Kredietgradering: Fitch dui steeds negatiewe vooruitsig aan

(Argieffoto: Reuters/Reinhard Krause/ANA)

Die nasionale tesourie het Woensdag bevestig dat die graderingsagentskap Fitch steeds die land se vooruitsig as negatief aandui.

Volgens Fitch word Suid-Afrika se graderings beperk deur lae groeipotensiaal, hoë en stygende staatskuld, groot voorwaardelike aanspreeklikhede sowel as die risiko van toenemende sosiale spanning weens buitengewone hoë ongelykheid in die land.

Die tesourie het in reaksie hierop in ʼn verklaring gesê die regering bly ten spyte van die vooruitsig verbind tot die stabilisering en verbetering van sy fiskale posisie.

“Die regering sal voortgaan om hand aan hand met vakbonde saam te werk om die groei van die loonrekening van die openbare sektor te bestuur om die skuldlas van die regering te verminder.”

Luidens die verklaring neem die regering ook kennis van die druk en risiko’s wat ondernemings in staatsbesit, veral Eskom, op sy fiskale posisie plaas.

“Die regering bied Eskom medium-termyn steun om kragvoorsiening te verseker en die staat se kontraktuele verpligtinge na te kom. Die nasionale tesourie, in vennootskap met die departement van openbare ondernemings, stel verder ʼn reeks maatreëls in om dissipline in die kragverskaffer se finansies te bring en herstrukturering te versnel.

“Voortgesette samewerking tussen die regering, arbeid, sake en die burgerlike samelewing is noodsaaklik om alle fiskale maatreëls en hervormings wat bevorderlik vir groei is suksesvol te implementeer.”

Maroela Media het vroeër berig die “groot drie” kredietgraderingsagentskappe, Moody’s, Standard & Poor’s (S&P) en Fitch dui sedert November die land se vooruitsig as negatief aan.

Die land is tans op ʼn Baa3-gradering, die laagste vlak van beleggingsgraad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sê net ·

Klink my dis die enigste mense wat realisties oor ons toekoms.
“They call a spade a bloody shovel” Wanneer gaan ons goewerment dit ook so sien?

Thinus ·

Ons government het nie die vermoe of kapasiteit om dit raak te sien nie, want die hele spul lui aan tonnelvissie.

Pieter ·

Julle korrupte ANC kan en sal nooit regkom nie dit gaan net oor julle en julle kaders dit is hoekom ons in die gemors is want julle kannie dink nie

André André ·

Dit is Fitch se skuld, hulle dui nog steeds negatiewe vooruitsigte aan en wil dit nie na positief verander nie.

John ·

Baa-baa black sheep, have you any money? No sir no, not even one small baggy full… Baa-baa where then did the money go? It left with a plane, sir, and sir, our plane is now stricken down in woe… oh… oh… and even more sir, father christmas says nothing this year, definitely… no… no… no!

HPV ·

Die regering neem kennis en gaan hand aan hand saam met die vakbonde werk! Goeie lag vroegoggend. Persoonlik dink ek hulle moet ophou kennis neem en iets begin doen, ook aan hul vakbond maatjies wat daagliks die ekonomie plunder deur stakings en betogings.

Spike ·

Ek weet hierdie pas nie hier nie, maar kyk na nog ñ berig op netwerk24 van ñ vrou wat laataand deur die polisie afgetrek word en hulle rasionelevermoëe. Dit loop deur die hele comrades en kader vermoëe. As die agentskappe nog dit ook moet in agneem, verban hulle ons van die res van die werêld af. Baie kommerwekkend.

Die Wollerige Skaap ·

Gelukkig kan die hele wereld nou sien dat ons demokratiese verkose regering nie die land kan regeer nie

jaco ·

ryk wit mense sit in luukse kantore in ryk wit eerstewereldlande. en daar sit hulle en gradeer meestal derdewereldlande waar meestal nie-wit mense bly, se ekonomieë af omdat daardie nie-westerse lande blykbaar nie hulle ekonomieë volgens westerse standaarde en maatstawwe bedryf nie
dit lyk vir my maar erg na rassisme… So asof net wit westerse mense nou regtig weet hoe om ‘n ekonomie altyd “reg” te bestuur”
En terwyl hierdie graderingagentskappe sit en lekkerkry oor hulle die regerings van derdewereldlande “gestraf” het, VERGEET hulle dat hulle “strafmaatreëls” eintlik die gewone mense in daardie lande die ergste raak. Skielik styg pryse van petrol, kos, eletrisiteit ens ens; so gewone mense kry net swaarder.

Wat ek graag wil weet is, hoe kan 3 privaat graderingsbesighede se graderings sommer net so deur ander lande se regerings aanvaar word? So ‘n ekonomiese op- en afgradering is tog sekerlik eerder die verantwoordelikheid van ‘n liggaam soos die wereldbank of die internasionale monetere fonds of selfs die Verenigde Nasies.

Meneer ·

Niks met velkleur te doen nie. Alles met aanspreeklikheid te doen. U moet verstaan dat die graderingsmaatskappye al vir ‘n kwart eeu nog net lee beloftes en ‘n vermorsing van bronne gesien het. Hulle is nie blind vir die feit dat ALLE staatsinstellings verkrummel onder korrupsie, sabotasie en blatante verwoesting nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.