Kragnetwerk sukkel (weer)

beurtkrag-gloeilamp

(Argieffoto)

Geen beurtkrag word in dié stadium beplan nie hoewel die kragnetwerk tans onder groot druk verkeer – wat beteken dat Eskom vinnig van deuntjie kan verander.

Die kragvoorsiener sê in sy jongste verklaring die kragnetwerk sal Dinsdagaand en oor die volgende paar dae swaar trek weens ʼn voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit.

Suid-Afrikaners word nou gewaarsku dat in die geval van verdere ineenstortings beurtkrag op kort kennisgewing (waarskynlik tydens die aand se piektyd van 17:00 tot 22:00) geïmplementeer kan word.

Eskom kom tans klaar sonder 3 307 MW weens beplande instandhoudingswerk. ’n Verdere 15 844 MW is tans onbeskikbaar weens onbeplande onderbrekings.

“Eskom waarsku die publiek dat sou die tekort aan opwekkingskapasiteit voortduur, die stelsel ingeperk sal bly met ʼn verhoogde risiko van beurtkrag in die komende weke.”

Intussen benadruk Eskom weer dat beurtkrag slegs as ʼn laaste uitweg ingestel word in ’n poging om die nasionale kragnetwerk te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harley Davidson ·

Dan moet Fraser net weer ‘n klagte teen Ramaposa instel ons het sedert die Phala phale klagte geen beurtkrag gehad nie nogal snaaks ne .

Nettie ·

Opmerklik so gewees, nie waar nie?
Mense moet bietjie wakker skrik en besef die krag word as wapen tans gebruik. As genoeg mense dit opmerk, begin noem, behoort dit te verbeter, want dan verloor dit sy effektiwiteit as wapen.

AmY ·

Maar ons was dan nou net vir 22 uur sonder krag gewees… :-(

Piet 6 ·

Dit is nie loadshedding nie. Dit is ń kragonderbreking slegs op ń sekere plek en nie landwyd nie. Loadshedding is nooit vir 22 uur slegs vir een area nie.

Samuel ·

Die ou deuntjie word nou regtig afgesaagd. Vra die prez en ANC om geld beskikbaar te stel vir nuwe kragbronne. Dit is winter en uiteraard word meer elektrisiteit verbruik. Tsk

asjassie1 ·

Kragnetwerk sukkel (weer) dink dit moet lees Kragnetwerk sukkel (nog steeds)

Delia ·

Gasverwarmer, gas stofie, solar lig vir in die huis, fairy solar liggies vir buite, UPS gekoop…kan n mens dit van belasting aftrek…..I wish

Lewe - is 'n lied ·

En jy betaal jou ore van jou kop af om dit ook as net die basiese te hê. Kyk in Desember/Januarie was ons 3 weke sonder krag die petrol en diesel alleen was om en by R11000 vir die generators om net die nodigste te kan hê vir ons twee huishoudings

Hercules ·

Het reeds 14 jaar terug begin spaar vir hierdie dae wat voorle , 2 inverters + 2 batterye in gesit , alle implemente wat kan gas gebruik en 9 solar panels laat doen , nog 15 panels en cheers eskom , boorgat gedoen en water suiwering ge installeer , nou moeg gesukkel, weet nie almal kan nie maar ons kan darem mense oor nooi en in die “Lig” braai.

Lewe - is 'n lied ·

SA se vooruitbeplanning in die ou bedeling het GEWERK. Ten minste 20 jaar se vooruitbeplanning. Kyk waar sit ons vandag. As instandhouding en vooruitbeplanning voortgegaan het soos dit MOES, was ons nie in hierdie penarie van amper elke dag in SA nie

Mallie ·

Ons moet soos die boere maak in 1960 tot ongeveer 1970, gas. Daar was nooit sulke probleme nie.

Prikkie ·

En kan iemand nog die jare onthou toe Eskom werknemers tweekeer per jaar stewige bonusse gekry het?

En elke bedryfshoof wat Eskom oor die afgelope jare verlaat het, is met ‘n goue handdrukke beloon wat miljoene rande beloop het. Waarvoor was dit? Wat het daardie mense gedoen om dit te verdien?

Hendrik ·

Hoekom is Koeberg eenheid 2 nog nie in bedryf nie? Eskom het belowe om albei Koeberg eenhede teen die winter in bedryf te he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.