Konstabel sterf ook ná skote by Kaapstad-hospitaal klap

(Foto: Jacques Weber/Facebook)

Die 32-jarige polisiekonstabel van Seepunt in Kaapstad, wat in die New Somerset-hospitaal geskiet is, het Sondagoggend aan sy beserings beswyk.

Lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met die familie van die polisiebeampte.

Die name van die twee ander pasiënte, onderskeidelik 42 en 48 jaar oud, wat tydens die skietvoorval dood is, is nog nie bekendgemaak nie.

ʼn Ondersoek na die voorval duur steeds voort.

Maroela Media het vroeër berig twee pasiënte is Saterdagaand dood en die polisiebeampte ernstig beseer toe ʼn 40-jarige man die beampte se vuurwapen by hom afgeneem en verskeie skote gevuur het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die Seepunt-polisie het ʼn 35-jarige verdagte na New Somerset-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“ʼn Man in die saal het die vuurwapen van ʼn polisiebeampte gegryp en hom deur die kop geskiet. Hy het nog skote gevuur op twee pasiënte wat naby hom was. Albei pasiënte is op die toneel dood verklaar en die 32-jarige polisiebeampte is ernstig beseer.”

Polisiebeamptes op die toneel het die vuurwapen van die verdagte afgeneem en hom in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Baie tragies. My vraag nog altyd was hoekom konstabels wat nie op diens is by die instellings nie gewapen rondloop. Hoekom neem hulle wapens huistoe wanneer hulle nie op diens is nie. Net in suid afrika en ander kriminele state gebeur dit.

Linx ·

Jou vraag is bietjie vaag,die konstabel onder bespreking was aan diens en het sy pligte uitgevoer volgens sy 15,jy as polisie beampte het n keuse of jy n 108 vuurwapen (die een wat jy huistoe dra) wil he&of jy n 107 wil uitboek as j aan diens kom,en as j kyk hoe die polisie huistoe gaan in ander lande sal j verbaas wees,daardie mense het 108 radios,vuurwapens en voertuie,so hoe kan j se dt gebeur net in SA….weet j hoeveel polisie beamptes in weskaap woon in bende geteisterde areas waar hulle moet soggens 2uur&3uur uit om t gaan werk,so dink gou as daar n polisie beampte met volle uniform uit sy huis stap in d nag om ondankbare gemeenskap te gaan beveilig,sonder n vuurwapen ,hy sal eers dood geskiet word en dan sal daar gesien word hy/sy het nie n vuurwapen nie.Daar is baie redes vir n vuurwapen huistoe dra.

melaney ·

‘n Hospitaal is veronderstel om ‘n plek te wees waar jy veilig voel en waar mediese kenners jou help om weer jou gesondheid terug te kry. In hierdie land regeer die boewe net waar hulle wil. Tot in die parlement.

Kobus ·

Tragies. Wat my bekommer is die feit dat SAPD lede so maklik ontwapen word. Gebrek aan opleiding? Oorgerustheid? Junior lede wat geen ondervinding het nie?

Linx ·

Wat as hy ontwapen was deur n opgeleide lid,die media moet bietjie meer info kry en dan die bree prentjie plaas dan sal mense nie so gou wees om die jong polisie beamptes te oordeel nie

JohnnyS ·

Glo my – was self amper in so situasie toe ek in uniform was. Gelukkig na ‘n gestoei met die verdagte het my kollega my gehelp. Het dadelik na ‘n ander holster begin soek en uiteindelik ‘n Safariland gekry. Die holster het aktiewe retensie wat dit amper onmoontlik maak vir ‘n verdagte om jou wapen te vat. Ongelukkig kos dit duurder as die goedkoop holsters wat die SAP voorsien. Kyk bietjie na Amerikaanse polisie lede, meeste dra die Safariland met aktiewe retensie. Suinigheid aan die staat se kant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.