Kopers verniet by sentrum uitgejaag

Die dreigement is Donderdagoggend gemaak. (Foto: Blue Route Mall/Facebook)

Die polisie het geen bom by die Blue Route Mall in Tokai, Kaapstad, gevind nie, nadat dié winkelsentrum Donderdagoggend ’n bomdreigement ontvang het.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, is die winkelsentrum intussen veilig verklaar. Geen verdagte pakkies waarin die beweerde bom moontlik kon wees, is gevind nie.

“’n Klag van ’n valse bomdreigement word deur die Kirstenhof-speurders ondersoek,” bevestig Van Wyk.

Maroela Media het vroeër berig honderde kopers moes laatoggend inderhaas die winkelsentrum verlaat ná die bomdreigement ontvang is. Die polisie is dadelik na die toneel ontbied en het die sentrum gefynkam.

“Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die takbevelvoerder van die Kirstenhof-speurtak, kapt. Paul Alexander, by 082 469 2578 kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Die spul wat dit gedoen het wil net vrees en chaos onder mense veroorsaak – Se weer dit gaan oor die verkiesing se uitslae

Jean ·

Hoe is hulle verniet uitgejaag as dit ons wet is om so iets te doen met ‘n bomdreigement?

absoluut ·

Verseker Jean, ek word eerder verniet uitgejaag as om daar te wees en daar is n bom

Cherokee ·

Indien jy nie verstaan nie, miskien moes die woord ‘onnodig’ gebruik gewees het. Hopelik maak dit sin. Anders is jou vraag ietwat onverstaanbaar.

Frank John ·

Trial run om reaksie te sien en tyd skedules uit te werk vir iets in die toekoms, wees maar gereed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.