Korrupsie by Tshwane-metropolisie sal nie geduld word nie

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Tshwane-metropolisie. (Foto: TMPD/Twitter)

Die inhegtenisneming van twee lede van die Tshwane-metropolisie wat hulle aan beweerde ongerymdhede skuldig gemaak het, moet dien as waarskuwing dat die metro korrupsie nie langer sal duld nie.

Die twee beamptes is in hegtenis geneem terwyl hulle sonder toestemming in ʼn privaat voertuig buite hul jurisdiksiegebied in Diepsloot, Johannesburg, diens gedoen het.

“ʼn Verdere sewe amptenare word ook intern ondersoek nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle oor die afgelope langnaweek buite die gebied van Tshwane diens gedoen het,” sê Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid. ʼn Klag van afpersing en diefstal word teen vyf ander lede ondersoek.

Twee lede word ook ondersoek waar hulle op die N1-Suid naby Lynwoodweg besig was om motorbestuurders vir alkoholverbruik te toets sonder ʼn wettige blaasapparaat.

“Die lede het die blaasapparaat in die gras weggegooi nadat hulle deur lede van die integriteitseenheid genader is. Dit is as bewysstuk ingedien. Bestuur onder die invloed van drank is onwettig, maar so ook afpersing.”

Theunissen sê die uitslag van ʼn blaasapparaat alleen kan nie gebruik word om ʼn persoon se bloedalkoholvlak te bepaal nie. ʼn Bykomende bloedtoets moet gedoen word om as bewysstuk voor die hof te dien.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is by die ondersoek betrek om die plaag van wetteloosheid onder metropolisielede uit te roei.

“Die onwettige bedrywighede van metropolisielede plaas ʼn klad op die naam van die metro se departement van gemeenskapsveiligheid. Motoriste word aangemoedig om dadelik sulke wangedrag aan te meld by die integriteitseenheid van die Tshwane-metropolisie by 083 657 2998. ʼn E-pos kan ook gestuur word aan [email protected].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Brakkies ·

Dit gaan al aan vir jare al van voor covid en daar kom niks van di sake ni….. Hoekom sal dit nou verander……wetlose anc……

Nettie ·

“korrupsie sal nie langer geduld word nie”
Hoekom was dit ENIGSINS geduld? Hoekom het dinge SO ver gevorder? Dis skrikwekkend. Ek hoop alle organisasies hou hierdie fyn dop. Ons sal druk van julle kant af waardeer namens ons. Dankie.

Jr ·

Soos ek vir my vrou gesê het* Hulle is niks meer as glorified car guards*. Useless non contributing pwer hungry criminals

TheSnake ·

Ons lewe in ‘n land met miljoene gierige mense en gierigheid het nie ‘n plafon nie.

Henry ·

Ontbind die hele TSHWANE metro polisie en verhoor hulle , Stuur tronk toe vir 10 jaar en maak n voorbeeld van die klomp gemors , asook die persone wat hulle aangestel het

Harley Davidson ·

As dit nie geduld word nie hoekom is dit aan die orde van die dag.?

Roek ·

Was jare in die bedryf, hulle sal dit NOOIT uigeroei kry nie , die oomblik as daar mag is word dit misbruik , vele kere probeer optree maar word jy baie gou verplaas of dood eenvoudig so geplaas waar jy niks mag sien hoor of se nie ! Dank God ek is uit dit uit !

Lillian ·

So “veg” ons mos maar teen korrupsie dekades lank al en ‘n daar is geen verandering nie.

Papsak ·

Jaag weg voor die voet dan sal korrupsie gaan le maar anders sal dit voort gaan want hulle onbevieg vir die soort werk

Jannie van Niekerk ·

Die mense sal absoluut NIKS oorkpom nie want hulle is EFF en ANC kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.