Die graderingsagentskap Standard & Poor’s het nou ook Suid-Afrika se kredietgradering van ʼn stabiele vooruitsig na ʼn negatiewe vooruitsig verander.
Die “groot drie” kredietgraderingsagentskappe, Moody’s, Standard & Poor’s (S&P) en Fitch, dui nou die land se vooruitsig as negatief aan.
Die land is tans op ʼn Baa3-gradering, die laagste vlak van beleggingsgraad. Luidens die verslag dui die negatiewe vooruitsigte daarop dat Suid-Afrika se skuldberekening vinnig vererger as gevolg van die land se lae bruto binnelandse produk (BBP)-groei en hoë fiskale tekorte.
Die graderingsagentskap het in sy verslag gesê dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika se skuld gaan stabiliseer binne die agentskap se voorspellingsperiode van drie jaar. Dít tensy die regering spoedig maatreëls tref om die fiskale tekort te beheer en ʼn volgehoue hervormingsmomentum sigbaar word.
Suid-Afrika is in 2017 afgradeer na rommelstatus.
“Ons graderings oor Suid-Afrika word beperk deur die lae BBP per capita, die swak tempo van ekonomiese groei veral per capita-basis, die land se groot en stygende staatskuldlas en aansienlike voorwaardelike aanspreeklikhede, hoofsaaklik gekoppel aan die kragvoorsiener Eskom,” lui die verslag.
“Swakker groei as wat verwag is in die reeds trae makro-omgewing het ʼn buitensporig negatiewe uitwerking op die invordering van inkomste. Terselfdertyd word beraam dat blywende probleme by belangrike openbare ondernemings – veral Eskom – tot die hoër uitgawe-uitsette gedurende die voorspellingsperiode sal lei,” sê S&P.
Moody’s het vroeër vandeesmaand Suid-Afrika se kredietgradering van ʼn stabiele vooruitsig na ʼn negatiewe vooruitsig verander. Moody’s se rede daarvoor is die land se somber groeivooruitsigte en groeiende openbare skuld.
“Die besluit om die vooruitsig van stabiel na negatief te verander, spruit uit die risiko dat die regering nie van plan is om die agteruitgang van die land se finansies te stuit deur groei en fiskale konsolidasie nie,” lui die verklaring. Moody’s is ook bekommerd oor wat hy as die regering se tekort aan “politieke kapitaal” beskou.
Tito Mboweni, minister van finansies, het in sy mini-begrotingsrede vandeesmaand die regering se groeivooruitsigte afgeskuif na 0,5% van die bruto binnelandse produk (BBP). Mboweni het ook gewaarsku dat, soos dinge nou staan, Suid-Afrika se skuldlas teenoor sy bruto binnelandse produk meer as 70% sal wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Dis verby met die land. Die Rand dollar gaan een van die dae oor R20 wees en kos en water wat skaars raak en grondgrype gaan n erger Zimbabwe wees.
n a die begroting gaan tito M. afbetaal word want hy trap op te veel tone.
Kry die regte mense in die regte pos.
Ons weet dit lankal.
Sterkte aan die land!