“Ons hou elke jaar engelpartytjies op jou geboortedag. So maak ons ʼn verskil in ander mense se lewens deur jou.”
Lees meerAlles vir Sondag 8 Mei 2022
IPL: Faf blink uit in groot sege
Faf du Plessis, voormalige kaptein van die Proteas en die Royal Challengers Bangalore, het ʼn sleutelrol gespeel in sy span se oorwinning oor die Sunrisers Hyderabad in die Indiese Premierliga.
Klink ’n glasie sauvignon blanc
Danksy sauvignon blanc-wyn se skerp en verfrissende suurheid, sowel as natuurlike aromatiese intensiteit, is dit een van die gewildste witwyne wêreldwyd.
Delheim se Wilde Sampioen-snuffeltog is terug
Of jy lus is vir (padda)-wales of net uit jou gemak(stoel) wil opstaan, is dit jou kans om in ʼn wonderwêreld in die Delheim-woud te ontsnap.
Luister: Radiovermaak steeds Leon van Nierop se groot liefde
Die bekroonde radioregisseur en -skrywer skuif agter die mikrofoon in vir die nuwe radiovervolgverhaal, “Operasie Umbra”, wat nou op Maroela Media te luister is.
Onseker toekoms vir Noord-Ierland ná Sinn Fein-oorwinning
Sinn Fein wil ʼn referendum hou om Ierland binne vyf jaar te herenig.
Oekraïne: Tot 60 dalk dood ná lugaanval op skool
Sestig mense wat in ʼn skool in die ooste van Oekraïne skuiling gesoek het, is vermoedelik dood ná ʼn lugaanval.
Duisende Bulletjies baljaar in Pretoria
Vergeet maar eers van Loftus Versfeld, Twickenham of Eden-park; Midstream Ridge Laerskool was gister (al was dit net vir ’n rukkie) die hartklop van wêreldrugby.
Nog twee vas oor Hillary Gardee se moord
Drie persone is tot dusver in hegtenis geneem.
Video: Simola-heuwel brul, gil en betower
Die eindronde van die King of the Hill vind Sondag by die Simola-heuwelren plaas.
DA besorg oor Mantashe se kernkrag-uitsprake
“Pres. Cyril Ramaphosa moet onmiddellik van dié onbevoegde minister ontslae raak, voor hy verdere skade aanrig aan ons verswakkende ekonomie.”
SANParke ondersoek onwettige handeldryf met proteas
Die verdagte het groot hoeveelhede koningsproteas en Kaapse suikerbossie gepluk.
SA sendelinge ‘geroep’ om in Oekraïne te help
“Hier leer jy om met oop oë te bid.”
Konstabel sterf ook ná skote by Kaapstad-hospitaal klap
Die 32-jarige polisiekonstabel van Seepunt in Kaapstad, wat in die New Somerset-hospitaal geskiet is, het Sondagoggend aan sy beserings beswyk.
Inbrekers slaan toe op speurders se kantoor
“Indien sulke voorvalle met die polisie kan gebeur, beteken dit dat gewone lede van die gemeenskap ook nie veilig is nie. Misdaad is buite beheer.”
Rugby: Faf en kollegas vandag in aksie
Daar is vandag heelwat Suid-Afrikaanse belangstelling in die laaste kwarteindstryd in die Heineken-kampioenebeker tussen Sale Sharks en Racing 92.
Mosambiek se olifante dwaal rond in Mpumalanga
Die olifante is vermoedelik oorspronklik van Mosambiek en het deur Eswatini hul weg na Mpumalanga gebaan.
Skote klap in Kaapstad-hospitaal
Twee pasiënte is Saterdagaand dood en ʼn polisiebeampte ernstig beseer toe skote by die New Somerset-hospitaal in Kaapstad afgevuur is.
Tennis: Alcaraz het wêreld aan sy voete
Carlos Alcaraz het hierdie week 19-jaar oud geword en hy ryg die rekords in.
Ontsnapte krokodille keer sélf terug ná vloede
Daar is egter ʼn paar grootbek-likkewane wat nog nie hul pad huis toe gevind het nie …