Konstabel dood, twee gewond in skietery

Argieffoto: SAPD

’n Polisiekonstabel is doodgeskiet en twee van sy vriende gewond nadat op hulle geskiet is terwyl hulle in ’n motor in Philippi gesit het.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het die beampte, wat nie aan diens was nie, en twee vriende Woensdagaand in ’n motor in Oliver Tambo-weg in Samora Machel gesit.

“’n Man het die motor genader en talle skote afgevuur.” Al drie insittendes is gewond en konst. Khanyisa Ernest Sitofile het in die Lentegeur-hospitaal aan sy wonde beswyk.

Sitofile (29), wat in Khayelitsha gebly het, was aan die Philippi-Oos-polisiestasie verbonde waar hy die afgelope drie jaar gewerk het.

Volgens Potelwa het sy kollegas sy dood as tragies beskryf en gesê hy was toegewyd aan sy werk. Die Wes-Kaapse polisiebestuur het sy medelye met Sitofile se familie en kollegas betuig.

Die Valke ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heinrich ·

Nog ‘n sinnelose moord in Suid-Afrika. Viva ANC Viva EFF; waar is julle groot bekke nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.