Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag ’n 49-jarige konstabel van die Kliptown-polisiestasie in Soweto, Gauteng, in hegtenis geneem vir beweerde verkragting en korrupsie.
Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, sê die konstabel het Maandag ’n 24-jarige vrou verkrag wat hy glo daarvan beskuldig het dat sy by ʼn misdaad betrokke was.
“Die konstabel het die vrou by haar huis gaan haal en na die polisiestasie geneem. Hy het haar dadelik probeer omkoop,” sê Seisa.
Daar word beweer dat die vrou bang was om in die polisiesel geplaas te word. Sy het toe hulp van haar familielede gekry sodat sy vrygelaat kon word.
Hulle het ’n bedrag van R1 500 vir die konstabel aangebied, wat dit toe gevat het. Hy het egter nog geld geëis.
“Terwyl hy saam met die vrou by die polisiestasie vir nog geld gewag het, het hy haar verkrag. Hy het haar daarna vrygelaat.”
Die saak is by die polisie aangemeld, wat Opod toe van die voorval in kennis gestel het.
Die konstabel sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn.
“Opod sal sy borgtogaansoek teenstaan omdat hy in hegtenis geneem is vir ’n baie ernstige misdaad wat nou ten tyde van toenemende geslagsgeweld in die land [des te meer] onaanvaarbaar is.”
Dikeledi Ntlatseng, die uitvoerende direkteur van Opod, het die spoedige inhegtenisneming verwelkom.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Vrot, geen kommentaar liewers….!
Geslagsgebaseerde geweld het ons nasionale sport geword.Die man is dalk skuldig aan korrupsie maar nie verkragting nie.Die vrou het “betaal”vir haar vryheid.
Daar gaan sekerlik nog aanklagtes teen hom kom…. Sleg verby
So hy is aleen aan diens in die hele Soweto polies stasie , niemand het gesien wat hy doen nie , of dat hy omkoop geld ontvang nie .???
Wat n gemors….is dit al wat in sy kop aan gaan…geld en verkrag….in sy wese verrot