Kragonderbreking kan weer tot waterprobleme in Gauteng lei

(Argieffoto: Unsplash)

Inwoners in verskeie dele van Gauteng word gemaan om water spaarsamig te gebruik weens ʼn kragtoevoerprobleem by Rand Water se Mapleton-stasie.

Rand Water se Mapleton-stasie het Woensdagoggend omstreeks 09:00 ʼn algehele kragonderbreking beleef. Kragtoevoer word deur die Ekurhuleni-munisipaliteit se substasie van die Eskom-netwerk aan die Mapleton-stasie verskaf.

Makenosi Maroo, woordvoerder van Rand Water, sê tegnici van die munisipaliteit het hul stelsel nagegaan en bevestig daar is nie enige foute nie. “Die fout is dus aan Eskom se kant. Eskom-tegnici is steeds besig om te bepaal waar die fout lê en daar is dus ongelukkig nie enige teken wanneer die probleem opgelos gaan wees nie.”

Die voorval het gelei tot ʼn afname in Rand Water se reservoirs by Brakpan, Vlakfontein, Bronberg, Selcourt, Stompies en Wildebeestfontein. “Indien die kragonderbreking lank voortduur, kan dit beteken dat Rand Water se reservoir-vlakke baie laag daal.”

As ʼn gevolg kan die volgende gebiede moontlik deur watertekorte geraak word:

Ekurhuleni-munisipaliteit:

  • Tsakane
  • Dalpark
  • Brakpan
  • Daveyton
  • Springs
  • Etwatwa
  • AH Daveyton-kleinhoewes

Tshwane-munisipaliteit:

  • Benoni AH
  • Corobrick
  • Garsfontein-reservoir
  • Woodlands Mall
  • Mooikloof- residensiële gebied
  • Midas
  • Koedoesnek
  • Leander

Govan Mbeki LM:

  • Secunda
  • Kinross
  • Leandra
  • Bethal
  • Brendan Village
  • Evander
  • Sasol
  • Embalenhle

Lesedi LM:

  • Devon
  • Endicott

Thembisile Hani LM:

  • Ekangala
  • Kwamhlanga

Rand Water sal so vinnig as moontlik verdere besonderhede verskaf. Alle inwoners word gemaan om water spaarsamig te verbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Owlie ·

Water krisis – water pype bars, word gelap en plak en die uiteinde is GEEN WATER = Geen volhoubare onderhoud sedert ?????
Krag krisis – kragsentrale pak op, word geplunder, word gelap en plak en die uiteinde is LOADSHEDDING = Geen volhoubare onderhoud sedert
Paaie – Potholes, word gelap en plak en die uiteinde is gate wat ongelukke veroorsaak = Geen volhoubare onderhoud sedert ?????

Jacobus ·

En so laat Eskom hulle deur n terroristiese ANC regering voorskryf om n DA beheerde munisipaliteit te saboteur. # ANC MUST FALL.

Barend ·

Die vorige keer was dit baie droog en nou is die tuine baie nat en weer word beperkings geplaas oor onbevoegdheid en kriminele aksies.

Harley Davidson ·

As die ANC die volgende verkiesing wen is ons almal in ons ……… ek hoop die mense besef dat as hulle verkeerd stem ongekende swaarkry ons voorland sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.