Beurtkrag word steeds vandag (Dinsdag) om 17:00 in werking gestel, maar danksy ʼn verbetering in opwekkingsvermoë sal fase 1, pleks van fase 2 soos vroeër verwag, vanaand geld.
Beurtkrag sal tot 22:00 duur.
“ʼn Bykomende opwekkingseenheid is deur die loop van die dag in diens gestel, terwyl nog een na verwagting later vandag sal volg. Dit sal die opwekkingskapasiteit verhoog,” het die kragvoorsiener ʼn kort rukkie gelede gesê.
Eskom sê die vooruitsig vir die res van die week gaan na verwagting verder verbeter terwyl sy spanne werk om meer eenhede aanlyn te bring.
In hierdie stadium is 14 431MW weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 2 281MW weens geskeduleerde instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.
“Ons ondervind tans hoë aandspitstye, wat tekenend van die winteraanvraagtydperk is.”
Eskom sê sou daar enige verdere agteruitgang in opwekkingskapasiteit wees, kan beurtkrag moontlik weer in werking gestel word. Dit sal in die winter waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Liewer in die winter,jy kan warm aantrek,in die somer werk jou aircon nie en in die nag wat dit so warm word gaan jou fan nie werk nie,hy sal doodstil staan,dan Chau die muskiete jou.
Dit klink so of Eskom sê dis hulle reg om beurtkrag in te stel .
Kyk die prys verhogings, maar ons moet betaal patete! Dis verdomp koud en winter en ek’t nek en rug operasie gehad dis bitter seer! Dit nou in die aande as mens moet kos maak en van werk af kom pffft
Kyk die prys verhogings, maar ons moet betaal patete! Dis verdomp koud en winter en ek’t nek en rug operasie gehad dis bitter seer! Dit nou in die aande as mens moet kos maak en van werk af kom pffft magtag
Eskom het ‘n 1,5% salaris verhoging vir sy werkers ingestel asook ‘n tarief verhoging, maar hulle kan nie hulle werk doen nie asook die diefstal van fondse. Eskom se het nie behoorlike tegnikuste nie.