Nog twee vas oor Hillary Gardee se moord

Hillary Gardee. (Foto: Verskaf)

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hillary Gardee. Drie persone is tot dusver in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê die twee persone is Saterdagaand laat en Sondagoggend vroeg in Nelspruit in hegtenis geneem.

“Dit is bemoedigend en soos wat ons vroeër gesê het, was daar nog mense van belang wat ons volg en mee onderhoude voer,” het lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Deur ons ondersoek, wat steeds voortduur, het ons inligting bekom en ons glo dié twee persone is die regte verdagtes.”

Die twee sluit aan by die 39-jarige verdagte wat Vrydag in Schoemansdal in hegtenis geneem is.

“Nog verdagtes kan moontlik in hegtenis geneem word soos wat die ondersoek na die 28-jarige se moord ontvou,” het Mdhluli bygevoeg.

Gardee is Saterdag in Nelspruit ter ruste gelê.

Maroela Media het vroeër berig Hillary se liggaam is op 3 Mei buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aangetref. Sy is Vrydag (29 April 2022) laas by die Spar-supermark in dié dorp gesien. Sy is in die agterkop geskiet en daar is R1 300 uit haar bankrekening onttrek in die ure nadat sy vermis geraak het. Sy het dieselfde klere as die dag van haar verdwyning aangehad.

Hillary is die dogter van Godrich Gardee, voormalige sekretaris van die EFF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hannes ·

Dit is verskriklik om ‘n kind so te verloor, maar hier is dubbel standaarde. Die moordsaak kry voorkeur, tot Bheki Cele woon haar begrafnis by.
Plaasmoordenaars word maar min vasgetrek, en vang hulle dan word hulle weer vrygelaat of kry 5 jaar.
Soos George Orwell’s “Animal Farm” dit beskryf, “All animals are equal but some are more equal than others”
#All Lives Matter

Althes ·

Mnr Bheki Cele jy het spesiaal die oorlede dame se begrafnis bygewoon – en vir die ryk en invloedryke begrafnisgangers gesê ” I will protect you”.
Ons armsalige landsburgers wat nou nie ryk en invloedryk is nie, hoekom beskerm jy ons nie teen geweldsmisdaad nie?
Ons betaal wel ons belastinggeld aan die staat – is dit nie regverdig dat jou diens verbeter vir jan alleman nie?

Nie Verbaas ·

Cele is nie eers in staat om sy hoed te beskerm nie. Hy blah blah blah beloftes wat hy nie kan nakom nie.

Harley Davidson ·

Dit is al wat die lesers van hierdie media groep nog verdra word omrede hulle belasting betaal verder voel cele vere vir huidige benaadeelde minderhede en die vrotsige sogenaamde leiers wat ons het nog minder. WAAR IS GROENEWALD LEWE HY NOG?

mynie ·

Ja, hang mos maar af wie jy is, ne. Ons dogter, Amanda Lightfoot, vermoor 2 dae voor haar 19e verjaarsdag. En raai wat, geen vordering in ondersoek. Daar is vingerafdrukke, video materiaal, selfs die moordwapen. En n ooggetuie wat die vorige dag se aanval oorleef het. Ek kry nie eers die ondersoek beampte in die hande nie. Net mooi geen vordering op die saak nie. So dan wonder ek maar net, hoekom is daar nie geregtigheid ook vir ons nie?

Wondermaarnet ·

Jammer om van jou groot verlies te lees Mynie. Dit maak seer as dit voel niemand gee om of die skuldige vasgetrek word of nie. Moenie opgee nie.

Miena ·

Ai so bitter jammer. My innige simpatie aan julle as gesin en familie.
Dit is regtig n skande dat julle saak (met bewysstukke) nie meer gewenste aandag geniet nie.

Misky ·

So jammer om te hoor @mynie. Maak mens bitter kwaad as hulle nie eens probeer nie en dan verstaan mens hoekom sommige reg in eie hande neem.

Swerwer ·

Sò jammer om te hoor Mynie. Geregtigheid sal geskied al is dit nie hier op aarde nie, die skuldiges sal verantwoording moet doen vir die leed wat hul jou aangedoen het.

Harley Davidson ·

Tien teen een weer ‘n paar bergies wat gearesteer is soos die persoon wat kastig die parlement aan die brand gesteek het.

christo ·

Soos die bekende fabel “Animal farm” is ons nié almal gelyk vóór die reg nié. So kry sogenaamde belangrike politici of voormalige politici voorkeur behandeling. Ons gewone mense hoor gereeld dat die SAPD het nie voldoende hulpbronne nie, maar hier word ‘n moordsaak skielike ‘n prioriteit saak. Hoeveel sake word sogenaamde ‘ cold cases’ omdat ondersoekbeamptes te veel sake op hulle lessenaars het om te ondersoek???

Perdeby ·

Wen die plaasmoorde kan dieselfde dringendheid kry! Ek hoor vanoggend op die nuus dat al 2 van hulle sterk verbindtenisse het, onder andere ‘n baie hoe politieke verbindtenis, sien uit om te hoor wie die pappa is van die persoon!

Swerwer ·

Mag die beskuldiges aan die pen ry en die EFF besef hoe dit vir mede landsburgers voel elke keer wat hul geliefdes koelbloedig vermoor word as hul enigsins gewetes het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.