Koste van minister se Zim-vlug onthul

Daar was groot woede omdat ‘n afvaardiging van die ANC ‘n saamrygeleentheid op die straler gekry het. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die algehele koste van die opspraakwekkende vlug van Johannesburg na Harare en terug wat die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en verskeie ANC-hooggeplaastes vroeër vanjaar op belastingbetalerskoste onderneem het, het R232 000 gekos.

Mapisa-Nqakula het Woensdag tydens mondelinge vraetyd in die parlement gesê die ANC het R105 000 daarvan betaal.

Sy wou nie verdere verduidelikings oor die bedrae gee nie, omdat die saak deur die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane (OB), ondersoek word, maar het wel aangevoer die besoek aan Zimbabwe was noodsaaklik omdat dit so sleg gaan daar en dit belangrik was om uit die hart met die Zimbabwiërs te praat om oplossings te vind.

Misdaadsyfers kwel

In verdere vrae het dit geblyk dat die Suid-Afrikaanse verkragtingsyfer nie besig is om te daal nie. Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het gesê dat 8 000 Suid-Afrikaanse vroue in die drie maande tot einde September verkragtings by die polisie aangemeld het.

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het gesê die agterstand by forensiese laboratoriums betreffende sake uit spesifiek die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng, is aan swak bestuur te wyte.

Afdankings en dissiplinêre stappe sal volgens die minister volg en hy het die versekering gegee dat die situasie nie toegelaat sal word om weer so te verswak nie.

Besoeke deur top-amptenare aan onder meer die FBI in die VSA en Scotland Yard in Engeland het die weg gebaan vir die daarstel van ʼn kursus om forensiese laboratoriumtegnici in Suid-Afrika op te lei, en ʼn perseel waar die opleiding kan plaasvind is reeds in Soshanguve noord van Pretoria geïdentifiseer, het Lamola gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons soek bewyse dat dit betaal is! Dink julle ons is vlak in die dak huh? Die kostes vir oortredings gedurende lockdown moet ook betaal word!

Cele saggies nou asb ons weetjy’s onbevoeg, maar jy soek meer mag pffft wat jy nie eers verdien nie tsssk

JohanR ·

HET die ANC R105000 daarvan betaal? Kan die belastingbetaler die strookie en die bank staat sien asseblief. Julle lieg soe baie dat ons lankal nie meer ietsie glo as julle dit se nie!

Marius ·

Dink die dame dit gaan enigsins beter in SA ??? Wie gaan of het die verskil van die vlug betaal ? Ek weet – die belastingbetalers van die land , die handjie vol wat hier is . Pateties verby .

Sarel ·

O my heng… Magashule betrokke en dit word deur die OB ondersoek. Dit is seker ‘ n grap.

Adam Adriaan ·

Ek wonder hoe kan hulle sê dat dit so sleg gaan daar, as dit hier maar net dieselfde is. Hulle(ANC) kan nie eers hulle eie probleme oplos nie, wat nog te sê van Zimbabwe. Die een blinde lei die ander blinde. Praat mekaar maar net in die vredrietigheid in.

Misky ·

Die res van SA moet by die reëls hou en dit was nie noodsaaklik om die hele lot daar moes wees in persoon nie. Mens noem dit Zoom of Microsoft Meetings – ons almal moes daarby aanpas

Dup ·

Die KFC winkels in Zimbabwe het seker rekord verkope gehad tydens die harlekyne se “amptelike” besoek aan die land.

Dries ·

Hulle kon amper 2 en ‘n halwe scoot ambulanse met daai vlug se koste gekoop het.

Suzette ·

O sy besoek Zimbabwe omdat dit “sleg gaan daar” ??? Hallo het jy al gekyk hoe SLEG dit in jou eie land gaan minister van verdediging ????

4ntj13 ·

In Soshanguwe? Met sy geskiedenis van anti-geregtigheid? Waar op dees aarde val Lamola uit?? Ek sou sê so ʼn skool hoort in ʼn polities en regtens neutrale gebied, gekoppel aan ʼn erkende akademiese universiteit met internasionale status in natuurwetenskappe. Geen mens kan veilig na so ʼn skool reis met sy eie kar nie, byvoorbeeld. Kan enige vrou of weerlose jongmens daagliks daarheen reis vir klasse? Die antwoord wys duidelik hoe hoog die vrot in bestuurswese gaan.
Miskien moet Akademia, byvoorbeeld, inspring en dringend ʼn goeie, kompeterende kursus vir forensiese labarotoriumtegnici skep. Groot asseblief!

Kokerboom ·

Die ANC is ‘n las vir die SA samelewing. Ondersoek maar ook die koste van besoeke aan Scotland Yard en FBI…hoeveel kaders en tydperk asook koste

Anoniem ·

En so hardloop hulle weer terug na die kolonialiste om hulp te smeek.

Mariana ·

O daar moet uit die hart gepraat word met Zimbabwe maar hier in SA is als besig om juis in Zimbabwe te verander. Duisende vermors….

Genis ·

Ou Cyril “your pleople never seizes to impress” ou klomp skelms… Maak nes hulle wil, want daar is nie een minister wat sy sout werd nie, en sy afdeling ken nie.. Almal is nou bo die wet, want hulle is mos nou in beheer… Niemand vertel n Kader wat om te doen nie, dit kom hulle kwansuis toe…

Peetjie ·

Bepaal jou by jou eie land en hoe sleg dit hier gaan… Wat kan jy in elk geval daar doen as jy dit nie eens in jou eie land kan reg doen nie…

Mrs H ·

Die mamparra is vironderstel om na SA te kyk, maar dan kan Zimbabwe mos betaal as hulle mekaar in die oe MOET kyk vir oplossings?!

SomeOne ·

gaan vra enige straler operateur wat sal so ‘n vlug kos, r232000 is slegs die aanskakel en vertrek tot net in die lug vanaf die aanloopbaan tot na wiele ingetrek is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.