Kos- en drankverkope in SA vorder fluks

(Argieffoto: Unsplash)

Dit blyk dat Suid-Afrikaners lustig eet en drink ondanks moeilike tye.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê die kos- en drankbedryf het in reële terme 7,4% méér inkomste in Maart vanjaar voortgebring vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar.

Dié bedryf het in Maart vanjaar altesame R6,8 miljard ingevorder; dit is R1,2 miljard meer as die R5,6 miljard wat in Maart verlde jaar ingevorder is.

StatsSA sê restaurante en koffiewinkels (5,1%) en spysenieringsdienste (17%) het die meeste geld laat inrol.

Kroegverkope het op ’n jaargrondslag met 15,6% gestyg en kosverkope het met 6,8% toegeneem.

Luidens die jongste syfers het die algehele inkomste van die voedsel- en drankbedryf in die eerste kwartaal van vanjaar met 12,1% toegeneem vergeleke met die eerste kwartaal van 2022.

Die belangrikste bydraers tot hierdie toename was weereens restaurante en koffiewinkels (10,9% met ’n bydrae van 5,3 persentasiepunte), asook kitskosrestaurante (9,7% met ’n bydrae van 3,6 persentasiepunte).

Seisoenaangepaste inkomste vir die voedsel- en drankbedryf het in Maart vanjaar met 2,5% gedaal vergeleke met Februarie vanjaar. Dit het gevolg op maand-tot-maand-veranderinge van -3,9% in Februarie en 5,4% in Januarie vanjaar.

(Grafika: Tania Heyns/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanEtz ·

Afgesien van die hoë pryse, dwing beurtkrag my om meer uit te eet as gewoonlik….
Ja ek hou nie van sukkel nie en is ongelukkig nog op Eksdom se rooster…grid…haha

Inge ·

Mense het nog nie genoeg gesukkel nie. Eet maar lekker uit terwyl julle kan.

Lydia ·

Inge, tydens Covid het 1000de restaurante toegemaak, mense het hulle werke verloor, studente het staat gemaak op die bietjie sakgeld as kelners. Ek dink dit is hulle beurt om bietjie te skep.

Leon ·

Alle kos is 300 % duurder as wat dit n jaar gelede was so dis logies dat syfers baie hoeer sal wees.
So is winkels se margis ook baie hoeer en baie meer winsgewend en dit op “KOS” wat nogal noodsaaklik is sou ek dink en hierdie syfers gaan teen Maart volgende jaar ook weer baie meer was as ooit hier kom n Ding

Rooi rissie ·

Dis alles Eskom se skuld want hulle dwing die mens om in n ander leefstyl aantepas en ook danksy die regering wat so lief is om te skep dis hoekom alles so peper duur is in die land.

Lillian ·

Beurtkrag dwing my om kos te koop veral as die elektrisiteit af is as jy die huis kom. Drank, koop ek nie juis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.