegene onderhou wat agtergebly het nie. Die huidige hoë insetkoste van produkte soos brandstof gaan enige verdere aanplantings onvolhoubaar maak.

Die DA het in 2019 al gewaarsku die projek, waarin die regering miljoene rand bly stort het, is op sy laaste bene. (Foto: DA)

Oudpres. Jacob Zuma het die omvattende landelike ontwikkelingsprojek (CRDP) in 2009 bekend gestel en Diyatalawa is geïdentifiseer as een van die loodsprojekte vir die projek, juis weens die reuse-armoede van diegene wat daar woon.

Jankielsohn sê die projek was die regering se “sosialistiese reaksie” op armoede en voedselonsekerheid en moes sakegeleenthede skep vir vroue in landelike gebiede, jong mense en diegene met gestremdhede.

Zuma het Diyatalawa in 2011 besoek.

Dr. Roy Jankielsohn tydens ‘n oorsigbesoek aan die agri-dorpie. (Foto: DA)

“Soos die meeste ander landbouprojekte in die Vrystaat, is die projek – nes die Vrede-suiwelprojek – as ʼn geldelike onttrekkingsmeganisme gebruik om pryse op te jaag en ten koste van begunstigdes te plunder,” sê Jankielsohn.

Die suiwel- en vleisbeeste is verkoop of geëet, dit wat bymekaargemaak kon word, is vir skrootmetaal verkoop en die boorde is verlate en dood. (Foto: DA)

Dit het ingesluit die bou van infrastruktuur wat ʼn klein waghuisie en hek teen ʼn koste van R600 000 ingesluit het; beeste wat aangekoop en sieklik afgelewer is en ʼn appelboord waaraan R10 miljoen bestee is.

Jankielsohn sê die DA in die Vrystaatse wetgewer het die mislukking van “kollektivistiese projekte” as swak sakemodelle en maniere om korrupsie moontlik te maak, ontbloot. Dit is boonop eers nou, terwyl daar al hoe meer gefokus word op die uitwerking van korrupsie op die armes, dat die Vrystaatse departement van landbou eindelik begin erken dat die ideologies gedrewe kommunistiese modelle nie werk nie.

“Die DA in die Vrystaat glo die enigste grondhervormingsmodelle wat sal werk, is aandeelekwiteitskemas in bestaande lewensvatbare ondernemings, of belegging in familiegedrewe landbouproduksie-eenhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Di ·

Wat meer kan mens verwag? Dink ons almal ken die redes vir hierdie mislukkings maar sal eerder nie uitbrei daarop nie. Hulle kon nog NOOIT iets suksesvol bestuur en sal ook nooit kan nie.

Pierre ·

Was enige van die regering se “projekte” ooit suksesvol?

Kokerboom ·

Nog ‘n taak vir OB en Valke. En …ACE en Zuma loop nogsteeds vry rond!
Hoekom mors ons enigsins nog verder ons tyd en geld op die mense?!!!!!STOP

Dries ·

Een van vele. Weet van n appelplaas by Bethlehem wat geheel misluk het.

Hennie ·

Hahahahaaaahahaha, wys jou net, Alles waaraan die swartgallige idiote hul hand sit, VREK!

Nierkie ·

Dankie aan al die kiesers van die Vrystaat – dis waarvoor julle gestem het

Jacobus ·

Verbaas my glad nie, word dan beplan deur n kommunistiese korrup rassistiese regering.

absoluut ·

Die eens pragplaas is n presiese denkbeeld van wat in ons land gebeur het van 94′ af, alles begin met mooi beloftes en nou is daar net verskroeide aarde oor. As die kaders nie eers na hulle eie mense en diere kan kyk nie wat nog van die minderheid in die land

Swerwer ·

Nog niks waaraan die mede landsburgers gevat het, het gerialiseer nie. Al wat hul ken is vernietiging. Maar grond wil ons hê!!!!!

annie ·

Die DA is ooroptimisties, g’n een van die modelle wat hul op hoop sal binne die afsienbare tyd, beter lyk as hierdie een nie… Geld het in Afrika die manier om vinnig in vrot appeltjies te verander.

TRP ·

Boer sit nie in almal se broek nie! Ek sal nooit ooit so ‘n projek aanpak of voorstel sonder die nodige kennis. Nog ‘n sukses verhaal…hoe jammerlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.